Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
Stem cell miracles
A transplant of a windpipe using stem cells has given a woman a new lease on life.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 HG Pols Des 2007
 
Red 'n lewe

Meer as tweehonderd kinders sal binne die volgende twee maande verdrink. Jy het dalk dié kennis nodig om jou eie kind se lewe te red.
Deur Susan Erasmus, Health24

’n Kind kan binne minute en sonder ’n enkele geluid in ’n paar sentimeter water in ’n swembad, bad of visdam verdrink. In baie gevalle verdrink ’n kind binne net vyf minute – daardie paar oomblikke wanneer sy ouers die telefoon beantwoord of hul rug draai terwyl hul kind in die bad is.

Vir elke kind wat verdrink, is daar vyf wat blywende breinskade opdoen as gevolg van ’n suurstoftekort gedurende die paar minute wanneer hulle nie kan asemhaal nie.

Net vier minute sonder suurstof is genoeg om onomkeerbare skade aan te rig, sê Nick Dollman van Netcare 911.

AS IEMAND BESIG IS OM TE VERDRINK, OF MET SY GESIG NA ONDER IN DIE WATER DRYF OF LÊ, MOET JY ONMIDDELLIK DIE VOLGENDE DOEN:

1. Kom by die kind in die water
Haal die kind so gou soos jy kan uit die swembad, visdam of bad, maar moenie probeer om iemand te red as dit jou eie lewe in gevaar sal stel nie. Roep liewer om hulp en probeer om die kind met ’n paal of tou van die oewer af te bereik.

Maak jou aan iets stewigs op die oewer vas as jy na die drenkeling toe moet swem.

In die geval van ’n moontlike ruggraatbesering: As die kind nog asemhaal, maar daar enige moontlikheid van ’n ruggraatbesering bestaan ná hy in die water ingeduik het, hou hom so stil moontlik.

Hou die kind met sy gesig na bo in die water, roep luidkeels om hulp totdat iemand wat kan help, opdaag. Gebruik ’n branderplank of enigiets wat as ’n draagbaar kan dien om die kind se nek en rug so stil moontlik te hou.

Moet nooit sy kop skuins draai sonder om ook die res van die liggaam te draai nie. As jy vermoed dat daar dalk ’n ruggraatbesering is, moenie die nek in enige rigting draai nie.

As jy die kind verkeerd hanteer, kan jy dalk sy ruggraat knak wat daartoe kan lei dat hy die res van sy lewe in ’n rolstoel moet deurbring.

2. Kontroleer Reaksies
Tik die kind op die skouer en vra: “Is alles reg?” As hy nie beweeg of enige geluid maak nie, roep om hulp en vra dat iemand ’n ambulans ontbied. Moenie die kind alleen los nie. Laat hom op sy rug op ’n plat, harde oppervlak lê.

3. Maak sy lugweë oop
Verwyder dadelik alle plantmateriaal of enige ander voorwerp uit sy mond sodat hy makliker kan asemhaal. Lig sy ken met jou een hand op terwyl jy met die ander hand sy voorkop afdruk om sy lugweë oop te maak.

4. Kontroleer Asemhaling
Kyk of sy borskas op en af beweeg en kniel met jou oor teen sy neus sodat jy kan hoor of hy asemhaal. Voel met jou wang vir enige tekens van asemhaling.

As hy nie asemhaal nie, het hy dadelik KPR (kardiopulmonale resussitasie, of hartlongbybrenging) nodig.

As dit moontlik is, kan jy mond-tot-mond-asemhaling probeer toepas selfs terwyl die kind nog in die water is.

Elke sekonde tel. As die brein meer as vier minute geen suurstof kry nie, kan dit tot blywende breinskade lei.

GAAN SÓ TE WERK AS DIE KIND TUSSEN EEN EN AGT JAAR OUD IS:

  • Knyp die kind se neus toe, lig sy ken op en haal diep asem. Plaas jou mond oor sy mond en blaas gelykmatig eers die een helfte en dan die ander helfte van die lug in jou longe stadig in sy mond. Moenie te hard of te vinnig blaas nie. Blaas elke keer vir een sekonde.

  • Kyk elke keer nadat jy geblaas het of sy borskas terugsak. As dit nie gebeur nie, verander die posisie van sy kop en probeer weer.

  • Nadat jy twee keer asem ingeblaas het en die kind nie begin asemhaal, hoes of beweeg het nie, moet jy met borskasdrukke begin.

  • Kniel langs die kind. Plaas die onderste deel van jou handpalm op sy borsbeen tussen die tepels.

  • Hou jou ander hand op sy voorkop en maak seker die kop bly agtertoe gekantel.

  • Leun oor die kind en pas met reguit armsafwaartse druk toe. Druk afwaarts tot ’n diepte van een derde tot die helfte van die borskas.

  • Voer dertig borskasdrukke teen nagenoeg twee drukke per sekonde uit (honderd per minuut).

  • Gee twee keer stadig lug aan die kind.

  • Gee weer dertig borskasdrukke en twee keer lug.

  • Hou aan met KPR tot hulp opdaag of die kind spontaan begin asemhaal of beweeg. As jy alleen by die kind is, doen ’n volle twee minute lank KPR voor jy om hulp roep.

Moet nooit kop eerste in die water induik as jy nie presies weet hoe diep die water is en wat onder die oppervlak aangaan nie. Dit kan jou verlam.

Het jy geweet?
Iemand wat byna verdrink het maar gered is, verkeer nog in gevaar om te ‘verdrink’ as gevolg van water wat in sy longe agtergebly het.

DOEN SÓ KPR AS DIE KIND JONGER AS EEN JAAR IS:
Volg in die geval van ’n baba wat jonger as een jaar is dieselfde prosedure, maar met twee verskille:

  1. Bedek sowel die baba se mond as sy neus met jou mond om ’n lugdigte seël te maak. Gee twee keer lug.

  2. Druk met jou derde en vierde vingers in die middel van die borskas, net onder die vlak van die tepels. Druk ’n derde tot die helfte van die borskas in.

WAT GEBEUR VOLGENDE?

  • Wanneer die kind asemhaal en geen ruggraatbeserings het nie, maar bewusteloos is, plaas hom in die herstelposisie met sy kop effens agteroor gekantel en sy arms en bene soos geïllustreer om te keer dat hy op sy rug of gesig omrol.

  • Hou die kind warm.

  • Iemand wat byna ’n slagoffer van verdrinking was, moet 24 uur lank vir waarneming in ’n hospitaal bly.

  • As daar nog mense is wat hulp kan verleen, laat hulle by jou oorneem. KPR is baie vermoeiend.

  • Moenie bekommerd wees dat jy dalk die kind se ribbes sal breek nie. Hul ribbes en bene is baie buigsaam. Selfs al sou dit gebeur, is die skade nie ernstig nie. Die risiko verbonde aan die uitstel van KPR of om dit nie te doen nie, is baie groter as die risiko van ’n gebreekte rib.

  • Die kind gooi dalk op. As dit gebeur, draai die hele liggaam na die een kant toe – nie net die kop nie – en probeer om die braaksel uit die mond te verwyder of af te vee. Hou aan met die KPR.

  • Daar is geen opgetekende bewys dat MIV al deur KPR oorgedra is nie.

  • Selfs verkeerde KPR is beter as niks.

NOODNOMMERS WAT JY KAN BEL

  • Netcare: 082-911

  • ER 24: 084-124

  • Staatsambulans- en brandweerdiens: 101-77

  • Alle staatsnoodgevalle:
    Bel 112 op jou selfoon

Kliek hier vir meer inligting oor verdrinking

First Aid Centre


 
Previous article: Next article:
Geniepsige en giftige seediere Sien met klank
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Mediese nuus brokkies
Astrante klein kalant!
Bly speel-speel fiks
Nuwe hoop vir diabeteslyers
Eksklusief: As kinders diabete is
Eksklusief: Tipe 2-Diabetes
Shaun Pollock - op sy tuisveld
Van die hemel tot die dieptes van die hel
Ons het bly lewe!
Dieetklubs: Kaf of koring?
Kettingreaksie
Hier kom die son
Die dokter in jou koskas
Só verdrink jou brein in drank
JOU BREIN
Diere dink ook
See-angels
Red 'n lewe
Sien met klank
Sak en pak
’n Nag in die lewe van ’n noodsorg-paramedikus
Kuberdok
Kuberveearts
Donker Liefde
Die manlike brein
Hg-Pols Blokraai Nommer 2
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Word fiets fiks: Inleiding tot oefenprogramme
Word fiets fiks: Die oefenprogramme
A step mom's story
Redakteursbrief
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement