|
Liefde met gevoel
Ons het aanraking net so nodig soos kos en
water – en kenners glo dis ewe noodsaaklik
vir ons ontwikkeling
Deur Ilse Salzwedel
PRINSES DIANA het
mense oraloor geraak juis
omdat sy hulle aangeraak
het. Ons kan almal die
foto’s onthou: Die prinses
met haar arm om die skouers van ’n
verminkte landmynslagoffer, of langs
die bed van ’n vigslyer, sy benerige
hand in haar sagte hande toegevou.
Wat Diana instinktief geweet
het, is al wyd deur navorsers*
bewys:
- Babas wat nie aanraking ervaar nie
– hulle kan “velhonger” babas genoem
word – verloor vinnig gewig,
word siek en kan selfs doodgaan.
Maar as vroeggebore babas genoeg
gestreel word, sit hulle vinniger
gewig aan, huil minder, verbeter
hul polsslag en asemhalingstempo
en is hul spiere minder gespanne.
- Aanraking is vir ons net so noodsaaklik
soos asemhaling. As jy dit
nie kry nie, word jy terneergedruk
en verswak jou immuunstelsel.
- By pasiënte met ernstig pynlike
toestande soos fi bromialgie en
osteoartritis verlig aanraking die
pyn. Dit help ook vir ander siekes
– by asmapasiënte verbeter die
longe se funksie, diabete se bloedsuikervlak
stabiliseer en kankeren
MIV-lyers se immuniteit neem
toe.
- Verbasend genoeg is aanraking nie net
goed vir jou lyf nie, maar ook vir jou
verstand. Navorsers glo dat ’n mens ná
’n massering helderder dink. Jy kan ook
makliker wiskundige probleme kafdraf!
Daar is iets nóg interessanters: Aanraking
beteken net soveel vir die een
wat aanraak. Bejaarde vrywilligers wat
verwaarloosde babas begin masseer het,
het gou minder terneergedruk gevoel en
nie meer so baie dokter toe gegaan nie
WAT LEER ’N BABA DEUR AANRAKING?
Aanraking is die eerste kommunikasie tussen
jou en jou kind, eintlik die manier waarop julle
vir mekaar lief raak. Omdat jy hom veilig laat
voel, leer hy om jou te vertrou. En omdat hy
jou vertrou, raak jy ál meer liefdevol en beskermend
teenoor hom.
Liefdevolle aanraking kalmeer ’n baba. In
Indië is dit ’n tradisie dat ma’s hul babas lank
masseer en daarna toewikkel vir ’n slapie. Boonop
baat ma’s ook hierby: Amerikaanse studies
onder ma’s wat aan depressie ly, het getoon dat
dié wat hul babas masseer, agterna beter voel
en makliker met hulle speel.
Babas en kinders leer ook deur aanraking
meer van hul omgewing, soos dat ’n warm
stoofplaat kan brand of ’n mes kan sny. Aanraking
is noodsaaklik vir groei, ontwikkeling,
kommunikasie en leervermoë, en lê die fondament
vir selfvertroue en die latere ontwikkeling
van emosies en verstand.
Al dié bevindings verbaas hom nie, sê dr.
Don Roos, ’n afgetrede kenner van opvoedkunde
en sielkunde van Pretoria. Hy dring al
sedert die 1980’s daarop aan dat ouers tog net
gereeld liefdevol aan hul kinders moet raak.
So kan hulle seker maak hul kinders word
gesond groot – liggaamlik en emosioneel.
Volgens Don is daar g’n beter manier om
kinders te laat weet jy hou van hulle en alles
is reg nie. As ons aan ander mense raak, kan
ons emosies “lees” wat nie vir die blote oog
sigbaar is nie.
Volgens navorsers kan
jy jou kind se potensiaal
ontsluit deur drukkies te
gee. Kinders wat gereeld
liefdevolle aanraking kry,
vaar beter op skool as
kinders wat nie aangeraak
word nie. “Dit maak
ook sin uit die oogpunt
van menslike ontwikkeling:
Die mens het deur
die millennia meer as vier
vyfdes van die tyd met lyftaal gekommunikeer
– net die laaste rukkie gebruik
hy woorde.”
Don sê aanraking hou baie sterk
ver band met ’n mens se fi sieke en emosionele
ontwikkeling.
“As ’n ma byvoorbeeld op haar bed lê met
haar baba rustig op haar bors, dink sy dat sy
net besig is met emosionele koestering. Maar
dié aanraking
het ook gesondheidsvoordele
vir
die baba. Hy haal
byvoorbeeld baie
dieper asem, dus gaan daar baie meer suurstof
na sy brein toe, en dit stimuleer weer
ander ontwikkeling.” Diep asemhaling hou
ook die longe skoon en aanraking is goed vir
’n baba se spysverteringsfunksies.
Wat gebeur met velhonger mense?
Jy moet bekommerd wees as ’n kind nie
vanself drukkies soek of styf by jou kom sit
nie. Dit kan dui op neurologiese skade of
daar kan ’n dieper emosionele oorsaak soos
mishandeling wees.
Volwassenes wat wegskram
van aanraking, het
hul eie probleme. Marli
Beukes, ’n kliniese sielkundige
van Somerset-Wes,
werk elke dag met volwassenes
wie se emosionele
probleme sterk verband hou
met ’n gebrek aan aanraking
in hul kinderjare. “Vir
kinders beteken aanraking
liefde en aanvaarding.
Wanneer mense as kind nie aangeraak is nie,
ontwikkel hulle as volwassenes ’n onbewustelike
honger daarna. Maar terselfdertyd voel
hulle ongemaklik as mense te na aan hulle
kom – en weet hulle nie hoe om na ander uit
te reik nie.”
Marli verduidelik dat sulke volwassenes ’n
groot gebrek aan selfl iefde en selfaanvaarding
het. “Hulle voel onbewustelik
dat daar nie
aan hulle geraak is nie
omdat hulle nie goed
genoeg was nie.”
Dis dié gevoel
van verwerping wat
huweliksprobleme en
selfs verslawing kan
veroorsaak. “Sulke
mense voel dikwels
ongemaklik met hul lyf en het baie min respek daarvoor. Dit
kan lei tot seksuele promiskuïteit – die soeke
na liefde en aanvaarding word dikwels met
seks verwar.”
Don noem die voorbeeld van Marilyn
Monroe. Sy was een van die 20ste eeu se
grootste sekssimbole, maar ook bekend vir
haar soeke na liefde en aanvaarding. Sy het
dit in verhoudings, drank en pille probeer
vind en uiteindelik selfmoord gepleeg.
“Sy het op ’n slag vertel
hoe sy as kind gekyk het
hoe haar pleegma haar
grimeer. Die pleegma het
speels met haar poeierkwas
aan Marilyn se neus
geraak, en Marilyn skryf
die hartverskeurende
woorde: ‘Op daardie
oomblik het ek gevoel
iemand is lief vir my.’
“In my werk as opvoedkundige
het ek dit ook al gesien. ’n
Onderwyseres het eenkeer vir my vertel
hoe sy die skelet met haar laerskoolklassie
behandel het. Die kinders was so tien
jaar of ’n bietjie ouer. Sy het voorgestel
dat dié wat vrae het ná skool agterbly. Die
moeilikheidmaker van die klas het gebly
en wou doodernstig weet waar die bene
in ’n vrou se borste dan is. Die juff rou het
toe besef hy weet nie ’n ma se bors is ’n sagte plek nie, want sy
ma het hom nooit vasgehou en gedruk
nie. Skielik het almal verstaan hoekom
hy so ’n moeilike kind is en kon hulle hom
begin help.”
In die VSA is ’n interessante studie in ’n
universiteit se biblioteek
uitgevoer. Die personeel
moes ongemerk
en subtiel aan party
studente se hande
raak toe hulle die
biblioteekkaartjies
teruggee.
Daarna is die
studente daaroor
uitgevra.
Dié wat
aangeraak is
– al kon hulle dit nie eens onthou
nie – was baie meer positief oor hulself,
die biblioteek en die personeel as dié wat
nie aangeraak is nie.
’n Soortgelyke eksperiment is op ’n
vliegtuig gedoen. Die vlugpersoneel het
net mense aan die één kant van die paadjie
subtiel aangeraak toe hulle kos en drankies
uitgedeel het. Weer het daardie groep baie
meer positiewe terugvoering oor die personeel
asook die vlug gegee.
Hulle het selfs gedink die
vliegtuig was veiliger!
Daar is baie kulture
waarin aanraking dikwels
voorkom. In Indië
word kopmasserings
byvoorbeeld van geslag
tot geslag oorgedra. In die
Afrikakultuur word babas
tradisioneel styf teen
die lyf gedra. Franse en
Italiaanse mans soen mekaar op die wang
wanneer hulle groet, en in die Arabiese
kultuur sit mans graag met hul arms om
mekaar se skouers as ’n teken van respek
en toegeneentheid.
Hoekom raak so baie mense nie meer
aan mekaar nie? Wêreldwyd word daar
baie klem gelê op seksuele molestering
en teistering, en veral in die VSA is daar
’n groot vrees vir hofsake as gevolg van
onwelkome aanraking. Amerikaanse
onderwysers mag byvoorbeeld glad nie
meer aan leerders raak nie. In die macho
Suid-Afrikaanse kultuur moet mans ook
manlik wees en is drukkies en aanraking,
selfs van ons pa’s, baie skaars.
Dis ’n jammerte. Deur ons hande te
gebruik, kan ons weer in voeling kom
met ons gesondheid . . .
‘Maar ek is nie ’n drukkerige mens nie . . .’
Ongelukkig, waarsku
die sielkundige Marli
Beukes, is daar geen
plaasvervanger vir
aanraking nie. Gelukkig
hoef jy nie heeltyd
stywe drukke en soene
uit te deel om te wys jy
gee om nie.
“Sit jou kind saans
in die bed met ’n soen
en maak seker hy is
knus. Dit sal hom klaar
gekoester laat voel. Of
kam jou dogtertjie se
hare en smeer room
aan ná badtyd, al is dit
net aan haar gesiggie.”
Dr. Don Roos van
Pretoria sê aanraking
kan begin by iets so
eenvoudigs soos om
jou kind sommer in die
verbystap te kielie of
aan sy skouer te raak.
“Vir hom beteken so ’n
klein aanraking dat jy
van hom hou en dink
hy is oukei.”
Dr. Debra Moore, ’n
Amerikaanse sielkundige,
beveel weer aan
dat jy jou dwing om
terloops aan iemand te
raak wanneer jy praat
– “al is dit net liggies
op die hand, skouer of
voorarm”. Of laat doen
’n voet- of handmassering
sodat jy aan die
idee van aanraking
gewoond kan raak. Vryf
ook gereeld ’n paar minute
lank jou eie voete
of slape en vóél hoe jy
ontspan. Bied dan aan
om ’n geliefde of vriend
se nek te masseer as jy
sien hy of sy is moeg.
HOE WERK DIT?
Jou liggaam skei die hormoon
oksitosien af wanneer
jy aangeraak word. Dit
werk saam met dopamien,
’n goedvoel-stof, en help
om jou bloeddruk en kortisol
(’n streshormoon) te
verlaag. Dit alles laat jou
stresvlak daal.
Oksitosien beïnvloed
baie dinge in ons liggaam:
van hoe baie jy ander
mense vertrou tot hoe
vinnig jou wonde genees.
Daar is die eerste keer oor
genesing deur die oplê van
hande geskryf op ’n stuk
papirus wat uit 1553 v.C.
dateer. Ook in Hippokrates
se Griekeland (ongeveer
400 v.C.) word verwys na
kheirourgous, of handegenesers.
(Die woord
chirurg kom hiervandaan.)
Galen, ’n Romeinse handegeneser,
het in die jaar
130 n.C. al massering vir
dié doel gebruik.
Ons begin nou weer die
waarde van aanraking
ontdek. Moderne vorms
van terapie soos fi sioterapie,
akupunktuur, refl ek sologie,
massering, osteopatie,
kinesiologie en reiki
word ál gewilder.
Dit laat jou goed voel,
want dis nie net woorde
wat baie kan sê nie. Hande
ook.
Therapeutic Massage Therapy
|