|
Streel jou sintuie
Voel dit of die fut uit jou
liefdeslewe is? Kom weer in
aanraking met jou sensuele
kant. Dr. Eve vertel in haar
Pillowbook hóé.
Deur Dr. Eve
OP MY lessenaar by die huis is daar stapels
naslaanboeke en stukke leë papier
wat net wag om met my kreatiewe
idees gevul te word. Penne, potlode en gekleurde
koki’s staan gereed in ’n houer wat versier is met
my kind se vingerverfkuns – dis ’n geskenk wat ek by
haar gekry het toe sy drie was. My blompot is altyd vol
blomme sodat ek hul geur en prag kan waardeer wanneer
ek opkyk. Wierook brand van vroeg af en daar speel musiek; net
die ding om my in die regte stemming te bring.
My huis is ’n veilige, sensuele toevlugsoord. Die plante is gekies
omdat hulle lekker ruik en ek sorg elke paar maande vir nuwe eenjaarplante
sodat daar altyd verskillende kleurkombinasies is om my
en my gaste te stimuleer. Elke tapyt, ornament en skildery vertel ’n
storie van ’n plek, persoon of besonderse oomblik in my lewe. Visueel
en emosioneel gee dit my plesier en prikkel dit my sintuie.
Dink watter sintuig jou die meeste inspireer. Deur jou met jou gunsteling-
geure, -smake, -teksture, -musiek en -beelde te omring, sorg jy
dat jou omgewing met stimulasie en plesier gevul is.
Kyk ’n bietjie in jou huis rond. Let op watter voorwerpe en ervarings
spreek tot jou sintuie. Nooi die tapyt jou om kaalvoet daarop
te loop? Laat die geure uit die kombuis jou mond water? Speel jy
musiek wat jou na ’n goeie plek meevoer?
Kyk in jou werkplek rond. Het jy jou omring met dinge wat aan jou
sensuele plesier verskaf? Neem foto’s van jou kat of hond, jou gunsteling-
kunswerk of jou tuin en kyk gereeld daarna. Dié herinneringe sal
jou passievol laat voel oor jou alledaagse lewe.
Stap deur jou huis. Raak aan jou ornamente, boeke, plante, lakens,
handdoeke, breekware en meubels. Watter herinneringe wek dit by
jou van hoe, waar, wanneer en waarom jy dit gekoop het?
Natuurlik moet jy prakties wees en sal daar funksionele dinge in
jou huis wees, maar ook dít kan sensueel wees. As jy dalk wonder
hoe op aarde ’n sensuele kastrol lyk, onthou dat dit nie die kastrol
self is wat sensueel is nie – dis jou houding wanneer jy dit koop wat
dit sen sueel maak. Voor jy ’n kastrol koop,
vra jou af of jy hou van die vorm, kleur, reuk
en gevoel daarvan. Dan is dit nie net nog ’n
kastrol nie; dis ’n voorwerp waaruit jy genot
put en dit wakker jou sensualiteit aan.
Dit verg dié soort denkproses om ’n sensuele
leefstyl te skep. Pas dit toe op enigiets wat jy in
jou leefruimte inbring.
SKEP ’N SENSUELE SLAAPKAMER
Toe jy die eerste keer met jou lewensmaat nesgeskop het, het jy heel
moontlik ’n matras of futon op die vloer gehad. Jy was seker maar
te dankbaar vir linne wat jy by jou familie oorgeneem het en was in
ekstase toe julle saam jul eerste verwarmer gekoop het.
Namate die eerste fase van romantiese liefde oorgewaai het en
die nuutjie om die hele tyd bymekaar te wees sy glans verloor het,
het jou slaapkamer waarskynlik te klein begin raak. Jy het begin voel
dat jy graag ’n slag na jou eie musiek wil luister, of gewens dat jy net
’n private plekkie het vir jou eie plesier.
Dan bereik jy jou dertigerjare en trek na ’n groter plek, wat gou
gevul word met dinge soos TV’s, satelliet-dekodeerders en skootrekenaars.
Die huwelik, huis- en motorverbande, oorsese vakansies
en uiteetsessies beteken daar is ’n stywe pas om vol te hou. Voor jy
jou oë uitvee, is die slaapkamer vol dinge waarmee jy glad nie ’n verhouding
het nie. Hoe meer jou slaapkamer vir TV kyk of werk gebruik
word, hoe minder word dit ingespan vir seks.
Dan daag die kleingoed op en jou slaapkamer verander in ’n speelpark.
Speelgoed lê die wêreld vol en jou bedlinne ruik die ene kos.
Later begin jou tiener ure lank voor jou badkamerspieël pleks van voor
haar eie pronk. Die vinnige knippie oggendseks word ’n vae herinnering.
Dit word ál moeiliker om ’n orgasme te kry, want óf julle wag vir
die kinders om hul rekenaars af te skakel en te gaan slaap, óf jy is bang
hulle betrap julle op heter daad terwyl julle liefde maak.
Wanneer jou kinders uiteindelik die nes verlaat, het jy dalk al lankal vergeet
hoekom julle in die eerste plek ’n bed deel. Hy snork, jy lees tot laat en as julle
die slag wel liefde maak, is dit allesbehalwe bevredigend.
Dit hoef nie so te wees nie. As jy sensualiteit in jou huis inbring, is dit ’n subtiele
dog slim manier om jou seksuele drange weer te laat ontwaak. As jy sensueel
bewus is, sal jy dit makliker vind om seksueel te voel.
ONTDEK NUWE SENSASIES
Om sensueel te leef beteken dat jou bank gemaklik genoeg moet wees dat
julle saam daar kan opkrul. Is die materiaal sag genoeg om jou naakte vel te
streel? Het jy genoeg kussings vir ondersteuning as julle skielik lus raak vir seks?
Is die tapyt mooi genoeg sodat jy saam met jou maat of alleen daarop wil lê?
Is daar ’n stoel wat groot genoeg is sodat jy bo-op hom kan klim vir ’n sekssessie?
Hou jy ’n voorraad skoon, potensieel interessante seksspeelgoed in jou kombuis?
Dink net: ’n verestoff er om mekaar mee te kielie, borsels om mekaar se
rug saggies mee te streel, selfs slaplemmesse en houtlepels vir ’n seks-strafsessie
of twee . . .
As jy jou een sintuig ontneem, sal jou ander sintuie verskerp. Om geblinddoek
te wees gee jou ’n wonderlike gevoel van sintuiglike afwagting. Met mekaar se
toestemming kan jy en jou maat beurte neem om verskillende sensasies te ervaar
– lek, byt en krap mekaar en gee mekaar liefdevolle houtjies met verskillende
voorwerpe en seksspeelgoed. Eksperimenteer met warm en koue sensasies, voer
mekaar onverwagte smaaksensasies en smeer olie, sjokolade of vonkelwyn aan
mekaar se lyf om agter te kom wat dit is wat jou prikkel.
SKEP JOU BOUDOIR
Die verleidelike atmosfeer in my slaapkamer
is ’n versoeking op sigself. Ek sien altyd uit
na die eerste keer dat ek my spesiale ruimte
betree – die blinkertjies op my Indiese dekens
knipoog skitterend in die lig, spieëls
en erotiese kunswerke wink my nader en my
kristallamp werp ’n rooi gloed oor die kamer.
Boeke staan op my bedkassie gestapel en
die CD-houer bevat ’n groot verskeidenheid
musiek. My sintuie word aangevuur deur die
belofte van plesier.
Dink aan die wonderlikste slaapkamer wat jy
al gesien het – een waarin jy die meeste op jou
gemak, vol passie en sensueel gevoel het. Hoekom
het dit jou so fantasties laat voel? Tot watter
sintuie het dit gespreek? Kan jy ’n boudoir
skep wat jou weer só kan laat voel? Jy hoef nie
baie geld uit te gee nie, dink bloot skeppend.
Gee jou verbeelding vrye teuels.
Wees kreatief met beligting as jy selfbewus is
oor hoe jy lyk. Skep sagte beligting met kerse of
gooi ’n gekleurde lap oor jou lamp. In haar boek
How to Tell a Naked Man What to Do stel Candida
Royalle voor dat jy nie die kers naby die
bed sit nie, sodat die lig nie direk op jou gesig
en lyf skyn nie. Jy dink dalk dis beter om die kat
in die donker te knyp omdat jou maat nie dan al
jou liggaamsfoute kan sien nie. Die naakte
waarheid is dat die donker nie juis sal help om
jou op te werk en tot aksie te bring nie. Jou
maat sal ook nie juis gestimuleer wees nie.
Laat hy jou ook met sy oë liefkoos, selluliet en
al. Verskillende materiale op jou bed sal jou lyf
verskillende sensasies laat ervaar. Vou ’n sysarong
oor jou lyf, sorg dat daar ’n fl uweel- of
chenille-deken is en slaap op lakens van suiwer
katoen. As jy dit verkies, voeg kristalle by wat in
die sonlig skitter, en gebedeklokkies om jou
wakker te klingel.
Hou erotiese verhale of foto’s wat jou prikkel
langs jou bed. Of hou die skootrekenaar byderhand
vir aanlyn-prikkels. Musiek kan ’n atmosfeer
skep en ’n stemming verander. Of dit nou
’n danstreff er of Barry White is, laat jou lyf vrylik
op maat van die musiek beweeg.
TUISSPEL
- Kies musiek, materiaal, kos of parfuum (of ’n kombinasie)
wat jou kussingstories simboliseer. Nie lank nie,
of jy sal dit met jou seksuele en sensuele plesier begin
vereenselwig.
- Vul jou sensuele ontdekkingsjoernaal met die dinge wat
jou sintuie stimuleer. Spuit die bladsye met jou gunsteling-
parfuum. Plak stukkies materiaal van verskillende
teksture daarin om aan te raak. As jy weer met vakansie
of op ’n romantiese afspraak is, neem ’n blom uit die
blompot of pluk ’n blaar daarvan af om in jou joernaal
te sit as herinnering. Laat jou sensuele leefstyljoernaal
’n sensasie-dagboek wees wat jou leefstyl weerspieël.
Jy sal verbaas wees oor die sensuele en lekker gevoel
waarmee dit jou laat elke keer dat jy aan jou boek werk
of daardeur blaai.
- Maak ’n lysie van jou gunsteling-kossoorte en -speserye.
Eet jy genoeg daarvan? ’n Mens eet dikwels kos omdat
dit gesond is en nie noodwendig omdat dit lekker is nie.
Soos ryskoekies! Maar ryskoekies wat dik gesmeer is
met roomkaas en ’n skerperige sousie, kan ’n sensasionele
maaltyd wees. Sorg dat jy elke dag iets eet wat vir
jou lekker smaak.
- Skep jou eie boudoir wat gewy is aan jou geliefkoosde
sintuie. As jy byvoorbeeld van fl uweel hou, skaf ’n fl uweelkussing
aan.
- Sorg dat jy spesifi ek dié sintuie stimuleer wat jy afskeep.
As jy selde proe wat jy eet, wees meer oplettend. Spits
jou ore vir verskillende klanke. Luister na musiek waaraan
jy nie gewoond is nie. Let op hoe jou lyf daarop reageer.
- Koop met jou sensuele plesier in gedagte. As jy byvoorbeeld
seeppoeier koop, besluit eers of jy van die ontwerp
en geur hou. Sal dit jou plesier verskaf?
- Maak gebruik van wat jy in jou huis het. Herrangskik
jou meubels, skilderye en ornamente, pas ’n “sensuele
skoonmaaksessie” toe en gooi alles weg wat jou nie
sensueel prikkel nie.
WAT IS ’N KUSSINGBOEK (PILLOWBOOK)? In die vroeë 14de eeu was dit ’n tradisie in Japan dat ’n jong bruid se ma met haar trounag vir haar ’n kussingboek gee. Dit is dan onder die bruid se kussing geplaas en daarin was seksuele gewaagdhede, wenke, raad en tegnieke vir die pasgetroude paartjie.
|