Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
Stem cell miracles
A transplant of a windpipe using stem cells has given a woman a new lease on life.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 HG Pols Des 2007
 
Mediese nuus brokkies

Jy en daardie gevreesde vorm van TB

Enigiemand met tering wat nie sy TB-medisyne elke dag presies volgens doktersvoorskrif drink nie, kan XDR-TB, die uiters middelweerstandige en potensieel dodelike vorm van TB kry.

Ook kan enigiemand met MIV/vigs of wat ’n verswakte weerstand het dié vorm van TB aansteek by ’n XDR-TB-lyer. Sowat 350 gevalle is al in Suid-Afrika opgeteken, maar kenners meen daar kan heelwat meer wees.

Die simptome van XDR-TB is dieselfde as vir dié van tuberkulose (TB), wat gewoonlik maklik behandelbaar is. Dit begin met ’n droë hoes wat later ’n slymhoes word en gepaardgaan met borspyn, moegheid, gewigsverlies, gebrek aan eetlus, aamborstigheid en kortasemigheid.

By sommige mense kom en gaan die koors; hulle sweet baie en het diarree. Een van die grootste probleme met die diagnosering van XDR-TB is dat jy twee tot vyf maande op die uitslag van die toetse moet wag. Niemand weet of XDR-TB genees kan word of nie. Suid-Afrikaanse wetenskaplikes sal eers teen Junie 2008 weet of die mense wat tans vir XDR-TB behandel word, op die middels reageer.

Voorkom XDR-TB só:

* Maak seker dat iemand met TB-simptome by ’n dokter kom en sy medisyne getrou drink.

* Moedig TB-lyers aan om in ’n sneesdoekie te hoes of spoeg, en dit dan onmiddellik in ’n toilet weg te spoel. Die bakterieë kan ’n dag lank in ’n sakdoek oorleef.

* Verstaan waarom verpligte isolasie van XDR-TB-pasiënte dalk al uitweg is om die verspreiding van dié dodelike TB te stuit. (Elsabé Brits, Die Burger)

Kliek hier vir meer oor tuberkulose

Tot 70 %
van gevalle van servikale kanker kan voorkom word as alle tienermeisies en –seuns met ’n nuwe entstof bekend as Gardasil ingeënt word. Servikale kanker is die tweede algemeenste kanker onder vroue. Dié entstof is baie doeltreffend teen vier belangrike stamme van die menslike papilloomvirus wat kanker en veneriese vratte veroorsaak. (Health24.com)

Kliek hier vir meer oor servikale kanker

Om beter te kan sien

Brillense wat digitaal vervaardig en geslyp word, is nou vir die eerste keer in Suid-Afrika beskikbaar. Die lense is dunner en platter as ooit, stel jou in staat om die wêreld in nog skerper fokus te sien en verbreed ook jou gesigsveld.

Die nuwe digitale-vervaardigingsproses kan op byna enige soort lens toegepas word, en maak hulle nie duurder as ander lense nie. Kry nadere besonderhede by jou oogkundige.

Selfone en kanker

Dis nou só. Die gebruik van ’n selfoon KAN breinkanker veroorsaak.

As jy ’n selfoon al tien jaar lank gebruik, is jou kanse hoër om sekere soorte breingewasse te ontwikkel, aldus die nuutste navorsing van die Sweedse onkoloog dr. Lennar Hardell en sy kollegas aan die Orebo-universiteitshospitaal.

Na bewering loop langtermyngebruikers dubbel die risiko om glioom, ’n dikwels kwaadaardige breinkanker, te ontwikkel en hulle loop ook 2,4 keer die risiko om akoestiese neuroom te ontwikkel – ’n kwaadaardige gewas wat kan lei tot gehoorverlies en breinskade.

Hierdie gewasse is meer geneig om te groei aan dié kant van jou kop waar jy jou foon hou – vir die meeste van ons is dit ons regterkant. Kinders is veral vatbaar vir selfoonbestraling, omdat hul skedels dunner is.

Sekere kankers ontwikkel oor dekades heen, en begin nou sigbaar word. Navorsers gaan ook begin ondersoek instel na die moontlike verbintenis tussen selfone en ander soorte breingewasse, gehoorverlies, die toenemende risiko van beroerte, bestralingskade aan die oë en testikels, Alzheimer se siekte en Parkinson se siekte.

Dit sal net verstandig wees om jou selfoon versigtig te gebruik:
• Verminder jou blootstelling aan selfoonbestraling deur minder tyd op jou selfoon deur te bring.
• Vergroot die afstand tussen jou en jou selfoon. Gebruik ’n Bluetooth-oorstuk en hou die foon so ver moontlik weg van jou liggaam as jy gesels.


 
Previous article: Next article:
  Muskiete en malaria
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Mediese nuus brokkies
Astrante klein kalant!
Bly speel-speel fiks
Nuwe hoop vir diabeteslyers
Eksklusief: As kinders diabete is
Eksklusief: Tipe 2-Diabetes
Shaun Pollock - op sy tuisveld
Van die hemel tot die dieptes van die hel
Ons het bly lewe!
Dieetklubs: Kaf of koring?
Kettingreaksie
Hier kom die son
Die dokter in jou koskas
Só verdrink jou brein in drank
JOU BREIN
Diere dink ook
See-angels
Red 'n lewe
Sien met klank
Sak en pak
’n Nag in die lewe van ’n noodsorg-paramedikus
Kuberdok
Kuberveearts
Donker Liefde
Die manlike brein
Hg-Pols Blokraai Nommer 2
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Word fiets fiks: Inleiding tot oefenprogramme
Word fiets fiks: Die oefenprogramme
A step mom's story
Redakteursbrief
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement