Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
How UV hurts
Suntan, sunburn, ageing. The sun can affect your skin in many ways. How does it work?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 Somer 2007/08
 
Eksklusief: Tipe 2-Diabetes

KEER DAT JY OORGEWIG DIABETES KRY

Tipe 2-diabetes neem so toe dat daar al gepraat word van diabesiteit, ’n samevoeging van diabetes en obesiteit
Deur Ilse Salzwedel

ELKE liewe mens wat sowat 10 kg oorgewig is, loop die gevaar om tipe 2- diabetes te kry. As jy vetsugtig is (20 kg oorgewig of meer), is jou kans baie groot om dit op te doen.

In Suid-Afrika is meer as twee uit elke vyf mense oorgewig of vetsugtig en ons is, soos Amerika, besig om af te stuur op drie epidemies: vetsug, tipe 2-diabetes en hartsiektes.

Spesialiste in die Weste waarsku dat tipe 2-diabetes ál meer by kinders voorkom, terwyl dit dertig jaar gelede eintlik net by mense oor vyftig gesien is. Ook in Suid- Afrika word tipe 2-diabetes, hoë bloeddruk en hoë bloedcholesterol by oorgewig kinders van net agt jaar oud gediagnoseer. Dit is uiters sorgwekkend.

Ons moet hierdie vloedgolf van tipe 2-diabetes keer deur iets aan ons kinders se eetgewoontes en gebrek aan oefening te doen, sê die Pretoriase pediatriese endokrinoloog dr. Jacobus van Dyk.

“As ons nie vinnig optree nie, voorsien ek groot probleme.”

Of jy net oorgewig is, op pad is na diabetes of reeds tipe 2-diabetes het: Dis dringend noodsaaklik dat jy gesond eet en oefen. (En al is jy gesond, is dit steeds ’n goeie plan om die riglyne te volg)

EET SO

  • Sorg dat jy genoeg vesel inkry. Twee vrugte per dag en baie groente saam met witvleis is die beste.

  • Bly weg van koeldrank en vrugtesap – dit bevat baie suiker.

  • Rooster vleis en vermy diepgebraaide kos.

  • Posjeer of kook eiers.

  • Onthou, wegneemkos (diepgebraaide hoenderstukke, hamburgers en pizza met baie kaas) bevat minstens drie keer soveel vet as gekookte kos.

  • Volg ’n lae GI- (lae glisemiese) eetplan wat baie min rys, rooivleis, aartappels, pasta en sjokolade bevat.

OEFEN SO

Diabete vind baie baat by oefening, maar alle Suid-Afrikaners behoort aktiewer te raak om tipe 2-diabetes te voorkom.

Kry ons kinders weg voor die TV en aan die beweeg – of ’n diabetes-pandemie is ons voorland.

Dertig minute se oefening drie keer elke week is noodsaaklik. Sokker, swem, tennis, fietsry, ballet of moderne danse bied alles uitstekende oefening.

Onthou, as jy nie jou diabetes met reg eet, oefening en pilletjies beheer nie, is daaglikse inspuitings jou voorland. En dis g’n grap nie.

KONTAKBESONDERHEDE:

DIABETES SUID-AFRIKA
011-792-9888/7, of www.diabetessa.co.za. (Daar is 92 steungroepe, nege takke en ’n netwerk gesondheidswerkers landwyd.)

DR. JACOBUS VAN DYK
Little Company of Mary-hospitaal, Pretoria: 012-460-7900/1

Huisgenoot-POLS Somer 2007/8


 
Previous article: Next article:
As kinders diabete is Shaun Pollock
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Mediese nuus brokkies
Astrante klein kalant!
Bly speel-speel fiks
Nuwe hoop vir diabeteslyers
Eksklusief: As kinders diabete is
Eksklusief: Tipe 2-Diabetes
Shaun Pollock - op sy tuisveld
Van die hemel tot die dieptes van die hel
Ons het bly lewe!
Dieetklubs: Kaf of koring?
Kettingreaksie
Hier kom die son
Die dokter in jou koskas
Só verdrink jou brein in drank
JOU BREIN
Diere dink ook
See-angels
Red 'n lewe
Sien met klank
Sak en pak
’n Nag in die lewe van ’n noodsorg-paramedikus
Kuberdok
Kuberveearts
Donker Liefde
Die manlike brein
Hg-Pols Blokraai Nommer 2
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Word fiets fiks: Inleiding tot oefenprogramme
Word fiets fiks: Die oefenprogramme
A step mom's story
Redakteursbrief
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement