Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
Stem cell miracles
A transplant of a windpipe using stem cells has given a woman a new lease on life.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 HG Pols Des 2007
 
Bly speel-speel fiks

Sandra roei, Jacques speel aksiekrieket en Elana boks. Ál meer mense kies ander maniere as ’n gesweet in ’n gim om fiks te bly. Hoe vergelyk die oefening wat gholf bied, met ’n strawwe gimsessie? Die sportwetenskaplike Trevor Allen en die biokinetikus Pea Blaauw sê wat hulle dink
Deur Betina Louw

SANDRA PRINSLOO
Aktrise en regisseur.
WILLEM VAN RIET
Oud-Springbokroeier, regsman en hoof van die Vredesparkstigting.

Wat:
Hulle roei saam op ’n dam of in die see. Sandra stap ook elke dag en doen joga en Pilates.
Waarom:
Sandra: “Roei is meer as net oefening; dis ’n hele ervaring wat jou binne minute uit die stadsgedruis die natuur in vat. Dit is uitstekende oefening vir die sagte boarms, rug en bene en oefen veral jou rug- en maagspiere.’’
Willem: “Ek roei van kleintyd af, maar vir my is dit nie net ’n sport of manier om te oefen nie. Ek het al die riviere van Afrika in my kano verken en so is my belangstelling in natuurbewaring aangewakker.’’
Wanneer:
Sandra en Willem probeer om ’n uur lank drie keer per week te roei – oor naweke en op vakansiedae twee keer per dag, meestal op die dam, maar soms ook in die see.
HG-Pols se kundiges sê:
“Kajakroei is, soos boks, ’n sportsoort wat baie vaardighede vereis. Jy moet konsentreer om jou liggaam regop te hou en die maag- en rugspiere moet hard werk om te keer dat jy omval.
Roei is ’n oefening van matige intensiteit, en om fiks te word, moet jy minstens ’n uur op ’n slag roei. Die grootste voordeel is die verbetering van die kernstabiliteit van die liggaam en dus die postuur.’’
Kosvergryp:
Sandra se gunsteling is samoesas, Willem s’n slap tjips.
Kilojoules verbrand:
As Sandra ’n uur lank teen ’n matig flinke pas roei, sal sy sowat 1200 kJ verbrand (net soveel soos ’n uur se flink stap), en as sy teen ’n strawwe pas roei, sowat 1 800 kJ (net soveel soos ’n stewige sessie in die gim).
As Sandra ’n uur lank drie keer per week roei en elke dag stap, kan sy met al die oefening net vyf groot samoesas (150 g elk) benewens haar gewone maaltye eet sonder om gewig aan te sit. ’n Enkele samoesa bevat byna 3 000 kJ.
Willem sal, omdat hy groter is en sterker kan roei, met ’n strawwe roeisessie binne ’n uur 2 200 kJ verbrand. Dis soveel soos met ’n harde uur lange oefensessie in die gimnasium.
Vir elke uur wat hy oefen, sal Willem net ’n klein pakkie (150 g, sowat 2 000 kJ) slap tjips kan eet sonder dat hy vet sal word, mits hy nie te veel ander “sondekos” eet nie.
Blink idee
As ’n mens drie uur lank per week teen ’n matige pas roei én gesond eet, kan jy ’n halwe tot een kilogram per maand verloor. As jy elke dag ’n uur lank flink stap ook, kan jy nog 1 kg verloor. Jy kan natuurlik meer eet en drink en saam met die oefening die lewe geniet.

JACQUES BLIGNAUT
Vince van 7de Laan

Wat:
Aksiekrieket.
Waarom:
“Ek verkies ’n vinnige sportsoort met baie aksie. So kry my hele lyf oefening.”
Wanneer:
Spanoefening van ’n uur en ’n half een keer per week en ook een wedstryd weekliks.
HG-Pols se kundiges sê:
“Aksiekrieket is ’n sportsoort met ’n vinnige tempo en hoë-intensiteit- aksie. Die grootste voordele van aksiekrieket is dat dit ratsheid verbeter, asook reaksietyd, konsentrasie en hand-oog-koördinasie.”
Kosvergryp:
Sjokoladekoek.
Kilojoules verbrand:
As jy ’n uur lank aksiekrieket speel, sal jy sowat 1 600 kJ verbrand. Dit is net soveel soos om ’n uur lank in die gimnasium te oefen, of ’n uur lank teen ’n matige pas te draf. Jacques kan vir die drie uur per week dat hy aksiekrieket speel, twee snye sjokoladekoek eet sonder dat hy vet word. Of anders gestel: As jy buiten jou gereelde etes twee snye sjokoladekoek per week eet en geen oefening doen nie, sal jy beslis gewig aansit.

ROXY LOUW
Model, branderplankryer en dogter van oud- Springbok Rob Louw

Wat:
Branderplankry en oefen in die gimnasium.
Waarom:
“Branderplankry is vir my meer as net oefening. Dis ook ’n geestelike en emosionele ervaring.”
Wanneer:
Omtrent drie keer per week vir twee uur. Tydens vakansies soms ses uur elke dag.
HG-Pols se kundiges sê:
“Branderplankry is uitstekende oefening vir alle spiere. Roxy gebruik heeltyd haar arm-, borskas- en skouerspiere terwyl sy stroomop roei en wag vir die regte brander. Die been-, maag- en rugspiere word gebruik om jou regop te lig en op die branderplank te balanseer.’’
Kosvergryp:
Pakke en pakke jellielekkers!
Kilojoules verbrand:
Roxy sal omtrent 2 000 kJ verbrand vir elke uur dat sy branderplankry. Dit beteken sy verbrand 12 000 kJ as sy drie keer per week vir twee uur oefen. Sy kan dus elke week vyf 150 gpakke jellielekkers eet sonder om ’n gram gewig aan te sit. Een 150 g-pak jellielekkers bevat sowat 2 250 kJ. Boonop is die vetinhoud van jellielekkers bykans nul.
Blink idee:
As jy ses uur per week branderplankry en boonop gesond eet, kan jy tot 3 kg per maand afskud.

NICO PANAGIO
Akteur/TV-aanbieder

Wat:
Fietsry en oefen in die gimnasium.
Waarom:
“Ek is mal oor die buitelug en fietsry laat my deel van die omgewing voel. Dis goeie oefening en jy kan jou fiets oral saamneem.”
Wanneer:
Drie keer per week vir ’n uur, hoewel dit soms moeilik is om dit in te pas. Vakansies byna elke dag twee uur.
HG-Pols se kundiges sê:
“Dié intensiewe sportsoort is baie goeie oefening vir al die beenspiere. Jy sal boonop baie krag en uithouvermoë opbou as jy gereeld vir lang ente op ongelyke pad ry. Dit versterk ook die spiere van die skouers, maag en rug.”
Kosvergryp:
Sjokoladeroomys.
Kilojoules verbrand:
Nico sal 1 280 kJ verbrand vir elke uur dat hy teen ’n matige pas fietsry. As hy drie uur elke week fietsry, kan hy vier groot skeppe roomys eet sonder om gewig aan te sit.
Een skep (100 g) sjokoladeroomys bevat ongeveer 900 kJ. As hy teen ’n flink pas van 15 km per uur trap, sal hy elke uur 2 016 kJ verbrand. Hy sal dan nóg drie en ’n half skeppe roomys kan eet sonder om gewig aan te sit.
Blink idee: As jy drie keer ’n week ’n uur lank teen ’n matige pas fietsry en gesond eet, kan jy 1 kg gewig per maand verloor, en as jy teen ’n stywe pas oefen, kan jy tot 2 kg per maand afskud.

ELANA AFRIK
TV- en radio-aanbieder (5FM, Kwêla en JIP op kykNET, en nog meer)

Wat:
Boks.
Waarom:
“Dis lekker én dis goed vir selfverdediging – vra my, ek het dit al toegepas. In my huis is daar ook ’n oefenfiets en ’n trampolien.”
Wanneer:
Gewoonlik twee keer per week, elke keer ’n uur . . . as sy nie te besig is nie.
HG-Pols se kundiges sê:
“Boks is ’n uitstekende manier om fikser te word. Die kort, kragtige bewegings verg baie koördinasie en die hart werk ook harder. Boks sal beslis spierkrag versterk, en uithouvermoë, ewewig, ratsheid en koördinasie verbeter. As jy verskillende kombinasies van houe en voetwerk gebruik, kan dit selfs spierkrag in die bene verbeter.’’
Kosvergryp:
Sjokolade!
Kilojoules verbrand:
Boks is verreweg die intensiefste oefening wat die meeste energie per uur sal verbrand – dubbel soveel soos ’n goeie oefensessie in die gimnasium of ’n uur se draf. Elana sal byna 3 500 kJ met slegs ’n uur se boks verbrand. Dit beteken dat sy sowat twee Bar-Ones van 100 g elk kan eet vir elke uur wat sy boks, sonder om gewig aan te sit.
As sy geen sjokolade eet nie en net gebalanseerde etes, kan sy tot 2 kg elke maand verloor met die twee bokssessies per week.

JANNIE ENGELBRECHT
Rugbylegende en wynmaker

Wat:
Gholf, branderroei en roei.
Waarom:
“Ek geniet die spel en die geselskap. Gholf is nie juis oefening nie. Branderroei en roei hou my baie fikser.”
Wanneer:
Daagliks, sommige dae ook in die gim. Hy geniet dit ook om ’n uur lank minstens tweehonderd gholfballe by die oefenbof te slaan. Hy speel twee keer per week agttien putjies.
HG-Pols se kundiges sê:
“Gholf is nie iets soos draf, swem, fietsry of roei wat jou fikser gaan maak nie. Jy speel dit vir die genot daarvan. Die grootste voordeel van gholf is meer soepelheid in die bo- en middellyf. ’n Kombinasie van gholf, boks en roei is die beste manier om die liggaam soepel te hou.”
Kosvergryp:
Lamtjops uit die Kalahari.
Kilojoules verbrand:
’n Potjie gholf verbrand meer energie as wat jy sou verwag: ’n volle 1 500 kJ vir elke uur se spel. Die roeiery en gimoefeninge help om Jannie fikser en sterker te maak, maar die 36 putjies per week is nie te versmaai nie. Met die gholfspelery verbrand Jannie gou die kilojoules van ses skaaptjops per week.

Click here to visit our fitness centre


 
Previous article: Next article:
Muskiete en malaria Deurbraakoperasie
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Mediese nuus brokkies
Astrante klein kalant!
Bly speel-speel fiks
Nuwe hoop vir diabeteslyers
Eksklusief: As kinders diabete is
Eksklusief: Tipe 2-Diabetes
Shaun Pollock - op sy tuisveld
Van die hemel tot die dieptes van die hel
Ons het bly lewe!
Dieetklubs: Kaf of koring?
Kettingreaksie
Hier kom die son
Die dokter in jou koskas
Só verdrink jou brein in drank
JOU BREIN
Diere dink ook
See-angels
Red 'n lewe
Sien met klank
Sak en pak
’n Nag in die lewe van ’n noodsorg-paramedikus
Kuberdok
Kuberveearts
Donker Liefde
Die manlike brein
Hg-Pols Blokraai Nommer 2
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Word fiets fiks: Inleiding tot oefenprogramme
Word fiets fiks: Die oefenprogramme
A step mom's story
Redakteursbrief
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement