Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
How UV hurts
Suntan, sunburn, ageing. The sun can affect your skin in many ways. How does it work?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 Somer 2007/08
 
Kuberveearts

Health24.com se veearts, dr. Cedric Tutt, en die dieregedragskenner Karen Gray-Kilfoil beantwoord vrae oor dieregesondheid.

1. V: Ek is bekommerd oor my hond naby my baba wat binnekort gebore gaan word. Wat staan my te doen?

A: Baie ouers is met reg besorg oor die veiligheid van hul pasgebore baba in die teenwoordigheid van ’n hond. Daar ís ’n hele paar dinge wat jy kan doen om jou baba se veiligheid te verseker.

As jy nou al voorsorg tref, is die stryd halfpad gewonne. Begin deur jou honde ’n bietjie minder afhanklik van jou te maak en die volgende te doen:

  • As jy gereeld met jou honde gaan stap, gaan stap nou met die stootwaentjie en neem die honde een-een saam, maar moet hulle nie aan die waentjie vasbind nie. As dit nie moontlik is om self met hulle te gaan stap nie, kry iemand anders om dit te doen.
  • Oefen met ’n teddiebeer of pop wat jy liefkoos, ronddra en in die stootwaentjie rondstoot. Die honde sal dalk aan die pop of teddiebeer se voete snuffel, maar dit nie lek of kou nie. Prys en beloon jou honde as jy in hul teenwoordigheid aandag aan die teddiebeer/baba gee. Hulle moet leer om die baba met aangename dinge te verbind, nie met verwerping of harde woorde nie.
  • Geen hond kan ten volle by kinders vertrou word nie. Skaf dus ’n speelraam en babahekkie aan – dit sal help om jou baba en die honde uiteen te hou as jy nie daar is om ’n ogie te hou nie. Jy sal miskien ook ’n ruimte moet skep waar jy die honde op ’n veilige afstand kan hou as ander babas of kinders kom kuier. ’n Afgekampte deel van die tuin met onderdak, water en ’n uitsig is die beste. Dit moet ’n plek wees waar hulle graag wil wees en waar hulle lekkernye en bene kry.
  • Wanneer jou baba uiteindelik daar is, laat die honde eers aan ’n gebruikte doek of kledingstuk van die baba ruik voor hulle met hom of haar self kennismaak. Laat die honde afsonderlik met die baba kennismaak, maar moenie weke wag voor jy dit doen nie. Doen dit so gou moontlik, sodra jy ná jou tuiskoms weer aan die gang is. Laat jou wederhelf of ’n vriend die hond beheer terwyl jy jou baba vashou.

2. V: My veearts sê my hond het giardia. Wat is dit?

A: Giardia is ’n parasitiese derminfeksie. Honde kry dit van ander honde of van staande water. Dis taamlik aansteeklik, veral in minder higiëniese toestande. Dit kan ook nogal moeilik wees om van dié parasiet ontslae te raak, aangesien geen middel volkome doeltreffend is nie.

Die siekte kan aan mense oorgedra word, maar net wanneer daar kontak met dieremis was. By mense lei dit tot maagpyn, krampe en diarree. Inenting kan dit nie voorkom nie.

Click here for our Cybervet forum


 
Previous article: Next article:
Kuberdok My verhouding met heroïen
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Mediese nuus brokkies
Astrante klein kalant!
Bly speel-speel fiks
Nuwe hoop vir diabeteslyers
Eksklusief: As kinders diabete is
Eksklusief: Tipe 2-Diabetes
Shaun Pollock - op sy tuisveld
Van die hemel tot die dieptes van die hel
Ons het bly lewe!
Dieetklubs: Kaf of koring?
Kettingreaksie
Hier kom die son
Die dokter in jou koskas
Só verdrink jou brein in drank
JOU BREIN
Diere dink ook
See-angels
Red 'n lewe
Sien met klank
Sak en pak
’n Nag in die lewe van ’n noodsorg-paramedikus
Kuberdok
Kuberveearts
Donker Liefde
Die manlike brein
Hg-Pols Blokraai Nommer 2
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Word fiets fiks: Inleiding tot oefenprogramme
Word fiets fiks: Die oefenprogramme
A step mom's story
Redakteursbrief
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement