|
Basta sigarette, basta vet!
Kyk, rokers wat nie wil
ophou nie omdat hulle
bang is hulle word vet,
het nou geen verskoning
meer nie. Dieetkundiges
het ’n spesiale
eetplan uitgewerk wat
sal keer dat jy gewig
aansit en jou voedingstekorte
herstel. Sekere
kossoorte kan rook
selfs laat sleg smaak . . .
Deur Carine van Rooyen
GELUK! Jy’t die groot stap gedoen en besluit om op te hou rook.
Dit kan na een te veel klink om op te hou rook én jou fi guur te behou,
maar die regte dieet kan jou liggaam vinniger laat herstel en die proses dalk
’n bietjie makliker maak.
Onlangse navorsing aan die Duke-universiteit in Amerika het bewys dat
party kosse sigarette vir sommige rokers slegter laat smaak.
Dié kosse sluit in vrugte, groente, suiwelprodukte (melk, kaas en jogurt) en kafeïenvrye drankies (sap en water).
Kalante soos koffi e en koladrankies, alkohol en vleis kan egter die smaak van sigarette verbeter
en jou méér laat rook.
Hoewel nog navorsing nodig is, kan dit nie kwaad doen om ’n dieet ryk aan laevet- of vetvrye
suiwelprodukte, vrugte, groente en water te volg as jy wil ophou rook nie. Dié kosse kan boonop
die skade help herstel wat jare se rook aan jou liggaam aangerig het. Kyk net wat kan rook alles
laat skeefl oop:
- Rokers ontwikkel sekere voedingstekorte. Jy kan veral te min vitamien A, C en B6 hê, asook te
min betakaroteen en foliensuur. Dié tekorte maak rokers meer vatbaar vir siektes.
- Rook tas feitlik elke orgaan en stelsel in die liggaam aan. Tot 80 persent van alle impotensiegevalle
hou met rook verband.
- Rook is ook slegte nuus vir beendigtheid, veral by vroue.
- Rokers is meer geneig om insulienweerstandigheid, die voorloper van diabetes, te ontwikkel.
Eetplan vir ’n roker
Natuurlik is gewigstoename die een ding wat alle
rookstakers vrees. Laat vaar al jou vrese sommer
net hier – ’n gebalanseerde dieet kan die lewe vir
jou makliker maak, sê dr. Ingrid van Heerden,
Health24 se DietDoc.
Huisgenoot-Pols het by Nicus, die Universiteit
van Stellenbosch se voedingsinligtingsentrum,
gaan aanklop om vir ons ’n eetplan uit te werk vir
mense wat wil ophou rook.
“Dié plan se energie-inhoud is reg vir onaktiewe
vroue en sal keer dat jy gewig aansit. Boonop sal
die vyf kleiner maaltye die hongerpyne weghou,”
sê Celeste Naudé, ’n geregistreerde dieetkundige
van Nicus.
“Verder fokus die plan op kosse wat propvol
anti oksidante is, veral vitamien C en betakaroteen,
om jou voedingstekorte te herstel. Dit is
daardie donkergroen blaargroente, oranje groentesoorte
(soos wortels en botterskorsie) en sitrusvrugte.”
Die dieet sluit kosse in wat kan veroorsaak
dat sigarette vir party rokers slegter smaak.
Daar is ook kos met ’n lae glisemiese indeks
of GI (byvoorbeeld onverfynde koolhidrate soos
vrugte, groente, peulgewasse en heelgraankosse)
om te keer dat jy diabetes ontwikkel. Die dieet
bevat ook min vette wat ongesond is vir jou hart.
Baie vars vrugte, groente en vesel hou jou gesond.
Die suiwelprodukte en ander kalsiumryke kosse is
om jou bene weer sterk te maak.
In ‘n neutedop
Hieronder is ’n tabel met ’n
eetplan vir rookstakers. Gebruik dit so:
- Eet elke dag al die vrugte- en
groenteporsies wat aanbeveel word.
- Eet minstens twee keer per dag ’n
vrugte- of groenteporsie met ’n hoë
betakaroteen-inhoud (oranje opsies).
- Eet minstens twee keer per dag ’n
vrugte- of groenteporsie met ’n hoë
vitamien C-inhoud (rooi opsies).
- Gebruik die vrugteporsie-gids
om seker te maak jy eet die regte
aantal porsies.
- Kies altyd hoëveselkoolhidrate (soos
volkoringbrood en -graankos).
- Hou by die suiwelporsies om te verseker
dat jy genoeg kalsium inkry.
- Gebruik gesonde voorbereidings- en
gaarmaakmetodes om soveel moontlik
van die voedingstowwe te behou en
ekstra vette te vermy.
- Hou by die porsiegroottes.
- Moenie meer as vier koppies koffi e of
agt koppies tee per dag drink nie –
sonder suiker.
- Wat alkohol betref, beperk dit tot een
drankie per dag. (Een drankie = 120 ml
droë- of halfsoetwyn; 340 ml bier of
sider, 25 ml sterk drank; 250 ml drankies
wat 50 persent wyn en 50 persent
sodawater is; 60 ml soetwyn.)
- Drink genoeg water. Vroue behoort
minstens vier glase (altesaam tien glase
vloeistof ) en mans minstens ses glase
(altesaam twaalf glase vloeistof ) skoon,
veilige water per dag te drink, bo en
behalwe ander vloeistowwe wat hulle
wil drink (1 glas = 250 ml).
WAT IS PLANTCHEMIKALIEË?
Plant- of fitochemikalieë gee kleur, smaak en
geur aan vrugte en groente en doen selfs meer
vir jou liggaam. Daar is al bewys dat fitochemikalieë
lewensbelangrike beskermings- en
herstelfunksies in die menslike liggaam het en
siektes help voorkom.
Hier is voorbeelde van hoe jou tipiese ontbyt, middagete, aandete en versnaperings kan
lyk. Met dié eetplan sal jy nie vet word nie en sal jou voedingstekorte herstel word.
e = eetlepel t = teelepel g = gram
New Page 1
| Maaltyd |
Voedselgroep |
Kies die aantal porsies uit elke
voedselgroep in die onderstaande lyste |
| 1. Ontbyt |
Brood, graan- en styselprodukte 2 Bv
2 snye volkoringbrood |
1 Sny
volkoringbrood of lae-GI-brood
½ koppie/een blokkie hoëveselontbytgraankos,
gekookte hawermout
of mieliepap
3 volkoringbeskuitjies
|
| |
Melk en suiwelprodukte 1 |
1 koppie vetvrye/afgeroomde melk
1 koppie laevet-karringmelk
100 ml versoete laevet-jogurt of 1 koppie
kunsmatig versoete vetvrye jogurt
60 ml laevet- of vetvrye maaskaas
30 g kaas (verkieslik laevetkaas, bv.
mozzarella, ricotta en laevet-edam)
|
| |
Vrugte 1 |
Sien porsiegids vir vrugte. |
|
2. Versnaperings
Peusel TWEE
KEER per dag
hieraan (middel
van die oggend
en middag).
|
Brood,
graan- en
styselprodukte
1
|
1 sny volgraanbrood of lae-GI-brood
1 klein semelkolwyntjie
3 volgraanbeskuitjies
|
| |
Melk en suiwel -
produkte 1
|
125 ml afgeroomde melk vir tee of koffi e
125 ml vetvrye, kunsmatig versoete jogurt
|
| |
Vrugte 1 |
Sien porsiegids vir vrugte |
|
3. Hoofmaaltyd
Idees
• Gebakte
visfi let,
gekruide kapokaartappels
en
roerbraaigroente
met
wortels,
spruitkool,
broccoli, soetrissies
en kool.
• Geroosterde
hoender met
rys, pampoen,
groenboontjieen-
broccolislaai
met
okkerneute en
sesamsade.
• Braai: beessosaties
met
uitjies, soet -
rissies, patat in
foelie toegedraai
en op die
kole gaargemaak,
beetslaai,
groenslaai met
’n sous van
balsamiese
asyn en olyfolie.
|
Brood,
graan- en
styselprodukte
2
|
½ koppie gekookte peulgroente, bv.
droëboontjies, -ertjies of -lensies
1 middelslag-aartappel
1 klein patat
¹/₃ koppie gekookte rys, pasta
1 klein mielie
1 koppie beet, pampoen, wortels
|
| |
Groente
2 (minimum)
|
Sien bostaande lys |
| |
Vleis en vleisplaasvervangers
(gaar) 1
|
60 – 90 g maer vleis (bees-, skaap-,
lams-,
varkvleis of volstruis)
60 – 90 g hoender (sonder die vel)
60 – 90 g vis (nie gebraai nie)
1 eier: gekook, geposjeer of gebak sonder
vet of olie
60 – 90 g sojamaalvleis
½ koppie gekookte peulgroente
60 g tuna in water
|
| |
Vette en olies
2
|
5 ml olie
3 (opgehoopte) t avokado
3 (opgehoopte) t grondboontjiebotter
10 olywe
10 grondboontjies of 5 ander neute
2 e ligte slaaisous
1 t margarien
3 (gelyke) t laevet-kaassmeer
4 (gelyke) t laevet-mayonnaise of
1 (opgehoopte) t gewone mayonnaise
(Gebruik dié bestanddele ook vir
voedselvoorbereiding
en kook.)
|
|
4. Ligte maaltyd
Idees
• Gekookte
aartappel gevul
met gegeurde
maaskaas, vars
groenslaai met
kekerertjies en
’n slaaisous van
balsamiese
asyn en olyfolie.
• Volkoringtoebroodjie
met gerookte
hoender,
tamatie,
avokado,
komkommer,
roket en rooi
soetrissie. Een
houertjie
jogurt.
• Tuna-enpastaslaai
met
maaskaas-enmayonnaiseslaaisous,
rissies
en kleinblaarspinasie.
• Volkoringbeskuitjies
met
maer ham,
gesnyde kaas,
kersietama ties,
basiliekruid, en
groen slaai met
neute.
|
Brood,
graan- en
styselprodukte
2
|
1 sny volgraanbrood of ½ broodrolletjie
½ koppie gekookte peulvrugte, bv.
gedroogde boontjies, ertjies of lensies
3 volgraanbeskuitjies
1 middelslag-aartappel
1 klein patat
¹/₃ koppie gekookte rys, pasta
1 klein mielie
1 koppie beet, pampoen, wortels
|
| |
Melk en
suiwelprodukte
1
|
1 koppie vetvrye/afgeroomde melk
1 koppie laevet-karringmelk
100 ml versoete laevet-jogurt of 1 koppie
vetvrye, kunsmatig versoete jogurt
60 ml laevet- of vetvrye maaskaas
30 g kaas (verkieslik laevet, bv.
mozzarella,
ricotta, laevet-edam)
|
| |
Groente
2 (minimum)
|
Eet soveel van die volgende groente as
wat
jy wil (sonder bygevoegde vet of souse):
Broccoli, sampioene, blomkool, kopkool,
murgpampoentjies, eiervrug,
groenboontjies,
tamaties, spruitkool, blaarslaai,
komkommer,
soetrissies, skorsies, spinasie, uie,
seldery
|
| |
Vleis en vleisplaasvervangers
(gaar)
1
|
60 – 90 g maer vleis (bees-, skaap-,
lam-,
varkvleis of volstruis)
60 – 90 g hoender (sonder die vel)
60 – 90 g vis (nie gebraai nie)
1 eier: gekook, geposjeer of gebak sonder
vet of olie
60 – 90 g sojamaalvleis
½ koppie gekookte peulgroente
60 g tuna in water
|
| |
Vette en olies
1
|
5 ml olie
3 (opgehoopte) t avokado
3 (opgehoopte) t grondboontjiebotter
10 olywe
10 grondboontjies of 5 ander neute
2 e ligte slaaisous
1 t margarien
3 (gelyke) t laevet-kaassmeer
4 (gelyke) t laevet-mayonnaise of
1 (opgehoopte) t gewone mayonnaise
|
PORSIEGIDS VIR VRUGTE 1 PORSIE =
1½ koppie aarbeie
1 middelslag-perske
1 middelslag-appel
1 middelslag-peer
4 appelkose
1 middelslag-piesang
10 – 12 druiwekorrels
½ pomelo
7 grenadellas
2 middelslag-pruime
2 groot pruimedante
1 groot koejawel
4 pynappelringe
1 middelslag-lemoen
2 groot skywe spanspek
½ mango
1½ koppie vars
vrugteslaai
2 middelslag-nartjies
2 groot vye
1 koppie papaja
1 skyf waatlemoen
HET JY GEWEET?
Rokers eet minder kosse wat ryk
is aan vesel, antioksidante en/of
plantchemikalieë – wat belangrik is
vir beskerming teen en voorkoming
van baie chroniese siektes. Eet meer
vrugte en groente – dis uitstekende
dieetbronne van antioksidante en
plantchemikalieë.
STUDIES HET OOK DIE
VOLGENDE AANGETOON . . .
- Manlike rokers drink minder melk
as nierokers.
- Rokers eet minder vis as nierokers.
- Rokers eet meer rooivleis as
nierokers.
- Rokers eet meer witbrood
en minder bruinbrood as
nierokers.
- Rokers eet meer versadigde vette
en gebraaide kos as nierokers.
- Rokers drink meer koffi e as
nierokers.
Click here for our Stop smoking condition centre
|