|
Eina, my rug!
Rugoperasies is nou kleiner, veiliger en beter as ooit
tevore – en die herstel vinniger danksy nuwe tegnologie.
Hoe weet jy of jy regtig ’n operasie nodig het,
en watter slim tegniek kan jou nek of rug weer ‘nuut’
maak? Hier is jou volledige gids.
Deur Betina Louw en die
Health24-span
NEK en rugpyn is so algemeen dat dit eintlik as normaal beskou word.
Meer as agt uit elke tien mense kry die een of ander tyd in hul lewe rugof
nekpyn.
Tog het net 2 persent van die duisende Suid-Afrikaners wat jaarliks vir
rug- of nekpyn behandel word, werklik chirurgie nodig. As die spesialis jou
dus aansê om ’n operasie te ondergaan, hoe weet jy hy is reg? En wat gaan
die operasie behels? Sal jou mediese fonds daarvoor betaal?
’n Rugoperasie is net in een van vyf probleemsituasies die enigste uitweg, sê die spesialiste. Enige
ander rugkwaal moet op ander maniere behandel word.
As jy wel in die 2 persent val wat ’n rug- of nekoperasie nodig het, is die kans goed dat jy danksy
nuwe en vindingryke tegnieke net klein merkies op jou rug sal oorhou en baie gouer sal herstel.
Innoverende tegnologie het ’n hele omwenteling in dié operasies meegebring.
Die tegnologie ontwikkel só vinnig dat spinale produkte gemiddeld elke agttien maande met
nuwer produkte vervang word. Die verskaffi ng daarvan is wêreldwyd ’n bedryf wat biljoene rande
werd is.
Dokters kry soms druk van die vervaardigers van nuwe produkte om dit te gebruik. Sommige
pasiënte plaas dokters ook onder druk om ’n operasie te doen omdat rugoperasies nou minder
traumaties is as selfs net ’n dekade of twee gelede. Daarbenewens moet ál meer mense rugoperasies
kry – hoofsaaklik omdat mense in die algemeen ouer word en daar dus meer werwelslytasie voorkom.
As jy al ooit rugpyn gehad het, lees gerus ons omvattende dossier oor rug- en nekoperasies op die
volgende bladsye – dit kan dalk net ’n groot verskil aan jou lewensgehalte maak.
A: Die vyf gevalle waar ’n rugoperasie al uitweg is
- As ’n senuwee in die rug of nek vasgeknyp word en ander behandeling nie gehelp het nie.
- As daar groot drukking (kompressie) teen die rugmurg is.
- As die werwels te los van mekaar is en daar soveel beweging is dat die rugmurg kan seerkry.
- As nek- of rugpyn met senuweeskade gepaardgaan. As jy nie jou arm of been kan beweeg
nie, het jy beslis senuweeskade. Die gevaarligte vir senuweeskade moet fl ikker as ’n pyn in
jou arm of been afstraal, as jou arms of bene dood en dom voel, as hulle lam is en jy sukkel
om hulle op te lig, as jy ’n tintelende gevoel in enige ledemaat ervaar, of as jy sukkel om jou
blaas goed te beheer.
- As die pyn jou lewensgehalte benadeel.
Dokters vra die volgende vrae voor hulle ’n rugoperasie
aanbeveel:
- Is die pyn baie erg?
- Kan jy nie meer loop, staan, buk of vir jouself sorg nie?
- Laat die pyn jou sleg slaap? Beperk dit jou sekslewe, sosiale bedrywighede en
vermoë om te reis omdat dit te pynlik of moeilik is om lank in ’n motor, bus of
vliegtuig te sit?
- As jy ja antwoord op die vrae hierbo, is die kans goed dat ’n rugoperasie jou lewe kan verbeter.
As jy nee antwoord (en dit geld vir 98 persent van alle mense met rug- of nekpyn), kan jy jou
rugpyn beter dokter met pille, strekoefeninge, fi sioterapie en die regte maniere om te sit, buk,
lê terwyl jy slaap, en so meer.
B:Die groot Vooruitgang
Dalk het jy gedink ’n rugoperasie
behels noodwendig lang snye al
met jou ruggraat langs, maande lank
plat op jou rug of spesiale rugstutte.
