Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
Stem cell miracles
A transplant of a windpipe using stem cells has given a woman a new lease on life.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 HG Pols Des 2007
 
JOU BREIN

Om die wêreld te kan verstaan moet die brein leer – en aanhou leer. Dit kos die brein dekades om hom van landlyn-internet na hoëspoed-breëband op te gradeer. Kom ontdek jou wonderlike brein en kyk hoe dit ontwikkel
Deur Romi Boom

MET sy 100 biljoen senuselle (neurone) en ’n ingewikkelde netwerk van vesels is die mens se brein die verwikkeldste stelsel in die bekende heelal.

Sy prosesseringsvermoë en veelsydigheid is ver bokant dié van enige rekenaar. Sy vermoë om inligting te orden, berg, onthou en gebruik, is die grondslag van die leerproses.

Net omtrent die helfte van die brein se massa bestaan uit grysstof. Die res is witstof, of stutselle, wat kortsluitings voorkom wanneer die seine van neuron tot neuron oorgedra word.

Elkeen van die vier lobbe waaruit die twee breinhelftes bestaan, het talle voue wat in verskillende stadiums volwasse word. Dit is omdat die chemikalieë wat breinontwikkeling stimuleer, in fases afgeskei word – wat ook verklaar hoekom daar “spitstydperke” vir spesifieke soorte leerprosesse en ontwikkeling is.

Verskillende dele van die brein beheer verskillende funksies. Denke, beplanning en geheue vind meestal in die boonste breingroewe (serebrale korteks) plaas.

Alhoewel die basiese boustene van die menslike brein almal reeds by geboorte teenwoordig is, is die brein in daardie stadium nog verbasend onafgerond. Die gespesialiseerde senuselle (grysweefsel of neurone) is nog nie as netwerke gekoppel nie.

Die neurone moet verbindings vorm deur middel van “uitset”- en “inset”-filamente wat impulse na en van ander neurone stuur en ontvang.

Soos ’n kind groei, word elke sel groter en swaarder namate die senuselle wat die prikkels moet gelei, ál meer word. Die “ontvanger”-vesels – dis dendriete wat soos fyn haartjies of drade lyk – kan soveel vertakkings en skakels vorm dat hulle uiteindelik seine van meer as 15 000 ander senuselle kan ontvang.

Partykeer word na hierdie komplekse netwerk as die “bedrading” of “stroombaan” van die brein verwys. Die vorming en versterking van die verbindings is die sleuteltaak van breinontwikkeling. Wanneer spesifieke bedrading nie herhaaldelik of gereeld genoeg gebruik word nie, gaan dit tot niet.

Lees die volledige artikel in die Desember uitgawe van Pols

Click here to read how teen drinking changes the brain


 
Previous article: Next article:
Jou brein en drank Diereblaaie
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Mediese nuus brokkies
Astrante klein kalant!
Bly speel-speel fiks
Nuwe hoop vir diabeteslyers
Eksklusief: As kinders diabete is
Eksklusief: Tipe 2-Diabetes
Shaun Pollock - op sy tuisveld
Van die hemel tot die dieptes van die hel
Ons het bly lewe!
Dieetklubs: Kaf of koring?
Kettingreaksie
Hier kom die son
Die dokter in jou koskas
Só verdrink jou brein in drank
JOU BREIN
Diere dink ook
See-angels
Red 'n lewe
Sien met klank
Sak en pak
’n Nag in die lewe van ’n noodsorg-paramedikus
Kuberdok
Kuberveearts
Donker Liefde
Die manlike brein
Hg-Pols Blokraai Nommer 2
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Word fiets fiks: Inleiding tot oefenprogramme
Word fiets fiks: Die oefenprogramme
A step mom's story
Redakteursbrief
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement