Vaderskap uiters akkuraat met DNA- en weefseltoetse bepaal
Last updated: Thursday, May 24, 2007
Bloedtoetse het onlangs bewys Boris Becker is die pa van ‘n tien maande oue dogtertjie van ‘n Russiese model. In Suid-Afrika is die nuutste tegnologie beskikbaar en word vaderskapbepalings met groot akkuraatheid gedoen.
Advertisement
Hoe akkuraat is die vaderskapsbepalings wat gedoen is, kan ‘n mens vra. Is dit werklik moontlik om met 100 persent akkuraatheid te sê die waarskynlikheid dat ‘n spesifieke man die pa is, is byna 100 persent? En is dit werklik moontlik om met 100 persent sekerheid te sê ‘n spesifieke man is nie die pa nie? Ja, is die antwoord op albei vrae.
Volgens professor Ernette du Toit, hoof van die Wes-Kaapse Weefsel-immunologie laboratorium by die Groote Schuur Hospitaal, kan die werklike pa met die regte toetse met groot akkuraatheid uitgeken word, en kan met groot akkuraatheid bewys word dat die die vals-beskuldige man nie die pa is nie.
Met die regte toetse sal geen regte pa skotvry wegstap nie, en geen valsbeskuldige man sal verkeerdelik hoef pa te staan vir ‘n saak wat niks met hom te doen het nie.
Wie wil weet wie is die pa?
In baie gevalle bepaal die Hof in ‘n vaderskap- en onderhoudsgeding dat vaderskaptoetse uitgevoer moet word om vaderskap te bevestig of uit te skakel. In ander gevalle wil ‘n vrou bewys dat ‘n spesifieke man die pa is, of soms wil ‘n man bewys dat hy vals beskuldig is.
Professor Du Toit en Veronica Borrill (hoof- mediese tegnoloog) van die weefsellaboratium verduidelik hoe vaderskaptoetse gedoen word.
Bloedmonsters
Bloed word volgens ‘n spesifieke prosedure getrek van die ma, die baba en die beweerde/ moontlike pa sodat geen verwarring bestaan dat dit wel die bloed van die drie betrokkenes is nie, en dat die buisies reg gemerk is.
Drie moontlike bepalings kan op die bloed/weefsel gedoen word om vaderskap te bevestig of uit te skakel: die vergelyking van die HLA-antigene van die ma, baba en man, die bloedgroepe van die drie, en die DNA van die drie.
Indien aldrie toetse saam ingepan word, kan baie akkurate waarskynlikheidsbepalings gedoen word. Al toets wat op sy eie baie akkurate bepalings lewer, is ‘n groot reeks DNA-toetse.
Voorts word die spesifieke eienskap of antigeen wat getoets word, in ag geneem. Die frekwensie verskil dikwels in spesifieke bevolkingsgroepe voorkom.
Sommige antigene kom byvoorbeeld meer algemeen in sekere bevolkingsgroepe voor as in ander, en indien die baba se antigeen onder dié sorteer wat algemeen is, en die moontlike pa ook, kan die ooreenkoms tussen baba en pa wel effe toevallig wees. Dié faktore word alles met die waarskynliksindeks in ag geneem.
Mendeliese oorerwing
Die beginsel van aldrie toetse is dieselfde: die eienskappe/gene/DNA wat telkens gemeet word, word van die pa en ma na die baba oorgedra. Elke mens het chromosome/gene/DNA-materiaal in pare – twee maak saam ‘n paar en pas bymekaar al is dit nie dieselfde nie.
‘n Baba kry die helfte van sy materiaal van sy ma en die ander van sy pa, en die helftes maak telkens ‘n nuwe paar vir die baba. Die baba moet materiaal van sy pa toon, anders is dit beslis nie sy pa nie. En as die helfte van sy materiaal van ‘n spesifieke man ooreenstem, is die waarskynlikheid meer as 99 persent dat dit wel sy pa is.
Die drie toetse:
Die HLA-toets: Die HLA-(Human Leucocyte Antigen of Menslike leukosiet antigeen)-antigene op die witbloedselle van die drie mense word vergelyk. Die helfte van ‘n paar van die baba se antigene word telkens van die pa oorgeërf. Die HLA-toets word ook in die geval van orgaanoorplantings ingespan. Slegs indien die HLA-antigene ooreenstem, is die weefsel van die skenker en ontvanger eenders genoeg dat verwerping klein behoort te wees.
Die DNA-toets: Agt verskillende kort tandemherhalings (bekend as STR’s) in die DNA-volgorde word vergelyk. Die herhalings kom weereens in pare voor. Die baba kry die helfte van ‘n paar van sy ma en die ander helfte van sy pa. As die baba twee of meer herhalings het wat glad nie by die pa voorkom nie, is daar geen kans dat die pa die pa kan wees nie. Indien die helfte van die baba se herhalings met agt van die ma s’n ooreenstem en die ander agt met die man s’n, is die kans 99 persent of groter dat die man die pa is.
Bloedgroep-bepaling: Dit is die eenvoudigste metode, maar die kans van uitsluiting is slegs 50 persent. Die ma, baba en pa se bloedgroepe word volgens die ABO bloedgroepe vergelyk, en ook volgens die Rhesus-faktor, die MNS, Kell en Duffy-groeperings. Die toets is meestal nie op sy eie voldoende om afdoenbare bewys van vaderskap te verskaf of vaderskap uit te sluit nie.
Koste
Meer as 600 vaderskaptoetste is voorheen jaarliks by die Weefsellaboratorium gedoen, maar sedert die prys tot R1 740 vir ‘n vaderskap toets (vir ma, baba en pa) verhoog is, word slegs sowat 26 vaderskaptoetse per jaar gedoen. Dié laboratorium is die enigste in die Kaap wat DNA- en HLA-toetse saam doen.
By die Unistel-laboratorium op die Tygerberg-kampus word slegs DNA-toetse gedoen. Die WP-Bloeddiens doen bloedgroep-bepalings, en laat ook DNA-bepalings doen.
Bookmark with:
What are social bookmarks?