Dan is dit tyd om jou te verwonder aan
die deurbrake en nuwe tegnologie wat
die afgelope twintig jaar die hele benadering
tot rugoperasies verander het.
Die pyn, ongerief, bloeding en weefselskade
is nou baie minder as jare gelede.
Kyk net wat dokters deesdae
kan doen . . .
- Hulle kan met sleutelgatchirurgie klein
snitte (tussen 2 en 5 cm) maak. Deur
dié klein gaatjies kan hulle die
deel van ’n stukkende tussenwerwelskyfi
e wat teen ’n senu wee
druk, wegsny – of die hele skyfi e
verwyder of selfs met ’n titaniumskyf
vervang. Moderne optiese navigasierekenaars
wys die dokter presies waar hy
moet sny, sodat hy netjies kan werk al is
die hele deel nie oopgesny nie.
- Titaniumstutte kan gebruik word om
werwels wat op mekaar platgeval het en
senuwees vasknyp, weer netjies uitmekaar
te hou. Fusies (sien bl. 74) word minder
gedoen omdat dit die rug of nek minder
beweeglik maak.
- Die beste van alles is dat die dokter
in sommige gevalle nou nuwe materiale
sommer met ’n naald in die rugwerwel
of kraakbeenskyf kan inspuit! Hy kan
spesiale beensement spuit in ’n werwel
wat weens osteoporose gekraak of gebreek
het. Die beensement word binne
twintig minute hard en neem die meeste
van die pyn weg.
MET dié nuwe tegnieke is sowel die
operasie as die hersteltyd baie korter.
Daarby verbeter titaniumskywe die herstelproses
omdat ’n ruggraat daarmee buigsamer
en beweegliker bly. Dit hou selfs langer as die
chroomskywe wat vroeër gebruik is. Dit duur
ook nie meer drie tot ses maande voor die
pasiënt herstel het nie, maar tussen een en
ses weke.
Maar . . .
Die koste van spinale
produkte en operasies is
buitensporig omdat alle
produkte eers deur duur
toetsprogramme moet
gaan om seker te maak
dit is veilig, en dokters
hoë invoerkoste moet
betaal. Titanium, die mees
algemene materiaal wat
in rug- en nekoperasies
gebruik word, word
byvoorbeeld in Suid-
Afrikaanse myne ontgin,
maar die erts word in die
buiteland verwerk.
C: Die regte operasie vir elke probleem
Jou gids tot die behandeling van rug- en nekpyn
Wat moet jy met watter pyn doen? En as jy ’n operasie nodig het, hoe weet jy wat
moontlik gedoen kan word? Ons het ’n gids opgestel wat jou kan help om self te
bepaal watter oplossings vir jou kan werk.
Volgens spesialiste kan rug- en nekprobleme
in vier hoofgroepe opgedeel
word:
- Nek- of rugpyn sonder arm- of beenpyn
- Nekpyn met gepaardgaande armpyn,
rugpyn met gepaardgaande beenpyn
- Rugpyn met blaasprobleme
- Rugpyn weens ’n gebreekte werwel,
gewas of siekte
1. Jy het nek- of rugpyn, maar geen
pyn in jou arm of been nie
Is dit ’n nuwe pyn wat minder
as vier weke duur?
Dan kan dit ’n spier wees wat saamgetrek
het of geskeur is, of ’n geskeurde kraakbeenkussing.
Beproef die volgende:
- Rus in die bed, maar nie langer as drie dae
nie, want dan kan die pyn juis vererger van
die lê.
- Gebruik pynstillers soos parasetamol (bv.
Panado) of ’n anti-infl ammatoriese middel
soos ibuprofeen (bv. Brufen) of diklofenak
(bv. Voltaren). Dit kan groot verligting
bring. Jou dokter kan ook vir jou ’n pynstiller
en spierverslapper inspuit as die pyn
ondraaglik is.
- Doen rugstrekke.
- Slaap met ’n kussing tussen jou knieë en sit,
loop en buk op die regte manier.
- Besoek ’n fisioterapeut.
- ’n Chiropraktisyn kan ook help.
Die kans dat jy ’n operasie nodig het, is
uiters skraal.
Is dit ’n nuwe pyn wat langer as vier
weke duur?
- Dit kan ’n geskeurde kussing wees wat
teen jou rugmurg druk.
- Besoek jou dokter. Hy sal jou na ’n
spe sialis verwys.
- Die kans dat jy ’n operasie nodig het, is
minder as 10 persent.
Is dit ’n pyn wat weg was, maar
terugkeer?
- Dit dui gewoonlik op permanente skade
wat veroorsaak is deur ’n geskeurde kraakbeenkussing
of stresfaktuur wat nie gesond
word nie.
- Besoek jou dokter.
- Die kans dat jy ’n operasie nodig het, is
50 persent.
Het jy dag en nag rug- of nekpyn?
- Chroniese nek- of rugpyn is die gevolg van
akute nek- of rugpyn wat nie korrek bestuur
is nie.
- Besoek jou dokter.
- Die kans dat jy ’n operasie nodig gaan hê, is
50 persent.
As jy ’n operasie nodig het, sal dit
moontlik een van die nuwer en
minder ingrypende tegnieke wees.
Dit sluit in die inplanting van silikoon-
of tita niumstutte om werwels
te spasieer, of die inplant van ’n nuwe
titanium skyfie in die plek van die
kraakbeen skyfie. Dit kan ook ’n
fusie wees.
New Page 1
|
PROSEDURES
VAN MAKLIKSTE TOT MOEILIKSTE
|
GEMIDDELDE OUDERDOM
VAN PASIËNTE
|
PROSEDURE TYD
|
HERSTEL TYD
|
SUKSES SYFER
|
TOTALE KOSTE
|
|
1.
Inplant van WERWEL-SPASIEERDER (Interspineuse
prostese) ’n Silikoon- of titaniumstut word in
die agterkant van die ruggraat ingeplant om ’n geskeurde kraakbeenkussing
te ondersteun.
|
30-55 jaar |
1 uur |
6 weke |
70% |
R55 000 |
|
2.
Vervang die geskeurde KRAAKBEENSKYFIE met ’n titaniumskyfie
Die beskadigde skyf word verwyder en ’n nuwe metaalskyf
word ingevoeg. Omdat die chirurgie deur die maag of nek
gedoen word, kan opvolg-chirurgie baie riskant wees.
|
20-60 jaar |
Sowat 2 uur |
4-6 weke |
80% |
R80 000 |
|
3.
SPINALE FUSIE Die saamheg van die
werwels bo en onder die beskadigde
kraakbeenkussing deur middel van skroewe en ’n
beenoorplanting.
|
30-65 jaar |
3-4 ure |
6-12 weke |
70% |
R80 000 - R100 000 |
2. Jy het nekpyn met gepaardgaande
armpyn, of rugpyn met gepaardgaande
beenpyn
Duur dié pyne korter as vier weke?,br>
Dit is waarskynlik ’n geskeurde kraakbeenkussing
wat teen ’n senuwee druk.
Beproef bedrus vir minder as drie dae, pynstillers
soos Panado, Brufen of Voltaren, strekoefeninge
of fi sioterapie, of besoek ’n chiropraktisyn.
Maar as die pyn erg is of nie binne vier weke
verbeter nie, moet jy beslis ’n dokter besoek.
’n Skandering is nodig om die moontlikheid
van ’n papgedrukte kraakbeenskyf of verskuifde
rugwerwel wat teen die senuwee druk, uit te
skakel.
Ná die eerste episode van ’n geskeurde kraakbeenkussing
is die kans op chirurgie 20 persent,
ná die tweede episode is dit 50 persent en ná die
derde episode is dit 67 persent.
As jy ’n operasie nodig het, sal dit waarskynlik
wees om die deel van die kraakbeenkussing
wat teen die senuwee druk,
te verwyder. Dit staan bekend as ’n diskektomie.
Verby is die dae toe ’n deel van
die werwel weggesny is om by die kraakbeenkussing
uit te kom.
| PROSEDURE |
GEMIDDELDE OUDERDOM VAN
PASIëNTE |
PROSEDURE TYD |
HERSTEL TYD |
SUKSES SYFER |
TOTALE KOSTE |
|
4. DISKEKTOMIE
Die gedeelte van die
kraakbeenkussing wat teen die senuwee druk, word
verwyder.
|
30-60 jaar |
1 uur |
4 weke |
85% |
R25 000 |
3. Jy het rugpyn en kan nie meer jou
blaas goed beheer nie
Dit is ’n noodgeval en jy het noodchirurgie
nodig, want iets druk teen jou rugmurg en tas die
senuwees na jou blaas en geslagsdele aan. Dit kan
’n verskuifde rugwerwel, ’n gewas, ’n bloedklont
of selfs infeksie in die rugmurg wees. Hoe dit ook
al sy, die drukking moet onmiddellik verlig word,
anders kan jou blaasfunksie permanent beskadig
word. G’n mens wil graag ’n doek dra nie.
Gelukkig is dit nie baie algemeen nie.
Die operasie wat gedoen sal word, is ’n laminektomie,
waartydens die agterste gedeelte
(die lamina) van die werwel ver wyder word
om druk op die rugmurg te verlig.
|
PROSEDURE |
GEMIDDELDE
OUDERDOM VAN PASIëNTE |
PROSEDURE
TYD |
HERSTEL
TYD |
SUKSES
SYFER |
TOTALE
KOSTE |
|
LAMINEKTOMIE ’n Deel van die rugwerwel word weggesny om druk op
die rugmurg te verlig.
|
Ouer as
60 |
2
uur |
6
weke |
30-80% |
R40
000 |
4. Jy het ondraaglike rugpyn
Die kans is groot dat dit deur ’n gebreekte
werwel, ’n gewas, ’n bakteriële of tuberkuloseinfeksie
of artritis veroorsaak word. Die kans dat
jy chirurgie nodig het, is 70 persent.
Kom vinnig by jou dokter uit as jy enige van
die gevaartekens ervaar wat hier onder genoem
word. Vinnige reaksie kan jou lewe red en
verlamming voorkom.
ROOI VLAG: Die volgende tekens dui
op dié gevaarlike soort rugpyn wat
nooit geïgnoreer mag word nie:
- As jy jonger as twintig of ouer as 65 is en skielik
kwaai rugpyn ervaar, kan dit ’n gewas wees of
’n ander ernstige oorsaak hê. Akute rugpyn by
tieners of bejaardes kan gewoonlik nie bloot aan
gewone rugpyn toegeskryf word nie.
- Pyn in die bo-rug: Pyn in die lae rug is baie
algemeen, maar pyn in die boonste deel van
die rug of borskasgedeelte is ongewoon.
- Swakheid in die bene. As jy skielik nie kan
loop, regop staan of trappe klim nie.
- Rugpyn wat met ’n gevoel van siekte
gepaardgaan (koors, gewigsverlies).
- Rugpyn wat snags erger is.
- Misvormdheid van die ruggraat, veral ’n
boggelrug (kifose). Dit kan opgespoor word
deur die persoon te vra om vooroor te buk en
van die kant af na die rug te kyk.
Die operasie wat gedoen sal word, sal
waarskynlik die inspuit van beensement in
die beskadigde werwel of ’n fusie behels.
| PROSEDURE |
GEMIDDELDE OUDERDOM VAN
PASIëNTE |
PROSEDURE TYD |
HERSTEL TYD |
SUKSES SYFER |
TOTALE KOSTE |
| Die inspuit van BEENSEMENT (vertebro-
en kifoplastiek)
Beensement word in gebreekte of beskadigde
werwels ingespuit. Die harde sement verseël die breuke,
verlig die pyn en skei werwels wat saamdruk van
mekaar. Dit word gewoonlik vir ouer mense met
osteoporose-frakture gebruik. |
Ouer as 50 |
Minder as 1 uur |
1 week |
90% |
R25 000 - R50 000 |
|
SPINALE FUSIE
Die saamheg van die werwels bo en onder
die beskadigde kraakbeenkussing deur middel van
skroewe en ’n beenoorplanting.
|
30-65 jaar |
3-4 ure |
6-12 weke |
70% |
R80 000-R100
000 |
D: Dekking deur mediese fondse
Wie betaal?
Mediese fondse is dikwels traag om vir rugoperasies te betaal
omdat dit so duur is en chirurgie in die meeste gevalle voorkom
sou kon gewees het as die persoon betyds sy leefstyl aangepas
het, nie oorgewig was nie en genoeg oefening gekry het.
Talle mediese fondse glo ook dat van die nuwer operasies en
prosedures nog in ’n eksperimentele fase is en daar nie sekerheid
oor die langtermyn-sukses is nie, kliniese bewyse onvoldoende is
en dit nog nie internasionaal goedgekeur is nie.
Die meeste mediese fondse betaal wel vir ’n diskektomie,
laminektomie en spinale fusie – die drie algemeenste soort
rugoperasies. Vir die nuwer prosedures moet die dokter aan die
fonds motiveer hoekom dit gedoen moet word. Van die land se
grootste mediese fondse, soos Discovery Health, sal vanjaar vir
die inplant van titaniumskywe tussen die nekwerwels begin
betaal nadat dit onlangs deur die FDA (Food and Drug Administration
in Amerika) as aanvaarde behandeling goedgekeur is.
Mediese fondse betaal reeds sedert 2005 vir die inplanting van
titaniumskywe in die lae rug.
E: Kies die regte
Chirurg
’n Ortopedis, neurochirurg
of spinale
chirurg: Hoe kies jy?
Sowel neurochirurge as ortopediese chirurge word opgelei om
rugoperasies uit te voer. Net neurochirurge word egter opgelei om
operasies binne die rugmurgvlies te doen.
’n Ortopedis doen weer veral operasies wat verband hou met ruggraat-
defekte en ander probleme met die bene van die rug en nek.
’n Neurochirurg en ortopedis sal in komplekse gevalle saamwerk.
Spinale chirurge is opgelei vir albei terreine en kan dus vir
been- en rugmurgprobleme opereer. Spinale chirurgie is besig om
’n spesialisgebied te word.
Kies die beste chirurg op grond van sy reputasie. Jou huisdokter
sal jou goeie leiding kan gee. Moenie bang wees om vrae oor ’n chirurg
se opleiding, ondervinding en die fokus van sy praktyk te vra
nie – sommige is knie- of skouerchirurge, terwyl ander hulle weer
op rug- of nekprobleme toespits. Maak ook seker dat die chirurg al
die moontlikhede aan jou verduidelik het, ook die operasies wat
hy nie self uitvoer nie. Daar word te veel rugoperasies gedoen as
gevolg van druk van die vervaardigers, dokters en pasiënte self. Kry
dus altyd ’n tweede mening voor jy jou laat opereer.
F: Het jy ’n groot kans op
rugprobleme?
Hoe jou gene jou ’n swak rug gee
Jou genetiese samestelling is verreweg die grootste
faktor wat bepaal of jy rugprobleme gaan ontwikkel en dalk later ’n rugoperasie
sal nodig hê. Dit bepaal hoe vinnig die kraakbeenskyfi es tussen
jou werwelbene wegslyt. Dit is die jel in die kraakbeenskyfi e wat jou rug
en nek buigsaam en beweeglik maak. As die skyfi e wegslyt, kan die jel
uiteindelik heeltemal verdwyn. In sommige families kan die slytasie al op
’n baie jong ouderdom begin. Die verswakte kraakbeenskyfi e of kussinkie
kan dan verskuif en op die senuwee druk. (Dit word in Engels ’n slipped disc
genoem.) Die drukking lei tot kwaai been- of armpyn, of selfs ’n lamheid in
die been of arm.
Die redes vir ons rugprobleme
Ons is oorgewig en onaktief. Mense leef ook nou langer – daar is dus meer
tyd vir slytasie en agteruitgang van alle gewrigte. Dit sluit rugwerwels in.
Mense met artritis of osteoporose, asook rokers, ontwikkel makliker rugprobleme.
Maar dr. Gerrit Coetzee, ’n Kaapstadse neurochirurg, beaam dat
rugprobleme grootliks in jou genetiese samestelling opgesluit lê.
Dr. Pradeep Makan, ’n spinale chirurg van Kaapstad, sê rugprobleme het
ontstaan die dag toe die mens op twee bene begin loop het. “Die mens is
nie ontwerp om regop te loop of te sit nie. Tog bring baie mense ure sittend
voor ’n rekenaar of in ’n motor of bus in spitsverkeer deur,” sê hy.
Dit is dan ook ’n feit dat mense wat swaar fi sieke werk doen of bitter lang
ure moet sit, soos vragmotorbestuurders wat ver afstande ry, ’n groter kans
het om rugprobleme te ontwikkel.
Motorongelukke en sportbeserings (veral in rugby, perdry en bergfi etsry,
en duikongelukke) is die grootste oorsake van nekbeserings.
As enige van dié faktore vir jou geld, loop jy ’n groter gevaar as ander
mense op ernstige rugprobleme op te doen.
G: Voorkom rugprobleme
Pas jou lewenstyl aan en
voorkom vroegtydige slytasie
van jou rugwerwels,/p>
- Moenie swaar dinge optel en rond dra en stremmende fi sieke arbeid verrig wat ekstra druk op jou rug plaas as jy
reeds rugprobleme het nie.
- Doen oefening en bly fiks, maar
doen dit op die regte manier sodat
jy nie jou rug hol maak nie. As jy in
’n gimnasium oefen, moet jy konsentreer
om met elke oefening jou
rug styf teen die bankie of leuning te
druk en jou maagspiere saam te trek.
Sterk maagspiere is een van die beste
teenvoeters vir rugpyn.
- Verloor gewig as jy oorgewig is. Die las
op jou rug versnel die slytasie.
- As jy osteoporose het, maak seker
dat jy kalsium en ander medisyne
neem om jou bene weer sterk te
maak. Alle mense moet van hul tienerjare
seker maak dat hulle genoeg
kalsium inkry. Baie Suid-Afrikaners
skiet hier ver tekort.
- Mense met artritis moet
ekstra voorsorg tref om
hul maagspiere sterk te
maak en reg te buk – deur
hul knieë te buig en nie
hul rug nie.
- Strek jou rugspiere elke dag. Kyk na
die strekoefeninge op bl. 57. Daar is
nog voorbeelde op www.health24.
com. Of vra ’n fi sioterapeut, biokinetikus
of jou gim-instrukteur om jou
te wys presies hoe om strekoefeninge
te doen.
- Buig jou knieë wanneer jy iets optel.
Moet nooit vooroor buig om dit te
doen nie. Hou jou rug reguit, buig
jou knieë en sak neer op jou agterste knie. Plaas jou gewig
op jou voete wanneer
jy weer regop kom en
hou jou rug reguit. ’n
Volwassene behoort
niks op te lig wat
swaarder as 10 kg
is nie.
- Dra ’n swaar voorwerp
altyd teen die
lyf tussen die heupe
en skouers.
- Moet nooit jou arms bo
skouerhoogte lig
wanneer jy na iets toe
strek nie. Staan eerder
op ’n klein bankie en
bêre goed wat jy
gereeld gebruik op
rakke tussen heupen
skouerhoogte.
- Gebruik jou beenspiere eerder as
jou rugspiere wanneer jy iets stoot.
Moenie die rug vooroor buig as jy iets
stoot nie en moenie dit agteroor buig
as jy iets trek nie. Staan eerder met
die rug reguit, knieë gebuig en met
een voet voor die ander vir ’n stewige
vastrap.
- Slaap reg: Moenie op jou maag
slaap nie. Dit veroorsaak dat die
lae rug te veel agteroor buig. Plaas
’n kussing onder jou knieë wanneer
jy op jou rug lê en tussen jou knieë
as jy op jou sy slaap. Slaap op ’n
ferm matras. Plaas ’n stewige plank
onder die matras as dit nodig is.
- Staan reg op: Sit eers regop wanneer
jy soggens wakker word en beweeg
dan jou lyf en bene gelyk na die kant
van die bed. Staan uit dié sittende
posisie op terwyl jy jou rug reguit
hou.
- Staan en loop reg: Trek jou skouers
terug, hou jou kop regop en kom
in die gewoonte om jou maag in te
trek wanneer jy regop staan.
- As jy motor bestuur: Ondersteun
die onderste helfte van jou rug met
’n klein kussing terwyl jy bestuur. Sit
so ver moontlik terug op die sitplek
en maak seker jy het genoeg truspieëltjies.
- Klim so in jou motor: Gaan sit met
jou bene na buite gedraai, lig jou
voete en draai jou hele lyf gelyk na
binne. Gebruik die hand naaste aan
die veiligheidsgordel om dit vas te
maak sodat jy nie jou rug onnodig
verwring nie.
Click here for more on back pain.
|