Advertisement
6 steps to weight loss
Weight loss needn't be difficult. Follow these steps to a new, slimmer you.
Hospital plan, or scheme?
Medical scheme membership is expensive. Is it worth it, or is a hospital plan enough?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 Somer 2007/08
 
Redakteursbrief

HALLO, SOMER!

AI, MAAR dis lekker! ’n Bietjie son op jou vel, die geplas van die kinders in die swembad (of die plesier as hulle onder die sproeiers in die tuin deurhardloop), vroegaanddrankies op die stoep, lekker somerslaaie saam met ’n tjoppie of stukkie hoender op die kole. Welkom, somer!

Ons someruitgawe is propvol dinge wat jy moet weet om die beste van die lewe in sonnige Suid-Afrika te maak. Vir almal wat bevoorreg is om see toe te gaan, is daar ’n werklik bruikbare gids oor die goggas en goeters wat kan steek en seermaak; ons gee raad oor wat om te doen as iemand verdrink en skryf oor die gevare van sonbrand (jy verbrand nie net as jy by die see is nie!).

Bekende Suid-Afrikaners wys hoe hulle fiks bly en ons span dieetkundiges bekyk die beloftes van dieetklubs krities. Hoop jy vind dit alles nuttig!

En dan die diepte-artikels oor mediese sake wat so ’n belangrike deel van Huisgenoot-Pols se suksesresep is. Ons weet alle dokters is nie so dol oor media-aandag soos wyle dr. Chris Barnard nie, maar die oorplantingspan van die Wits Donald Gordon Hospitaal in Johannesburg span die kroon.

Marí Hudson moes omtrent mooipraat om hulle te oorreed om te vertel van die dubbele pankreas-en-nieroorplantings wat hulle stil-stil vir die eerste keer in Suid-Afrika begin doen het.

Danksy jarelange bande met haar as mediese skrywer het hulle uiteindelik ingestem om te praat oor dié hoogs verwikkelde operasie wat nuwe hoop aan diabeteslyers bied.

Marí sê dit het haar nog méér klippe kou gekos om die dokters te kry om vir foto’s te poseer. Sy en fotograaf Johan Wilke, wat die meeste van die ongelooflike foto’s in Huisgenoot-Pols geneem het, het ure geduldig gewag, selfs ’n slag die fotografiese toerusting van een teater na ’n ander verskuif omdat ’n pasiënt onder die mes moes kom en het elke dokter se plek op die foto vooraf uitgemerk sodat ons so min moontlik van hul tyd in beslag geneem het.

Een van die grootste uitdagings van hul joernalistieke loopbane, maar as lekkerlees-kykie in die wonders van die mediese wêreld ’n wenner vir Huisgenoot-Pols!

Baie dankie vir jul briewe en e-posse oor ons eerste Huisgenoot-Pols. Ons is verstom oor die sukses van dié uitgawe en sê vir julle dankie vir jul ondersteuning.

Baie mense het gebel om te sê hulle sukkel om Huisgenoot-Pols in die hande te kry. Dis altyd moeilik om ’n nuwe tydskrif op al die winkelrakke te kry, maar ons verspreidingsmense werk hard daaraan.

Geniet hierdie uitgawe – en, soos altyd, laat ons weet wat julle dink.

Warm somergroete,

Esmarè

Waaroor wil jy graag meer in Huisgenoot-Pols lees? Skryf gerus aan brief@huisgenootpols.co.za of Huisgenoot-Pols Briewe, Posbus 2434, Kaapstad, 8000, of stuur ’n faks aan 021-447-0312. Besoek ook www.huisgenootpols.co.za of www.health24.com vir nóg meer inligting.


 
Previous article: Next article:
Readers Letters  
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Mediese nuus brokkies
Astrante klein kalant!
Bly speel-speel fiks
Nuwe hoop vir diabeteslyers
Eksklusief: As kinders diabete is
Eksklusief: Tipe 2-Diabetes
Shaun Pollock - op sy tuisveld
Van die hemel tot die dieptes van die hel
Ons het bly lewe!
Dieetklubs: Kaf of koring?
Kettingreaksie
Hier kom die son
Die dokter in jou koskas
Só verdrink jou brein in drank
JOU BREIN
Diere dink ook
See-angels
Red 'n lewe
Sien met klank
Sak en pak
’n Nag in die lewe van ’n noodsorg-paramedikus
Kuberdok
Kuberveearts
Donker Liefde
Die manlike brein
Hg-Pols Blokraai Nommer 2
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Word fiets fiks: Inleiding tot oefenprogramme
Word fiets fiks: Die oefenprogramme
A step mom's story
Redakteursbrief
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement