Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
Stem cell miracles
A transplant of a windpipe using stem cells has given a woman a new lease on life.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 HG Pols Des 2007
 
Astrante klein kalant!

Malaria eis meer lewens in Afrika as vigs of enige ander siekte. Kinders ly die kwaaiste daaronder en elke 30 sekondes eis malaria die lewe van ’n Afrikakind

Voorkom malaria só
BEPLAN jy ’n besoek aan die noordoostelike dele van Limpopo, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, die Krugerwildtuin, of Afrika suid van die Sahara, Sentraal- of Suid-Amerika of enige tropiese gebied van Asië? Dan moet jy ses weke voor jou vertrek by jou dokter of apteker vasstel watter middels jy moet gebruik.

  • Spuit muskietwerende aërosol op jou vel, slaap onder ’n muskietnet en tussen lakens wat met muskietweerder behandel is en dra langmouhemde en langbroeke vroegoggend en skemertyd wanneer muskiete op hul bedrywigste is.
  • Besoek jou dokter as jy enige griepsimptome het ná afloop van ’n besoek aan ’n malariagebied en nadat jy opgehou het om malariavoorkomingsmiddels te drink.

Drink my!
Nie een voorkomingsmiddel is 100 persent doeltreffend nie, maar dit sal dom wees om géén middels te gebruik nie. Chlorokwien kan slegs gebruik word in gebiede sonder chlorokwien-weerstandige malaria.

Gebruik Malarone, doksisiklien of primakien in chlorokwien-weerstandige gebiede. Een van metlokien se onaangename newe-effekte is dat dit mense laat dink hulle word gek.

Die malariaparasiet word ook nou weerstandig daarteen. Sommige middels is nie geskik vir klein kinders, swanger vroue en porfirielyers nie.

Wat lok muskiete?
Het jy al ooit gewonder waarom muskiete jóú altyd byt? Navorsing het bevind dat muskiete sterk voorkeure en afkere het. Hier is ’n paar feite – sommige wetenskaplik bewys, en ander slegs vermoedens – oor wie muskiete die graagste teiken.
Muskiete:

  • verkies blondines bó donkerkoppe
  • hou meer van kinders as van grootmense
  • pyl af op vroue wat ovuleer
  • is gek na stink voete
  • hou van parfuum met ’n soet reuk
  • word aangelok deur melksuur – veral as jou liggaam dit natuurlik ná harde oefening vrystel
  • hou van jou as jy sekere medisynes, soos dié vir die hart, bloeddruk, en hoë-cholesterol gebruik

10 Natuurlike muskietweerders

  • Kaneelolie
  • Sitronella-olie
  • Bloekomolie
  • Kasterolie
  • Roosmarynolie
  • Sitroengras
  • Sederolie
  • Naeltjie-olie
  • Malva-olie
  • Pepermentolie

Dié natuurlike produkte sal muskiete weer, maar moet al om die twee uur aangewend word, berig About.com.

Natuurlike produkte is nie noodwendig veiliger of so doeltreffend soos chemiese produkte nie, en die vervaardiger se aanwysings moet ten alle tye gevolg word.

’n Irriterende gelui
’n Suid-Koreaanse maatskappy het ’n selfoon ontwerp wat na bewering muskiete afweer. Die foon stuur ’n sein uit wat onhoorbaar is vir die menslike oor en wat muskiete binne ’n meter-omtrek verjaag.

’n Natuurlike broeikas
Aardverhitting mag lei tot ’n styging in malariagevalle. Hoër algemene temperature sal lei tot hoër reënval, wat gunstige toestande skep vir die aanteel van muskiete.

Waarom muskiete nie MIV versprei nie
Wanneer ’n muskiet jou byt, word daar geen bloed oorgedra van die muskiet na jou nie. Bloed word net onttrek.

Siektes soos geelkoors en malaria kan oorgedra word in die speeksel waarmee die muskiet jou inspuit om maklik te kan eet, maar nie MIV nie. Dié virus kan ook nie deur insekte hervervaardig word nie.

Navorsing het bevind dat muskiete die MI-virus as voedsel beskou. Die virus word saam met die bloed verteer. Muskiete wat dus op MIV-positiewe bloed voed, verwerk alle tekens van die virus voordat hulle hul volgende slagoffer takel.

10 Muskiet-feite

  • Slegs wyfiemuskiete byt. Hulle gebruik die proteïene in die bloed om eiers te vervaardig
  • Muskiete sien in infrarooi wat hul prooi se liggaamshitte wys
  • Selfs in pikdonkerte sal ’n muskiet reguit na sy prooi toe vlieg
  • Wyfiemuskiete word maklik drie maande oud, tewyl mannetjies skaars twintig dae haal
  • Siektes wat deur muskiete oorgedra word veroorsaak meer mense se dood as enigiets anders
  • Afhangend van hoe warm dit is, sal muskieteiers binne vier tot sewe dae tot volwasse muskiete ontwikkel
  • Meer babas en kinders word deur muskiete gebyt as deur enige ander insek.
  • Nektar en sap is muskietkos; hulle benodig bloed net vir hul eiers
  • Die mens is nie noodwendig muskiete se gunstelinggereg nie. Volgens navorsing gedy hulle op voëls en ander plantetende diere
  • Mense trek muskiete aan deur hitte en chemiese stowwe wat die liggaam afgee. Die koolsuurgas wat ons uitasem, is die grootste trekpleister

Kliek hier vir alles wat jy wil weet van Malaria


 
Previous article: Next article:
Nuwe deurbrake Bly speel-speel fiks
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Mediese nuus brokkies
Astrante klein kalant!
Bly speel-speel fiks
Nuwe hoop vir diabeteslyers
Eksklusief: As kinders diabete is
Eksklusief: Tipe 2-Diabetes
Shaun Pollock - op sy tuisveld
Van die hemel tot die dieptes van die hel
Ons het bly lewe!
Dieetklubs: Kaf of koring?
Kettingreaksie
Hier kom die son
Die dokter in jou koskas
Só verdrink jou brein in drank
JOU BREIN
Diere dink ook
See-angels
Red 'n lewe
Sien met klank
Sak en pak
’n Nag in die lewe van ’n noodsorg-paramedikus
Kuberdok
Kuberveearts
Donker Liefde
Die manlike brein
Hg-Pols Blokraai Nommer 2
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Word fiets fiks: Inleiding tot oefenprogramme
Word fiets fiks: Die oefenprogramme
A step mom's story
Redakteursbrief
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement