|
GROTER! STERKER! VINNIGER!
Die groot helde van die verlede weeg nou maar net nie op teen die fris rugbyspelers
van vandag nie. Letterlik nie! Vandag se spelers is soveel langer en stewiger as selfs
’n skrale vyftig jaar gelede. Mannetjies Roux (op die foto) was destyds 76,6 kg
teenoor vandag se senter Jean de Villiers, wat 98 kg weeg. Hy was ook 4 cm korter.
En dis nog niks nie . . . ’n Bietjie meer as honderd jaar gelede, in die tyd toe spelers
kaalvoet op klipgrond geoefen het, was ’n gemiddelde Bok omtrent 10 cm korter as
vandag. Gelukkig is daar één ding wat nie sommer sal verander nie: die ekstase van
oorwinning!
Die Burger Argiewe
|