|
Die dokter in jou koskas
Eet die regte kos op die regte tyd, en jy gaan beter voel en gesonder wees
Deur Mari Hudson, uit PlusMinus Eetplan, feite nagegaan deur dieetkundige
Moegheid. Depressie. Osteoporose. PMS. Migraine. Ja, ‘n mens kán hierdie probleme met medisyne beter dokter, maar met deesdae se terugkeer na alles wat natuurliker is, het ons gaan kyk of ’n mens jou nie dalk gesonder kan eet ook nie.
Dit beteken glad nie dat jy jou voorgeskrewe osteoporosepille of depressiemiddels moet weggooi nie. Maar as jy sekere kosse eet en ander vermy, is dit dalk net moontlik dat jy jou potensiële gesondheidsprobleem in die kiem kan smoor. Met die regte dieet kan jy dalk keer dat die simptome vererger, of dalk jou toestand – saam met die gebruik van jou medisyne – genees.
Doen dit só:
1. DIE PROBLEEM
Doen jy genoeg
om osteoporose
te voorkom?
EET SO GENESEND
- Drink 3 – 4 glase melk (vetvry as jy nie gewig wil aansit nie)
per dag.
- Eet minstens 2 keer per week geblikte vis met sagte grate
soos salm en sardyne, broccoli of amandels, of neem andersins
daagliks kalsium- en vitamien D-aanvullings.
- Dit is ook belangrik dat jy minstens 2 uur per week stap,
draf of met gewigte oefen.
- Bring minstens 30 minute per dag in die buitelug deur
sodat jou liggaam voldoende vitamien D vervaardig.
VERMY DIÉ KOSSE
- Beperk die hoeveelheid koffie en
alkohol wat jy per dag drink.
2. DIE PROBLEEM
Voel jy sommer in
die middel van die
dag moeg?
EET SO GENESEND
- Eet gereelde, kleiner maaltye.
- Eet eerder lae GI-kosse as verfynde koolhidrate.
- Eet eerder volgraan- en hawersemelpap, veselryke (bran) pap, bone,
lensies, ertjies, stampmielies, stampkoring, patats, groenmielies,
bruinrys en vrugte soos appels, bessies, mango’s
en sitrusvrugte.
VERMY DIÉ KOSSE
- Suiker, soetgoed, lekkers, sjokolade
en ander kosse wat jou insulienvlak
vinnig, maar kortstondig verhoog.
3. DIE PROBLEEM
Ly jy aan
depressie?
EET SO GENESEND
- Eet gereelde, kleiner maaltye.
- Eet kos wat ryk is aan omega-3-vetsure, soos sardyne,
haring, ansjovis, snoek, tuna, forel, skelvis, makriel, salm,
kreef, garnale, okkerneute en omega-3-verrykte eiers en
melk. Dit help nie net om hartsiektes en beroerte te voorkom
nie, maar het binne dertig dae van gereelde gebruik
’n positiewe uitwerking op die gemoed.
- Eet gereelde maaltye, drink genoeg water en ander
vloeistowwe en eet tussenin versnaperings met ’n hoë
veselinhoud soos vrugte, groente, en ook laevet-jogurt en
-maaskaas om die kringloop te verbreek wat jou skielik lus
maak om enigiets te eet.
- Eet kos met ’n kalmerende uitwerking of kos wat jou slapeloosheid sal
verminder, indien nodig.
VERMY DIÉ KOSSE
4. DIE PROBLEEM
Is jy een van
8 miljoen
slapelose
Suid-Afrikaners?
EET SO GENESEND
- Eet kosse ryk aan triptofaan, want dit help om die slaaphormoon
melatonien te produseer. Goeie bronne van
triptofaan is beesvleis, kaas, vis, melk, eiers en sonneblomen
sesamsaad.
VERMY DIÉ KOSSE
- Vermy spek, suiker, ham en
tamaties en enige vetterige en soet
kosse voor slaaptyd, asook koffie
ná 16:00.
- Alkohol kan ook moontlik
slapeloosheid vererger en/of die
slaapsiklus verbreek.
5. DIE PROBLEEM
Ly jy aan
Candidiase?
(’n algemene swaminfeksie
by vroue)
EET SO GENESEND
- Volg ’n gesonde en gebalanseerde eetplan.
- Eet baie vars vrugte en groente, veselryke kos, bruinrys,
vars vis, hoender, olyfolie en hawermoutpap, en
drink baie water.
- Eet Bulgaarse jogurt of ander jogurt met probiotika.
VERMY DIÉ KOSSE
- Sommige navorsers reken dit kan
help om suiker, verfynde stysels
en kos wat deur ’n gistingsproses
gaan, bv. kaas, vir ’n rukkie te
vermy.
6. DIE PROBLEEM
Ervaar jy kwaai
simptome van
PMS? ’n Allemintige
80 persent
van vroue ly aan
PMS, en 10 persent
van hulle het
hewige simptome.
EET SO GENESEND
- Moenie ’n ete oorslaan of langer as drie uur wag voor jy
iets eet nie.
- Eet proteïene met jou middag- en aandete.
- Drink elke dag tien glase vloeistof waarvan minstens vier
water moet wees.
- Sorg dat jy minstens vyf porsies vrugte en groente per dag
eet, veral groen blaargroente.
- Sorg dat jy voldoende magnesium, yster, sink, chroom,
omega-3-vetsure en vitamiene A, B, C en E inneem. Drink ’n
aanvuller indien nodig.
- Eet minstens twee keer vis terwyl jy premenstrueel is.
- Verhoog jou inname van komplekse koolhidrate (lae-GIkosse).
VERMY DIÉ KOSSE
- Vermy alkohol en kafeïen (in koffie,
tee, koladrankies) en sjokolade.
- Vermy groot hoeveelhede verfynde
suiker in lekkers, koekies en koek.
- Neem so min verfynde koolhidrate
en vetterige kos moontlik in.
- Gooi so min sout moontlik oor
jou kos.
7. DIE PROBLEEM
Wil jy jou
weerstand teen
siektes verhoog?
EET SO GENESEND
Verhoog jou immuniteit deur die volgende te eet:
- kos ryk aan vitamien C (alle sitrusvrugte, papaja,
aarbeie, koejawels, kool, broccoli, soetrissies)
- kos ryk aan betakaroteen (pampoen, patat, botterskorsie,
broccoli, spinasie, geelperske)
- kos ryk aan omega-3-vette (olierige vis en omega-
3-verrykte kos)
- kos ryk aan sink (vis, skulpvis – veral oesters, vleis,
hoender, eiers, kaas, melk, grondboontjiebotter en
onverwerkte koring en graankosse)
- kosse met probiotika soos Lactobacilli (jogurt en ander
produkte wat Lactobacilli- en Bifidobacteriakulture
bevat)
En as jy verkoue kry of siek word, kan kosse wat
vitamien C bevat, help om die siekte te beveg.
VERMY DIÉ KOSSE
Vetterige kos en te
veel alkohol.
8. DIE PROBLEEM
Ly jy aan stres?
EET SO GENESEND
- Drink kruietee en ander kalmerende drankies om jou stres
te verminder: kamille-, suurlemoen-, laventel- en valeriaanse
kruietee met ’n teelepel heuning daarin.
Maar maak seker dat die meeste van jou koolhidrate ’n lae
GI het vir volgehoue energie. Pasta, bruinrys, droëbone
en patats is goeie voorbeelde.
- Hou ’n voorraad wortels,
selderystokkies, springmielies sonder botter en ryskoekies
met Marmite byderhand.
- Eet gereelde maaltye en eet tussenin versnaperings met ’n
hoë veselinhoud, vrugte, groente, laevetjogurt en maaskaas
om die kringloop te verbreek wat jou skielik lus maak
om enigiets te eet.
- Eet kos wat jou kalmeer en ’n aangename mondgevoel of
smaak gee, of kos waaraan jy mooi herinneringe heg.
Eet vis wat hoog is in omega-3-vetsure.
VERMY DIÉ KOSSE
- Moenie maaltye oorslaan nie.
- Vermy hoë GI-koolhidrate soos
verfynde stysel, witrys en wit- en
bruinbrood, tensy jou energievlak so
laag is dat jy onmiddellik ’n bietjie
energie nodig het.
- Gebruik alkohol matig.
- Vermy rook.
9. DIE PROBLEEM
Kry die menopouse
jou onder?
EET SO GENESEND
- Sluit sojabone in jou dieet in. Dit bevat lae-GI-koolhidrate en
proteïene, en help moontlik vir sommiges om warm gloede
en ander simptome van menopouse te verlig. Dit help
moontlik ook om die risiko vir hartsiektes te verminder.
- Eet gereelde maaltye en konsentreer op lae-GI-kosse om
skielike kosluste, wat gemoedskommelings kan vererger, in
bedwang te hou.
- Drink kalmerende drankies soos kamille-tee en eet triptofaanryke
kalmerende kosse soos melk, vleis, vis en kaas
indien jou gemoed gou omgekrap en deurmekaar raak.
VERMY DIÉ KOSSE
- Vermy koffie en alkohol, kerrie en
ander sterk gegeurde kosse wat jou
warm gloede kan vererger.
10. DIE PROBLEEM
Ly jy aan
migraine?
EET SO GENESEND
- Hou dagboek van jou migraine en die kosse wat jy vooraf
geëet het sodat jy patrone kan uitken.
- Volg ’n gebalanseerde eetplan wat vyf vrugte en groente
per dag insluit en eet liefs vyf tot ses kleiner maaltye pleks
van twee of drie groot etes per dag.
- Eet vrugte, groente, patats, hawermoutpap of ander kos
wat meer volgehoue energie verskaf.
- Sorg dat jy saans minstens sewe tot agt uur slaap, en oefen
minstens twee uur per week.
- Drink baie water om jou van ’n migraine te help herstel.
Vermy kos wat baie koud is soos roomys.
VERMY DIÉ KOSSE
|