Advertisement
Medical schemes: why?
Medical schemes are expensive, but if you want to see expensive, try not having one.
Beer boep blues
The SA beer belly is a familiar sight on local men. But it's nothing to be proud of.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK FIND

Links
 Find a buddy
 Sexuality
 Psychology
 Food as medicine
 Healthy foods
 Life stages, Women
 Life stages, Men
 Pollen Counter
 Healthy Home
 Allergy Free Home
 Fitness Programmes

Breast - Real life story
Melléta praat oor die vrees van verandering en onsekerheid
Last updated: Tuesday, September 11, 2007

Verandering is Onvermydelik

Miskien moet ek begin by die woord “verandering”. Die meeste van ons vrees verandering en onsekerheid. Ons wil binne parameters van vaste sekerhede, onwankelbare waarheid en knus gemaksones lewe - ons wil nie “gerattle” word deur dinge wat ons nie kan voorspel nie, en waarvoor jou sorgvuldige daaglikse “to-do” lysie nie deug nie. Die meeste van ons verkies netjies voorspelbare dae met presiese roetines, een waar jy in beheer voel, waar dinge loop soos jy dit beplan…

 
Advertisement
En dan op ‘n dag- so gewoon soos al die ander- verander jou wêreld. Die voorspelbare word onvoorspelbaar. Die toekoms nie meer so seker. My reis met die Groot K begin op die 16de April 2003 toe ek om 3h00 ‘n mammogram by Dr. Anette Goosen by kamer G06 Grondvloer, Panorama hospitaal laat doen. Niks ernstigs, net ‘n effense knoppie (so effens dat dit my verbeelding kon wees).

My dag van 16 April is ook volgepak met nog baie ander “to-do” dinge: 10h45 tandarts-besoek; loopbaan-uitstalling in Paarl Stadsaal om my inligtingstukke vir my toetsing van leerders aan te vul; bel vriendin Ronel Roux oor naweekreëlings by Hangklip; werk my stukkende stoepblinding vas; bel Betina se koshuisouers in Potchefstroom; sien ‘n Ou-Mutual konsultant vir ‘n polis; gee huisplante H2O en les bes; 7h30 nm ‘n seminaar in die VGK kerk oor die “Jesus” debat. So gewoon was my dag…

My daaropvolgende 9 maande-reis deur operasies, chemoterapie en bestraling word terselfdetyd ‘n reis na binne (‘n uiterlike en innerlike reis). Ons lewens kan so maklik vasval bloot by die uiterlike - die “things to do” dinge. Ons kan so besig raak dat ons nooit uitkom by die reis na binne nie. In ‘n wonderlike boek oor die lewensreis merk die skrywer James Hollis op dat gedurende hierdie reis ons gekonfronteer sal raak deur twee groot vrae: Die eerste vraag het te doen met sekuriteit, sosiale aanvaarding en om aan die eise van ouers, werk en samelewing te voldoen. Die vraag is:

“What is the world asking of me?”
Konkreet gesien, het dit eintlik maar te doen met “pleasing others”- wel ‘n baie belangrike en legitieme taak in die eerste helfte van ‘n mens se lewe. Maar iewers, hetsy spontaan of dikwels as gevolg van ‘n krisis, begin daar ‘n tweede vraag hier aan die binnekant klop.

“What does the soul ask of me now?”
Hierdie vraag het nie te doen met jou status in die gemeenskap, jou uiterlike wêreld van werk, plig en plesier, jou kinders, huis en tuin nie. Om met hierdie vraag te worstel, dwing jou om diep in jou eie siel af te kyk. Dit vra waagmoed om jouself to konfronteer om enige voorgee, valsheid en pretensie in jou eie lewe en in jou intieme verhoudings in die oog te kyk. Om jou ware en kwesbare self te omhels en nie skaam te voel vir sy tekortkominge en swakhede nie, vir jou siel se hunkeringe na meer as wat jou “outer life” jou bied nie. Hierdie vraag konfronteer jou met die misterie van jou lewe, die sin en betekenis daarvan, die eindigheid daarvan.

Die diagnose van Kanker, verspreid na van my kliere het hierdie tweede vrae na die oppervlak van my bewussyn gestoot. Saam met die uiterlike reis van naalde, bloed, operasies, chemo, bestraling, pille en weer en weer naalde het my innerlike reis ook homself afgespeel.

Wat het ek op my innerlike reis in 2003 geleer?
‘n Reis waarop ek steeds is en wat vir my ‘n groot avontuur geword het, omdat dit my al gebring het benewens plekke van twyfel en van vrees ook by pleke van misterie, persoonlike groei en ‘n sin van hoop om nog lank te kan meemaak.

