|
Ons het bly lewe!

Elke jaar kry ál meer kinders in Suid-Afrika kanker. Gelukkig oorleef baie meer kinders ook as in die verlede. Kanker is nie meer ’n doodsvonnis nie, maar dit beteken ’n klipharde stryd. Ook as jy dit oorleef het
Deur Bettie Kemp
VYF jaar gelede het Anriëtte van Wyk van Fairland in Johannesburg se lewe vir altyd verander. Nie sy of haar ouers het toe besef hóé ingrypend dié verandering sou wees nie.
Die destyds tienjarige hoogspringkampioen en slimkop met die lang donker hare het naar, lusteloos en moeg van ’n skooltoer af teruggekom. Dokters kon niks verkeerd kry met haar nie. Ten einde raad het haar huisdokter haar vir toetse deur ’n gastroënteroloog (’n maagdermspesialis) laat opneem. Sy het ’n hewige braakaanval gekry juis toe hy op sy saalronde was. Dit was duidelik: Daar was iets anders fout as ’n maagkwaal.
’n MRB (magnetieseresonansiebeelding), het die spesialis se ergste vrese bevestig. Daar was ’n groot gewas, baie diep in Anriëtte se brein. Dit was medullablastoom, ’n kwaadaardige breingewas wat gewoonlik teen die kleinharsings (serebellum) ontstaan, vinnig na die res van die brein en rugmurg versprei en lewensbelangrike dele van die brein kan beskadig.
Dit is baie moeilik om ’n breingewas vroeg te diagnoseer. Teen die tyd dat die kind naarheid, braking, hoofpyn en ander probleme ondervind, is die gewas al gemiddeld vyf maande aan die groei. Anriëtte moes dadelik geopereer word.
Lees die volledige artikel in die Desember uitgawe van Pols.
For more on brain tumours click here
Cancer centre
|