|
See-angels
See-angels
Sommige is behoorlik giftig. Ander is bloot geniepsig. Hier is jou gids tot die seediere – van bloublasies tot giftige visse – wat jou vakansie by die see kan bederf.
Deur Betina Louw en Carine van Rooyen van Health24
DIE see, so aanloklik blou in die somermaande, huisves ook ’n klompie nare kalante wat jou met hul giftige tentakels en stekels kan raps of jou hondsiek kan maak met die gifstowwe in hul lyf.
Ons het met die hulp van een van Suid-Afrika se voorste vergiftigingskenners, dr. Gerbus Müller, en die mariene bioloog Cameron Ewart-Smit, dié gids oor giftige seediere en die beste behandeling saamgestel.
Giftige seediere
1. Bloublasies (Hydrozoa)
Miljoene brandselle wat gewoonlik op die bloublasie se tentakels gerangskik is, ontplof en spuit gif in die vel wanneer die lang stert in die branders of op die strand aan jou vel raak. Die tentakel se gifsakkies skiet deur mikroskopiese ‘‘spuitnaaldjie’’ die gif in die vel in.
Eina!
- Jy kry ’n skerp steek- of brandpyn en ’n gejeuk waar die tentakel aan die vel geraak het.
- Rooi, opgehewe letsels word later vloeistofgevulde blase – dit klaar binne ’n dag of twee op.
- In uitsonderlike gevalle kan kortasemrigheid, naarheid, hoofpyn, duiseligheid, onreëlmatige hartklop, spierspasmas en gewrigspyne voorkom.
Wat nou?
- Spoel die aangetaste deel met baie seewater af. Moenie vars water gebruik nie en moenie die area vryf nie. Dit sal meer irritasie veroorsaak; vars water laat die brandselle ontplof.
- Skraap die vel met die skerp kant van ’n mes (of iets soos ’n kredietkaart) om die oorblywende brandselle te verwyder.
- Spoel dit af met asyn om die gifstowwe onskadelik te maak. Alkohol en menslike urine help ook.
- Hou die aangetaste deel in warm water, maar nie kookwater nie. Hitte breek die gifstowwe af.
- Kry mediese hulp as jy kortasem word en naar of duiselig voel, jou hart onreëlmatig begin klop en jy hoofpyn, spierspasmas of gewrigspyne kry of ’n infeksie ontwikkel.
- Behandel die steke van bloublasies se geniepsige familielede soos jellievisse en vuurkoraal net soos vir bloublasiebrand.
Waar moet jy ligloop?
Die hele Suid-Afrikaanse kusstreek, maar minder aan die Weskus.
VEILIG ONDER WATER
Vinnige wenke
- Laat jou kind ’n
byderwetse swempakkie
met moue en
pype dra om haar of
hom teen bloublasies
te beskerm.’nDuikpakhemp
of ’n T-hemp oor
’n swembroek bied ook
ekstra beskerming.
- Vra die lewensredder
watter
giftige seediere in
die omgewing
voorkom.
- Dra ’n paar ou
tekkies wanneer
jy in ’n klipperige
gebied swem.
- Dra handskoene
wanneer jy
tussen rotse
mossels of
perlemoen soek.
- Wees op die uitkyk
vir geniepsige
seediere as jy
onderwater swem. ’n
Swembril sal jou help
om beter te sien.
- Swem tussen
ander mense.
Visse is geneig om
weg te bly van
plekke waar mense
swem.
- Stel vas waar die
naaste dokter en
hospitaal is voor jy en
jou gesin vir ’n dag see
toe gaan.
2. Seekastaings (Echinoidea)
Die bros stekels van die meeste
seekastaiings is nie giftig nie, maar
kan maklik die vel binnedring en
stukkies kan agterbly en ontsteek.
Die naald-seekastaiing, Diadema
setosum, wat aan ons kus voorkom,
is wel baie giftig. Dit is
pikswart en het baie lang naalde.
Eina!
Jy kry skerp brandpyne en
die steekplekke swel op.
Wat nou?
Hou die beseerde deel
in warm water (nie kookwater nie)
sodat dit die gifstowwe kan afbreek.
Gebruik ’n plaaslike verdowingsmiddel
of kalamynmelk teen die
brand.
Kry mediese hulp as jy nie self
stekels wat in die vel afgebreek het,
kan verwyder nie. Dit word later
knoppe wat chirurgies verwyder
moet word.
Waar moet jy ligloop?
Oral aan ons kuslyn.
3. Seesponse
(Porifera)
Die naaldagtige stekels op seesponse
kan ’n velirritasie veroorsaak
wanneer dit teen jou
skuur.
Eina!
Die rooierige en jeukerige
veluitslag kan ’n paar weke bly.
Wat nou?
Smeer kalamynmelk
aan. Gaan dokter toe as die gejeuk
nie beter word nie.
Waar moet jy ligloop?
Seesponse komwyd verspreid
langs ons kuslyn voor.
4. Giftige Visse
Sommige visse gebruik skerp
stekels en vinne om hul gif mee
toe te dien: pylsterte, skerpioenvissoorte
(Scorpaenidae) wat
steenvis insluit, duiwelvuurvisse
(Pterois volitans), konynvisse
(Siganidae) en rooi steenbras.
Die meeste is goed gekamoefleerde,
passiewe visse, van wie
sommige op die seebodem woon.
Wanneer jy op een trap, stel hy sy
gif vry. Dele van sy stekels kan in
die wond afbreek.
Die dik, kort gifpenne van
die uiters gevaarlike steenvis kan
selfs deur ’n skoensool steek.
Pasop! Die lewer van die rooi
steenbras is altyd giftig. Dit gaan jou
dalk nie doodmaak nie, maar dit
gaan jou naar maak en maagkrampe
gee. Moenie dit eet nie.
Eina! Jy kry ’n skerp, kloppende
pyn wat ure lank kan duur. Die
wonde bloei dikwels erg. Soms
word naarheid, maagpyn, sweet,
spierswakheid, koorsigheid en
stuipe (veral by steenvis-voorvalle)
onmiddellik ervaar.
Wat nou? Spoel die beseerde deel
met baie seewater af. Hou dit daarna
vir 30 tot 90 minute of tot die pyn
opklaar in warm water (45 – 50 grade
C) sodat die hitte die gif kan afbreek.
As jy naar voel, of spierswakheid,
maagpyn of stuipe kry, moet jy
by ’n dokter uitkom.
Die stekels wat versweer, moet
soms chirurgies verwyder word.
Waar moet jy ligloop?
Oral aan ons kuslyn. Skerpioenvis
en steenvis kom veral in vlak water
rondom koraalriwwe, digte bamboes
en in rotsagtige gebiede voor.
GEVAAR!
Die enigste giftige seeslang (Pelamis
platurus) in Suid-Afrika is swart
met ’n geel maag en komaan die
kus van KwaZulu-Natal en Mosambiek
voor. Sy gif is glo tot tien maal
giftiger as dié van ’n kobra. As hy
jou byt, moenie tyd mors nie – kry
dadelik mediese hulp.
Hmm, smaaklik – maar pasop!
Dis nie net in die see waar jy vir sekere seediere moet ligloop nie. Op jou bord
kan party net so gevaarlik wees. Mossels en visse wat gifstowwe in hul liggame
opgeneem het, kan jou baie siek maak, selfs jou lewe kos.
ROOIGETY-MOSSELVERGIFTIGING
Mossels (en hier word ingesluit alle tweekleppige
skulpdiere soos mossels, oesters,
gapermossels en rooiaas) kan in rooigetytoestande
verskillende soorte vergiftiging
veroorsaak.
Rooigety kom veral aan die Weskus van
Suid-Afrika voor, meestal in die herfs en somer.
Tweekleppige skulpdiere kry die giftige
plankton deur hul filtreerstelsels in, en hoewel
die gif nie die skulpvis self siek maak nie, is dit
uiters toksies vir mense. Dit kan verlamming
veroorsaak en selfs tot die dood lei.
Daar is drie soorte mosselvergiftiging wat met
giftige plankton verband hou enwat . . .
- jou verlam,
- jou diarree gee en
- asemhalingsprobleme veroorsaak.
Dankie tog! Perlemoen, alikreukel, kreef
en vis vang nie die gifstof op nie.
Het jy geweet? Die gif breek nie af nie,
selfs al kook jy die mossels. Jy kan eers drie tot
vier maande ná ’n rooigety weer mossels in die
spesifieke gebied eet. Maak altyd eers seker by
die Red Tide Alert Desk in Kaapstad (021-434-
4457). Daar is geen tekens waaraan jy ’n besmette
mossel kan uitken nie.
1. Rooigety-mosselvergiftiging wat jou verlam
(die algemeenste)
As jy tweekleppige skulpvis eet wat giftige
plankton ingekry het, kan jy verlammende
mosselvergiftiging opdoen.
Hoe voel jy? Jy sal binne ’n halfuur tot twee
uur ná jy die besmette mossels geëet het, begin begin
sleg voel. ’n Tintelende sensasie of dooie
gevoel begin om jou mond en versprei gewoonlik
na die res van jou gesig en nek.
Daar’s ’n prikkelende gevoel in jou vingerpunte
en tone, hoofpyn, duiseligheid, ’n swewende
gevoel, sigprobleme en lamheid in jou
arms en bene.
In ernstige gevalle word jou spiere verlam
en sukkel jy om asem te haal. Asemhalingsprobleme
kan binne twee tot 24 uur ná die
besmette kos geëet is, tot die dood lei.
Hoe behandel jy dit? In minder ernstige
gevalle kan die simptome binne 36 tot 48 uur
opklaar. Daar is geen wonderkuur nie, en
daarom word die simptome behandel. As jy
asemhalingsprobleme ondervind, sal dokters
ondersteunende behandeling toepas sodat jy
nie ophou asemhaal nie.
Rooi lig: Twee tot drie besmette rou mossels
is genoeg om jou dood te veroorsaak.
2. Rooigety-mosselvergiftiging wat jou diarree gee
Dit word veroorsaak deur ’n gifstof wat
deur die Dino-physis-fitoplanktonsoort
afgeskei word.
Hoe voel jy? Binne vier uur nadat jy die
besmette mossels geëet het, sal jy begin
naar voel en diarree kry. Jy sal maagpyn en
dalk ook kouekoors kry.
Hoe behandel jy dit? Die kanse is goed
dat jy binne twee dae vanself sal herstel. Drink genoeg water om ontwatering te
voorkom. Behandeling hang af van die simptome, dus sal jy behandel word om jou naarheid, diarree, maagpyn en kouekoors te verlig.
3. Giftige lug: Die aërosol-rooigety
’n Sekere soort fitoplankton, die Gymnodiniumspesie,
vervaardig ’n neurotoksien wat in die lug
oplos en maklik deur swemmers en branderplankryers ingeasem
kan word. Moet liefs nie tydens rooigety swem nie.
Hoe voel jy? Jou oë, neus en keel raak geïrriteerd. Jy
hoes en nies en sukkel om asem te haal. In sommige
gevalle kan die gifstof tot ’n asma-aanval lei.
Hoe behandel jy dit? Dokters sal behandeling
toepas om die oog-, neus- en keelirritasies te verlig,
en asemhaling te ondersteun. Asma sal behandel
word met ’n brongodilator-pompie en kortisoon kan
ook nodig wees.
VISVERGIFTIGING
(ook bekend as skombroïed-vergiftiging)
Gewilde eetvisse soos Kaapse geelstert, tuna en
makriel kan dié soort vergiftiging veroorsaak. ’n
Verhoogde histamienvlak in dié vissoorte veroorsaak
skombroïed-vergiftiging, waarvan die oorsaak
nog onbekend is. Hoewel dit steeds skaars is, begin
ál meer gevalle van skombroïed-vergiftiging die
afgelope paar jaar in Suid-Afrika en wêreldwyd kop
uitsteek. Dit help om visse so gou moontlik te verwerk
en te preserveer ná hulle gevang is. Skombroïed-
vergiftiging moenie verwar word met visse
wat bederf het en jou sodoende voedselvergiftiging
gegee het nie.
Hoe voel jy? Dit kry ’n sterk, peperagtige smaak in
jou mond nadat jy ’n aangetaste vis geëet het. Jy kan
ook ’n tintelende sensasie om jou mond en op jou
tong voel. Binne tien minute tot twee uur volg warm
gloede wat teen die nek en op die bors uitslaan. Jy
voel ook naar, jou keel begin brand en jy kan hartkloppings
kry. ’n Kloppende hoofpyn en maagkrampe
is algemeen, en diarree kan volg. Asmalyers kan
asemhalingsprobleme kry.
Die simptome duur baie selde langer as ses uur.
Die meeste gevalle van skombroïed-vergiftiging is
lig en nie lewensgevaarlik nie, en klaar gewoonlik
vanself ná ses tot 24 uur op. Dit kan wel ernstiger
wees by ouer mense, mense met ’n hartkwaal of
asmalyers.
Hoe behandel jy dit? Antihistamiene is doeltreffende
behandeling. Kry altyd mediese hulp.
Dr. Gerbus Müller se wenke
- Moenie vis eet wat deur die mense van die
omgewing as moontlik giftig beskou word nie, al is
dit in ander viswater ’n gesogte eetvis.
- Moet nooit skulpvis eet wat tydens rooigety uitgehaal
is nie.
- Moenie aftreksel maak van aangetaste visse nie.
- Moenie besmette skulpvis eet nie – selfs al het jy dit
gekook. Die gewone kook- of gaarmaakprosesse
vernietig gewoonlik nie die toksiene nie.
Let wel: Skulpvisvergiftiging
is nie dieselfde as
skulpvisallergie nie
Volgens kenners is skulpvis een van die kosse
wat verantwoordelik is vir die meeste lewensgevaarlike
allergiese reaksies. Algemene
simptome sluit vel-, maag- en asemhalingsprobleme
in. ’n Antihistamienmiddel help
gewoonlik. Gaan na Health24 (www.health24.
com) se afdeling ‘‘Diet & Food’’ vir nog inligting
oor seekos-allergieë.
Daar is ook oulike en mooi visse in die see
Moenie dat die bloublasies en seekastaiings jou die see uitdryf nie.
Dele van die Suid-Afrikaanse kus – veral die KwaZulu-Natalse Noorden
Suidkus – spog met asemrowende seelewe. Klein ‘‘Nemo’’-vissies
en ander helderkleurige tropiese visse en koraalriwwe komnoord
van Sodwana voor. Verder noord aan die Mosambiekse en Keniaanse
kus, en oos by die Seychelle-eilande, Mauritius en Madagaskar, sal jy
jou kan vergaap aan die kleurryke onderwaterlewe
Huisgenoot Pols Somer 2007/8
|