Advertisement
Flu-O-Meter
Runny nose, sniffing and coughing? Find out what the flu status in your area is.
A trip down sensory lane
A quiet space with an incredible energy: ONEwellness is breaking new ground.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Heart - Afrikaans
Hoë bloeddruk is gevaarliker as wat jy dink
Last updated: Monday, May 19, 2008
Teen 2010 gaan meer Suid-Afrikaners aan hartsiektes sterf as aan vigs. Meer as 6 miljoen Suid-Afrikaners ly aan hoë bloeddruk, ‘n groot hart-risikofaktor, en dié syfer neem toe.

Tog ontvang slegs een uit elke vyf bloeddruk-lyers behandeling. Selfs diegene wie wel behandeling ontvang, se bloeddruk word nie in alle gevalle voldoende beheer nie.

 
Advertisement
Hoë bloeddruk is een van die grootste risikofaktore vir hartaanvalle en vir beroerte. Bloeddruk hang af van die hoeveelheid bloed wat die hart met elke sametrekking uitpomp, en hoe maklik dié bloed deur selfs die kleinste bloedvate kan vloei. Hoe nouer die bloedvate, des te moeiliker vloei die bloed daardeur en hoe hoër die bloeddruk. In baie gevalle waar dokters wel hoë bloeddruk opgespoor het en die pasiënt behandeling ontvang, word die pasiënt se bloeddruk nie naastenby so goed beheer as wat nodig is nie. Anders as wat baie mense dink ontstaan hoë bloeddruk dikwels in jonger mense.

Wanneer is bloeddruk hoog?
Navorsers reken normale bloeddruk is so hoog as 130/85 mm Hg, met die hoogste grens van normaal as 140/90 mm Hg. Anders as wat dokters jare lank gereken het, word bloeddruk nie goed genoeg beheer indien dit nie met behandeling laer is 140/90 mm Hg nie.

Die omvang
Verskeie gemeenskapstudies deur die Mediese Navorsingsraad (MNR) toon dat een uit elke vier mense tussen 15 en 64 jaar aan hoë bloeddruk ly. Ongesonde lewenstylgewoontes en verkeerde eetgewoontes speel ‘n groot rol in hoë bloeddruk, volgens dr. Krisela Steyn, MNR-navorser en projekleier van talle bloeddruk-studies. Die voorkoms van hoë bloeddruk is ook besig om vinnig onder die swart bevolking toe te neem namate dié groep verstedelik, en algaande westerse eetpatrone en lewenswyses aanleer.

Maar meer as 6.2 miljoen Suid-Afrikaners se bloeddruk is hoër as 140/90 mm Hg. Meer as 3,2 miljoen van dié bloeddruklyers se bloeddruk is hoër as 160/95 mm Hg, vlak wat onaanvaarbaar hoog is volgens navorsers.

Wie het ‘n risiko?
‘n Familiegeskiedenis (‘n broer/suster/pa/ma met hoë bloeddruk, hartprobleme of beroerte), hoë bloedcholesterolvlakke, diabetes, verkeerde eetpatrone , te hoë alkohol-inname (meer as twee drankies daagliks), oorgewig en gebrek aan oefening is baie sterk invloede. Die gebruik van die Pil, steroïede soos kortisoon en anti-inflammatoriese middels asook rook kan ook ‘n mens se bloeddruk verhoog.

Die gevolge
Mense met hoë bloeddruk kan jare lank heeltemal gesond voel omdat hulle harte, niere en brein vir lang periodes die hoër bloeddruk kan verduur. Dit beteken egter nie dat dié organe nie geleidelik benadeel en beskadig word nie. Indien hoë bloeddruk nie behandel word nie, verswak die hart (met simptome soos moegheid, kortasemheid en geswelde enkels), en dit kan ook die bloedvate na die hart, brein, oë, niere en bene gouer laat vernou. Dié vernoude vate kan gouer tot hartaanvalle, beroerte, blindheid, nierskade en ander lewensgevaarlike probleme lei.

Die behandeling
Hoë bloeddruk is slegs onder beheer as dit deur behandeling laer as 140/90 mm Hg gehou word. Baie dokters reken verkeerdelik dat vlakke van 160/95 mm Hg goeie beheer is, maar bloeddruk bo 140/90 mm Hg kan geleidelik orgaanskade veroorsaak. Volgens ‘n onlangse MNR-studie ignoreer baie dokters die SA Hipertensie Vereniging se riglyne vir die doeltreffendste bloeddrukmiddels, en skryf hulle té maklik nuwer bloeddrukmiddels (ACE-onderdrukkers en kalsium-antagoniste) voor al het studies nog nie bewys dat dié middels die langtermyn-komplikasies van hoë bloeddruk doeltreffend verminder nie.

Mense wat hul medikasie staak weens onaangename newe-effekte moet bewus wees van die gevolge van onbeheerde hoë bloeddruk.

Hoë bloeddruk kan in die meeste gevalle goed beheer word deur medikasie tesame met ‘n gesonde dieet, gewigsverlies vir die oorgewig mense, voldoende matige oefening, beperking van alkohol-inname en rookstaking.

Kontaknommers:
Die Hartstigting van Suider-Afrika in Kaapstad by tel (021) 510-6262; in Gauteng by tel (011) 886-0956/7; in KwaZulu/Natal by tel (031) 206-0022 en in Oos-Kaap by tel (041) 33-8113. Tolvry: Die Hartmerk-dieetlyn by 0800-22-3222.

(Mari Hudson, Health24, Oktober 2005)

Lees meer:
So werk die Berlyn-kunshart


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Civil Engineering Technician
Gauteng - Johannesburg
Accountant
Gauteng - North/Sandton
Financial Manager
R550,000-600,000 Per Annum
Central African Republic
Financial Accountant
R300,000-340,000 Per Annum
Gauteng
Treasury Specialist
R500,000-630,000 Per Annum
Gauteng - East Rand
Credit Manager
R300,000-400,000 Per Annum
Mpumalanga
Financial Manager
R27,000-30,000 Per Month
Gauteng - North/Sandton
Delphi developers
Gauteng - North/Sandton
Previous Next
Heart menu
About Heart
Afrikaans
Children and heart disease
Congenital heart disease
Emergency treatment to save a life
Foods, diet and your heart
Health tips
Heart and exercise
Heart attack
Heart disease and diabetes
Heart transplants
Life after a heart attack/surgery
Obesity
Real life story
Smoking and your heart
Stress and your heart
Tests and procedures
Treatment for heart disease
Women and heart disease
Your genes and heart disease


 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres


© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.