Advertisement
Chuck out expired meds
Expired medicines are dangerous - but how can you get rid of them safely?
On an empty stomach
Should you eat before or after your daily exercise? DietDoc settles this question.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Heart - Afrikaans
“Switch” hartoperasie op babas
Last updated: Monday, May 19, 2008

Die Wes-Kaapse ANC-leier, mnr. Ebrahim Rasool, en sy vrou, Rashieda, het langer as tien jaar op die koms van hulle tweede kind gewag. Tandir is twee weke gelede gebore. Hy het 2,5 kg geweeg, en die groot slagare van sy hart was omgeruil.

 
Advertisement
Sy aorta, wat suurstofryke bloed uit sy linkerventrikel na sy liggaam moes dra, het uit sy regterventrikel gekom en suurstof-arm bloed na sy liggaam gedra. Sy pulmonale slagaar, wat suurstof-arm bloed uit sy regterventrikel na sy longe moes dra , het suurstofryke bloed wat pas van sy longe kom weer na sy longe teruggedra.

Indien dié omgeruilde bloedvate - bekend as transposisie van die groot arteries (TGA) - nie so gou moontlik op die babas gedoen word nie, verswak hul vinnig en sterf binne maande. In gevalle waar ‘n verdere defek - ‘n gat tussen die twee ventrikels - die bloed toelaat om bietjie te meng, leef die babas effe langer. Studies het getoon dat dit beter is om die operasie so gou moontlik te doen - verkieslik binne elf dae - voordat die linkerventrikel verswak en nie meer in staat is om ná die operasie die bloed na die hele liggaam te pomp nie.

Die enigste oplossing wat goeie langtermyn oorlewing lewer, is om die aorta en longslagaar terug te ruil. Dit is tegnies ingewikkeld omdat mikroskopies fyn hegtings gedoen moet word, en die koronêre vate wat die hartspier self van bloed voorsien en uit die basis van die aorta ontspring, in gedrang is. Die geringste chirurgiese fout, of hegting wat nie 100% korrek is nie, of kinkel in die koronêre vate kan die baba se lewe kos.

Hoe word die operasie gedoen:
Die defek word in ‘n enkele groot operasie herstel, wat voor-afgegaan word deur ‘n voorbereidende stap. In dié voorbereidende stap, wat gewoonlik binne 48 uur na geboorte gedoen word, word die baba behandel met middels om te voorkom dat die opening (opening 1) tussen sy aorta en longslagaar sluit, en maak dokters met die ballontegniek ‘n gat (opening 2) tussen die twee atria. Alles word gedoen om te help dat die bloed in die hart effe kan meng, en om die linkerventrikel voor te berei om harder te pomp.

Die Switch operasie het twee dae later gevolg. Dit word as volg gedoen:

  • Stap1: Die posisie van die baba op die teatertafel is baie belangrik. Sy skouers moet hoog wees en sy koppie terug sodat sy groot slagare “gestrek” is. Hy word aan ‘n hartlongmasjien gekoppel en afgekoel tot laer as 18 grade sodat sy hart stil in sy borskas lê.
  • Stap 2: Sy aorta word afgeklamp en deurgesny. Die koronêre vate word met ‘n u-vormige flappie versigtig uit die aorta gesny.
  • Stap 3: Die longslagaar word ook deurgesny.
  • Stap 4: Die boonste dele van die twee deurgesnyde slagare word omgeruil deur die boonste longslagaar oor die boonste aorta te tel.
  • Stap 5: U-vormige flappies word ook uit die onderste deel van longslagaar (wat die neo-aorta gaan word) gesny. Die koronêre u-vormige flappies uit die onderste aorta word versigtig in dié uitgesnyde openinge van die neo-aorta gewerk.
  • Stap 6: Die “boonste” aorta word aan die neo-aorta (met die koronêre vate in plek) geheg.
  • Stap 7: Die “onderste” neo-longslagaar word met ‘n flappie van die perikardium gerekonstrueer. Die gat tussen die atria word toegemaak.
  • Stap 8: Die aortaklamp word afgehaal en die bloedvloei deur die koronêre vate word gemonitor. Die “boonste” longslagaar word aan die “onderste” neo-longslagaar geheg.
  • Stap 9: Die baba word verwarm, die nodige monitors en buise word in sy hart en borskas geplaas en sy borskas toegemaak.

Die Kaapstadse hartchirurg doen gemiddeld elke vier tot agt weke een van dié operasies, met ‘n suksessyfer die afgelope 7 jaar van 100 %. Dié operasie word ook met ‘n hoë suksessyfer deur ‘n Johannesburgse chirurg gedoen.

Klein Tandir is nou ‘n op-en-wakker baba wat die wêreld rond stap en sy ouers se trots.

- (Mari Hudson, Health24, Oktober 2005)

Lees meer:
Daar is lewe na ‘n hartaanval
Hoë bloeddruk is gevaarliker as wat jy dink


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Civil Engineering Technician
Gauteng - Johannesburg
Financial Manager
R380,000-400,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - West Rand
Treasury Specialist
R300,000-380,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
JAVA DEVELOPER (YL028 – 04/09)
Gauteng
DELPHI DEVELOPER (YL023 – 04/09)
R320,000-360,000 Per Annum Cost To Company Market Related
Gauteng
Senior and Lead .NET Developers (C#.NET, Arc, Design, Code.)
R300,000-600,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
A C# Developer (C Sharp Developer)
Gauteng - Johannesburg
A C++ Developer (Software Developer)
Gauteng - Pretoria
Previous Next
Heart menu
About Heart
Afrikaans
Children and heart disease
Congenital heart disease
Emergency treatment to save a life
Foods, diet and your heart
Health tips
Heart and exercise
Heart attack
Heart disease and diabetes
Heart transplants
Life after a heart attack/surgery
Obesity
Real life story
Smoking and your heart
Stress and your heart
Tests and procedures
Treatment for heart disease
Women and heart disease
Your genes and heart disease


 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres


© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.