|
Sien met klank
Die beelde wat ’n mens deesdae met nuwe vierdimensionele sonartegnologie van ’n baba in sy ma se baarmoeder kan sien, is ongelooflik lewensgetrou. Dis nie net mooi prentjies nie – dis soos ’n video waarop jy kan aanskou hoe die baba se gelaatstrekke lyk, hoe hy sy vinger in sy mond druk, en hoe hy gaap, draai en skop. Fetale abnormaliteite kan betyds opgespoor word en so kan jou baba se lewe dalk gered word. Enige sigbare abnormaliteite soos Down-sindroom, ’n oop ruggraat (soos met spina bifida) of ’n piepklein hartjie waarvan die kamers of kleppe nie reg werk nie, kan met dié gesofistikeerde tegnologie raakgesien word.
En selfs al is 4D-tegnologie nie altyd beskikbaar nie, kan die meer algemene 2D-ondersoek ook veel doen om gesondheidsprobleme op te spoor – solank dit deur ’n kundige uitgevoer word, sê dr. Linnie Muller, een van Suid-Afrika se top- fetale spesialiste.
Linnie noem drie belangrike feite oor geboorte-afwykings en sonars wat elke swanger vrou moet ken:
- Verreweg die meeste geboorte-afwykings – trouens meer as 90 persent – kom voor in
swangerskappe waar albei ouers gesond en normaal is en nie een ’n familiegeskiedenis
van enige sulke afwykings het nie.
- Die swanger ma se leefstylgewoontes soos drank- of dwelmmisbruik kan abnormaliteite
by haar ongebore baba veroorsaak of sy of haar lewe in gevaar stel.
- Hoe beter ‘n spesialis opgelei is, des te groter is die kans dat hy ’n abnormaliteit by die
ongebore baba sal opspoor. Nie alle huisdokters, verloskundiges of radioloë met ’n sonarmasjien
sal alle abnormaliteite raaksien nie.
Hierdie tabel wys hoe ’n groot verskil deeglike opleiding kan maak in die voorgeboortelike
opsporing van abnormaliteite. Dié vergelyking tussen suksessyfers
van alle spesialiste (Suid-Afrikaners inkluis) wat aan standaarde van die Stigting
vir Fetale Geneeskunde in Londen moet voldoen, teenoor ander dokters, toon
waarom pasiënte bevoordeel word wanneer die peil van opleiding hoër is.
New Page 1
|
Sonarondersoek
wat 'n swanger vrou se ongebore baba bestudeer
|
Persentasie
babas met afwykings wat voorgeboortelik opgespoor word met
roetine-ondersoeke
|
Persentasie
babas met afwykings wat voorgeboortelik opgespoor word deur fetale
spesialiste met akkreditasie
|
|
Die nekkuilskandering op 13 weke van swangerskap om Down-sindroom te identifiseer
|
50% van
alle gevalle van Down-sindroom
|
85-90% van
fetusse met Down-sindroom. Sommige fetale spesialiste sal ook die neusbeen
en hartkleppe van die fetus ondersoek.
|
|
Die ondersoek op 22
weke
van swangerskap om hart- en ander afwykings op te spoor
|
50% of
minder van hartafwykings
|
75% van
alle hartafwykings.
|
|
Die ondersoek op 22
weke
van swangerskap om rugmurg-afwykings op te spoor
|
30-80%
mits die nodige bloedtoets ook gedoen word
|
98% van
spina bifida en ander afwykings.
|
|
Koste van
sonarondersoeke
|
'n Vinnige maandelikse swangerskapskandering om te
kyk of die baba se hart nog klop, kos sowat
R175
tot R200.
|
Die 13- en 22-weke –skanderings deur 'n fetale
spesialis kos elk sowat
R800 en R1
000.
Dit
kan
jou baba se lewe red as die hartchirurg gereed staan om onmiddellik na
geboorte jou baba te opereer.
|
Daar is twee sonarondersoeke wat ’n swanger vrou baie kan help:
1. Die nekkuilskandering op 13 WEKE
Hiermee word die dikte van die baba se
nekvou agter sy kop gemeet en bloedtoetse
op die ma gedoen. So kan ’n
fetale spesialis tussen 85 en 90 persent
van alle fetusse met Down-sindroom
vroeg in die swangerskap identifiseer.
2. Die sonarondersoek op 22 WEKE
Hiermee word die fetus gemeet, die hart,
brein, niere en ander organe word baie
deeglik ondersoek, en die plasenta en
hoeveelheid vrugwater om die baba
word bestudeer. Hartafwykings is die
algemeenste geboorte-afwyking – byna
een uit elke honderd babas word met ’n
hartafwyking gebore.
How doctors test your unborn baby for Down syndrome
Huisgenoot Pols Somer 2007/8
|