Advertisement
You and your toothbrush
Is your toothbrush electric, plastic or past it? See what it says about you.
Sunday evening blues?
Here's how to deal with those Sunday night feelings of depression.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Heart - Afrikaans
Daar is lewe na ‘n hartaanval
Last updated: Thursday, May 22, 2008
Te min mense Suid-Afrikaners is so gelukkig om optimale behandeling en sorg na ‘n hartaanval te kry. Te min mense gebruik aspiriene en die bloedverdunningsbehandeling, cholesterolverlagende middels, bloeddrukmiddels, hou op met rook, verloor oortollige gewig, eet minder diervette en doen genoeg oefening.

 
Advertisement
Wetenskaplik is daar nou geen twyfel dat diegene wat reg eet, oefening doen, en hulle medikasie neem, goed herstel nie. Om stres te vermy, is belangrik, maar om nie te werk nie, kan dalk meer stresvol wees, waarsku Amerikaanse kardioloë en ook die Kaapstadse kardioloog dr. Elwyn Lloyd.

Die volgende waarhede en wetenskaplike feite is van toepassing op baie Suid-Afrikaners:

  • Feit 1: Baie mense met hartprobleme is adrenalien-slawe wat deur stres gedryf en gemotiveer word. Oefening is deel van goeie stresbeheer.
  • Feit 2: ‘n Hartaanval is sinoniem met skade aan die hartspier, weens ‘n afsluiting van die bloedtoevoer na ‘n deel van die hartspier. Dit gebeur as ‘n klein bloedstolsel by ‘n vernouiing in die klein hartvat vassteek. Die vernouiing vind oor jare plaas weens hoë bloedcholesterolvlakke (veral van LDL-cholesterol), te veel vette in die bloed, skade aan die binne voeringlagie van die bloedvate, en die blokkasie word vererger deur rook, hoë bloeddruk (wat stolselvorming aanhelp) en ander risikofaktore.
  • Feit 3: Elke jaar kry meer as 50 000 Suid-Afrikaners ‘n hartaanval. Sowat 12 000 sterf onmiddellik. Net Skotland, Finland en Noord-Ierland het ‘n groter voorkoms van hartsterftes as Suid-Afrika. Meer mense sterf (108 per dag) in Suid-Afrika weens hartaanvalle en beroerte as aan kanker, vigs en geweld saam.
  • Feit 4: Meer mense se lewens sal gered kan word indien hulle binne drie tot vier ure ná die eerste simptome by ‘n dokter uitkom. As ‘n mens benoud voel, skielik vreemd moeg, ‘n sooibrandgevoel oor jou maag en bors, veral ná oefening, kan dit ‘n angina-aanval of ‘n hartaanval wees. Mense moet beslis nie eers wag en kyk of die sooibrand ‘n hartaanval is of nie. Toediening van ‘n stolsel-oplosser binne drie tot vier ure kan ‘n lewe red en die kans verhoog dat hy/sy sonder hartskade herstel, sê dr. Lloyd.
  • Feit 5: Hartvatomleidingsoperasies, ballontegnieke en sambreel-skroefies in hartvate is tydelike maniere om die hartspier weer van voldoende bloed te voorsien. Twee dekades gelede het sowat ‘n derde van oopgedrukte vate binne ses maande ná die oopdrukslag met ‘n ballon weer verstop. Sowat 22% (‘n vyfde) van dié wat met skroefies oopgedruk is, het weer toegegaan. Nuwe skroefies is deesdae van titanium en het ‘n heparienlagie om te voorkom dat stolsels vorm. Na raming bly sowat 90% van die oopgedrukte vate met die nuwe veertjies ná ses maande nou steeds oop. Ná hartvatomleidings met are uit die onderbeen, bly die vate gemiddeld 10 tot 15 jaar oop, indien die borsslagaartjie oorgeplant word pleks van ‘n been-aar, bly die slagaartjies sowat 20 jaar oop. Vate wat met ballonne of skroefies oorgedruk word, bly nie gemiddeld so lank as 10 jaar oop nie.
  • Feit 6: Baie meer ballon- en skroefie-prosedures word nou gedoen as 15 jaar gelede. Indien moontlik is, word dié minder ingrypende prosedures eerder as ‘n hartvatomleidingsoperasie gedoen, maar dit kan slegs gedoen word indien die verstopping in die begindeel van die hartvat is waar die hartvat meer as 2,5mm in deursnee is, daar slegs een lof twee letsels is, en die verstopping nie by ‘n vat-vertakking is nie, want druk jy een vat oop, druk jy die ander toe. Vier skroefies kos netsoveel soos ‘n hartvatomleidingsoperasie, en laasgenoemde se langtermynsukses is beter.
  • Feit 7: Drie groot studies het nou getoon dat wat oorlewingsyfers betref, daar min verskil is tussen tienjaar oorlewing ná hartvatomleidings of behandeling met cholesterolverlagende en ander pille. Die grootste voordeel van die omleidingsoperasie is pynverligting. Voorts is die koste van ‘n omleidingsoperasie dikwels laer as die koste van angina-pille vir 10 jaar.

- (Mari Hudson, Health24, updated May 2008)
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 JOBS
Financial Manager
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer (Chartered Accountant)
R1000,000-1500,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Tax Consultant (Chartered Accountant) AA preferably
R300,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Western Cape - Cape Town
Financial Manager/Financial Operations (Chartered Accountant)
R380,000-500,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng
Training Specialist
R250,000-320,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - East Rand
CFO
Gauteng
Human Resources Manager
R420,000-540,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Chief Financial Officer
R900,000-901,000 Per Month Cost To Company
Gauteng
Previous  
Heart menu
About Heart
Afrikaans
Children and heart disease
Congenital heart disease
Emergency treatment to save a life
Foods, diet and your heart
Health tips
Heart and exercise
Heart attack
Heart disease and diabetes
Heart transplants
Life after a heart attack/surgery
Obesity
Real life story
Smoking and your heart
Stress and your heart
Tests and procedures
Treatment for heart disease
Women and heart disease
Your genes and heart disease
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres


© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.