  1. Eerstens dat ons, ons vrees vir verandering en onsekerhede moet laat vaar. Dat ons veranderinge en onsekerheid as konstante gegewens en normale verskynsels in ons lewens sal verwelkom, selfs in ons lewens sal innooi! (As ons dit regkry, sal min dinge werklik ‘n krisis wees.)
  2. Tweedens dat ons sal leer om te ontspan binne en te midde van die spanningsvolle gebeure. Want is die proses wat ontvou, nie tog maar in die finale instansie ook maar net deel van my Skepper se volmaakte plan met my lewe nie? Is dit nie deel van die ontvouende misterie van my lewe hier op aarde nie? Dit is juis hierdie wete wat maak dat ek kan rus (binne die onrus en die onsekerheid) - Camus: “In the midst of winter I realized there lie within me an invincible summer.”
  3. Derdens, weet dat die proses van jou lewe volmaak is, en dat jy die ontvouende proses maar kan vertrou (wat ook al die uitkoms). Jy kan rustig terug sit en doen wat jy moet en kan. Jy hoef nie om te wroeg, en te sweet en naels te kou nie.
  4. Laat die fase vir jou lewe sy loop onversteurd gaan. Kyk rustig daarna van op ‘n afstand. Dinge wat in jou lewe gebeur (insidente, ingrype) is nie gefragmenteerde, losstaande voorvalle nie. Negatiewes is nie doelbewus op jou spoor om jou te benadeel nie, en goeies is nie toevallig nie. Daar bestaan nie iets soos terloopsheid nie. Alles is ineengeskakel om uiteindelik in die belang van die groter prentjie ‘n positiewe rol te speel.
  5. Stukkies van legkaarte is dikwels eers net ‘n spatsel kleur, ‘n ongeordende beeld, ‘n onverstaanbare patroon. Dis eers algaande, selfs dekades later, dat daar ‘n patroon begin ontvou, en dat jy elke legkaartstukkie begin verstaan…(soms bly dit maar ‘n dowwe spieël waarin die beeld raaiselagtig bly- maar ook daarin mag ons maar berus en rus vind - want eendag sal ek wel ten volle ken, soos God my ten volle ken.)
  6. Vierdens glo ek aan die heelmeester van tyd. Dit is nie nodig om die horlosie aan te draai en die sekondewyser vinniger te stel nie. Laat tyd toe om sy eie gang te gaan en oor jou te spoel. Met tyd en geduld word die moerbei sy.
  7. Vyfdens glo ek dat jy jouself moet oopstel vir die hulp en ondersteuning van ander. Hulle is deur die Groot Regisseur in die toneelstuk van jou lewe ingeskryf, en deur hulle eenkant te skuif, of alles self te wil doen, ontneem jy jouself van hulle rykdom van gee. En moenie wag vir hulp nie, vra vir hulp. Kom weg van valse bevoegheidswaan!
  8. Laastens, wees iets van ‘n avonturier op hierdie onbekende, ongekarteerde weg. Weier om soos ‘n slagoffer slegte dinge wat jy weet moet kom in te wag. Spring sommer eerder die slegte ding voor en haal hom in voordat hy jou nog kan inhaal.

  9. Byvoorbeeld, ek het my hare self afgeskeer voordat dit uitgeval het. En hoede, lapblomme en serpe het ‘n hele nuwe en kreatiewe aantrekstyl geïnspireer - ek het trouens mooier gevoel as ooit vantevore!

    Op Woensdag 3 Desember 2003 het ek die laaste bestraling ontvang.

    Op daardie selfde dag sien ek op my daagboeklysie het ek ook Pick&Pay toe gegaan, die Burger betaal, tandarts-afsprake gereël vir twee kinders, klere by die droogskoonmakers gaan haal, en reëlings begin tref vir die plaaswerkers se kerspartytjie op ons plaas in die Sandveld…!

    En nou gaan my avontuurlike reis met onsekerheid voort, en elke nuwe dag, jaar is ‘n geskenk. Ek is dankbaar vir ‘n verskerpte bewussyn van alles rondom my, en ook van my innerlike self, my sielstem wat al duideliker praat.

    Dit is ‘n geskenk wat my reis met die Groot K aan my gegee het…En so kan ek vandag met ‘n diep gevoel van ontspanning sê: “U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae is in U boek opgeskryf, nog voordat ek gebore is” (Ps. 139:16), en wanneer my tyd om te vertrek eenmaal aanbreek, sal dit wees “soos ‘n gerf wat op sy bestemde tyd na die dorsvloer gebring word” (Job. 5:26).

    Dr Melléta Louw is 'n kliniese sielkundige en studentevoorligter by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie.


     
    Print this article
     Rate this article
    Poor 1 2 3 4 5 Excellent
     JOBS
    Cost / Clinical Audit Clerk (Medical Aid)
    Western Cape
    Pharmacist
    Western Cape
    Occupational Health Nurse x 2
    Mpumalanga
    Operations Manager
    R20,000-25,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits
    Gauteng - East Rand
    Java Developer-CT
    Western Cape - Cape Town
    Java Developer-Jozi
    Gauteng
    Lab Technician
    R3,500-4,200 Per Month Cost To Company Incl Benefits
    Gauteng - East Rand
    Surfacing Operator
    R3,900 Per Month Cost To Company
    Gauteng - East Rand
Previous  
Breast menu
About Breast
All about breast reconstruction
Breast News
Breastfeeding
Health tips
Nipple changes and discharges
Non cancerous lumps
Real life story
Surgery and cancer
Types of early cancer
 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement


© Health24 2000-2008. All rights reserved
  
We comply with the HONcode standard for trustworthy health
information.
Verify here.