|
Jeug-artritis: Nuwe Hoop
Baie kinders ly onnodig weens die pyn en
verminking van artritis: party omdat hulle
nie betyds gediagnoseer word nie, ander
omdat hulle nie die regte medisyne
gebruik nie
Deur Karena du Plessis
SY WAS maar drie jaar oud toe sy oor seer enkels begin kla het. Later het sy gehuil van die pyn
in haar gewrigte.
Shané Kleynhans van Durbanville in die Wes-Kaap se ouers het haar van huisdokter na pediater
na huisdokter geneem en daar was talle toetse, maar nooit ’n diagnose nie. Uiteindelik het ’n kinder-
rumatoloog haar binne ’n paar oomblikke gediagnoseer. Ten minste het die Kleynhans-gesin
nou geweet waardeur hulle in die gesig gestaar word: artritis.
Die ou soort artritis-middels het net ’n bietjie gehelp en die meisietjie se knieë was steeds
so seer en opgeswel dat sy nie self van die vloer kon opstaan of alleen uit die bad kon klim nie.
“Shané is met metotreksaat en kortisoon behandel – die standaard-artritismedisyne – maar
sy het gesukkel met die newe-effekte,” vertel haar pa, Carel. “Dit is moeilik om aan ’n kind te
verduidelik dat sy moet aanhou om iets te drink wat haar naar laat voel en laat opgooi. Ons het
maar deurgedruk.”
Toe word sy nege en haar lewe verander soos handomkeer. Binne ’n maand nadat ’n artritisspe
sialis ’n nuwe en duur biologiese middel bekend as Enbrel voorgeskryf het, het haar gewrigte
ophou pyn. Gou was haar knieë nie meer geswel nie en kon sy met gemak rondbeweeg – en weer
saam met ander kinders buite speel.
Die beste van alles was dat Shané weer begin groei het omdat sy van die ander middels ontslae
was. Sy is nou amper elf en het die afgelope jaar meer as 10 cm opgeskiet. Sy is nou net so lank soos
haar maats. “Dit het haar selfbeeld ’n reuse hupstoot gegee,” vertel Carel. “Ons was onlangs by haar
skool se prysuitdeling en sy was een van die toptwintig. Ons was in ekstase.”
Shané is ’n sprekende voorbeeld van hoe artritis onder kinders met dié nuwe middel in bedwang
gebring kan word.
Jeug-artritis veroorsaak
inflammasie van een of meer
gewrigte en begin voor die
ouderdom van sestien. Dit
is moeilik om te sê hoeveel
kinders daardeur geraak word.
Syfers uit Australië wys dat
een uit elke 250 aangetas kan
wees en dat selfs babas van
agttien maande die pynlike
siekte kan ontwikkel.
Jeug-artritis volg ’n verskeidenheid
patrone. Hoewel
almal gewrigsontsteking
behels, is die simptome verskillend;
dus kan verskillende
benaderings nodig wees as
dit by behandeling kom.
Die algemeenste soort tas
vier of minder gewrigte en
soms ook die oë aan, begin
dikwels in die babastadium
en kan ontgroei word.
Robert Grant (12) van
Claremont in Kaapstad het
dié soort jeug-artritis gehad.
Hy het reeds op tien maande
begin siek word, maar is agt
maande later eers korrek
gediagnoseer. Die siekte het
sy sig belemmer en hy het
onlangs ’n operasie ondergaan
om ’n los retina te heg.
Hy gebruik nou Enbrel en
kan amper nie meer onthou
hoeveel pyn hy moes verduur
nie, sê sy ma, Veronica.
Minder algemene soorte
jeug-artritis is dié wat meer as
vier gewrigte aantas of wat die
knieë en rug aantas en met die
velkwaal psoriase saamgaan.
Een uit tien kinders met
artritis het ’n vierde soort wat
buiten hoë koors en veluitslag
dikwels ontsteking in ver skeie
organe veroorsaak. Ontsteking
van die hartsak kan
lewensgevaarlik wees. Juis
omdat koors en ’n veluitslag
nie op die oog af soos artritis
lyk nie, dink dokters dikwels
kinders met dié simptome het
’n vreemde virus onder lede.
Dit is wat met Lizzy Townsend
(3) van Kampsbaai in
Kaapstad gebeur het. Bev,
Lizzy se ma, vertel: “Toe Lizzy
in Desember 2006 ’n baie hoë
koors en ’n uitslag ontwikkel
het, het die dokters aangeneem
dis ’n virusinfeksie. Ons
het die koors simptomaties
behandel, maar die volgende
drie maande was ’n nagmerrie
omdat dit elke middag
hemelhoog was. Dit het tot
oor die 40 grade C gestyg en
’n paar uur so gebly voor dit
weer begin sak het. Mettertyd
het die uitslag ook verander
en saam met die koors gekom
en gegaan. Al manier om uit
te vind wat Lizzy makeer, was
die proses van uitskakeling.
Ná baie bloedtoetse en ’n
beenmurgbiopsie het dokters
uiteindelik vasgestel sy het
sistemiese jeug-artritis.”
Niemand weet hoekom
sommige kinders artritis
ontwikkel nie. Die naaste wat
navorsers aan ’n antwoord
kom, is om te sê dat sommige
kinders ’n oorgeërfde vatbaarheid
hiervoor het. As dié
kinders aan spesifieke siektes
blootgestel word, word die
gene vir artritis geaktiveer.
Watter siektes dit is, is egter
nog nie bekend nie. Dit kan
ook die liggaam se eie
immuunstelsel wees wat
die artritisgene “aanskakel”.
Dié aanskakeling van gene
lei tot ’n reeks ontstekingsreaksies
in gewrigte se voeringlagies.
Allerlei proteïene
word gedurende die inflammatoriese
proses vrygestel en
maak die voeringlagie rooi,
pynlik en opgeswel. Dié reaksie
beskadig die voeringlagie
later so erg dat die bene
van die gewrig teen mekaar
skuur. Dit val later ook die
been self aan. Dis geen
wonder dat die aangetaste
gewrig met elke beweging
so pynlik is en dat die pyn
algaande toeneem nie.
As dié stelselmatige
skade nie gekeer word nie,
sal die beenweefsel later vervorm en die gewrigte (meestal
die knieë, rug, hande en voete)
skeefgetrek en misvorm word.
Hoe vroeër die skade gekeer word,
hoe beter.
BIOLOGIESE
BEHANDELING
Biologiese terapie is een van die
wondermiddels wat die afgelope
twintig jaar ontwikkel is.
“ ’n Kind se beste kans op herstel
is as die siekte binne die eerste ses
maande gediagnoseer en behandel word,” sê dr. Ingrid Louw, ’n
rumatoloog van Kaapstad.
Sy vertel die bekendstelling
van biologiese middels in die
laat 1990’s het die standaard
gestel vir die behandeling van
jeug-artritis onder kinders wie
se simptome nie ten volle beheer
kon word deur metotreksaat
nie. Dit is die middel wat
gewoonlik eerste voorge skryf
word.
“Enbrel is die enigste biologiese
middel wat vir kinders
geregistreer is, en die resultate
is verbysterend,” sê Ingrid.
Enbrel word gebruik vir die
behandeling van rumatoïede
artritis, ankiloserende spondilitis
en psoriatiese artritis.
Wanneer die gewrig ontsteek,
vervaardig dit ’n gevaarlike
stof met die naam TNFalfa.
Biologiese middels soos
Enbrel bevat ’n aktiewe bestanddeel
wat etanercept
genoem word en wat die
meeste van die TNF-alfamolekules
uit die gewrigte en die
bloed suig.
As ’n biologiese middel toegedien
word binne ses maande
nadat die siekte posgevat het,
volg herstel in tot 50 persent
van alle gevalle. Die probleem
is egter om gou genoeg ’n korrekte
diagnose te kry.
In slegs enkele gevalle lewer
dit nie goeie resultate nie, soos
toe Lizzy dit ’n tweede keer
moes gebruik. Met die eerste
kursus het haar simptome opgeklaar
en het sy selfs ’n staptog
van 4 km voltooi, maar toe
sy in Augustus 2007 waterpokkies
kry, het die artritis teruggekeer.
Dié keer het Enbrel nie
so ’n dramatiese verbetering
teweeggebring nie.
Sommige vorms van jeugartritis
is moeiliker beheerbaar
en dit is in sulke gevalle noodsaaklik
dat die behandeling jare
lank noulettend en ononderbroke
gevolg word om skade
te voorkom. Lizzy se geval is
volgens rumatoloë nie die
norm nie.
NEWE-EFFEKTE
EN KOSTE
Dis nie verbasend dat mense
baie versigtig is met die voorskryf
van medisyne aan kinders
nie. Ouers se kommer oor
die newe-effekte van biologiese
middels blyk duidelik uit
geselsforums op die internet.
“Sommige ouers raak maklik
op hol oor van die artritismedisyne,
maar dis onnodig,”
sê Ingrid.
Dit is te verstane dat ouers
bekommerd is as hulle hoor
dat ’n kind ’n lang tyd pille sal
moet drink of behandeling sal
moet kry. Dan soek hulle oral
raad en hulp. Hulle raadpleeg
dikwels verkeerde bronne
– soos webgeselsforums, waar
mense maklik mekaar se vrese
kan aanvuur.
Ouers moet in gedagte hou
dat die siekte die probleem
is, nie die medisyne nie. Dit is
waarom ’n dokter met ervaring
in die behandeling van artritis
liefs die behandeling moet
hanteer.
So is die middel Revellex
byvoorbeeld as ongeskik vir
kinders verklaar, al het dit net
in enkele gevalle kanker veroorsaak
by kinders wat infl ammatoriese
dermkanaalsiekte
gehad het.
In Suid-Afrika word die gebruik
van biologiese middels
net beperk deur die hoë koste
en mediese fondse se onwilligheid
om biologiese middels as
noodsaaklike behandeling te
beskou.
Dit ís baie duur: ’n allemintige
gemiddelde van tussen
R60 000 en R120 000 per jaar
(tussen R5 000 en R10 000 per
maand) na gelang van die kind
se gewig. Mediese fondse is
dikwels onwillig om te betaal.
“Dit is onverskoonbaar dat
hulle nie vir dié medisyne wil
betaal nie,” sê Ingrid. “Dit is
lankal nie meer eksperimenteel
nie.”
Ingrid en die Artritisstigting
van Suid-Afrika, en spesifiek sy
trust vir kinders, CHAT (Children
Have Arthritis Too Trust),
beywer hulle daarvoor dat
elke kind met artritis in Suid-
Afrika toegang tot die nuwe
biologiese middels kry.
Daar is hoop dat dié medisynes in die nabye toekoms meer geredelik beskikbaar
sal raak, wat dit vir baie meer pasiënte moontlik sal maak om die vryheid
van beterskap te geniet. Maar dis tans nog ’n feit dat kinders uit voorheen
benadeelde gemeenskappe met pyn moet leer saamleef as hul artritis weens ’n
magdom faktore – huislike omstandighede inkluis – nie so goed beheer word as
wat ’n mens sou hoop nie.
Dit is die geval met Zizipho Maga, wat behandeling by ’n staatshospitaal ontvang
het. Sy is elf en in gr. 4 aan die Laerskool St. Joseph in Kaapstad. Sy is slim,
hardwerkend en geniet elke uitdaging, maar moet stry teen die pyne en skete
van ’n tagtigjarige.
In Zizipho se geval het haar polsgewrigte, vingers,
enkels en tone aanvanklik baie seer, styf en opgeswel
geraak. Later het dit na haar knieë versprei. Dit gaan
op die oomblik goed, maar die staat kan nie volhou
om die duur middel aan haar te verskaf nie.
’n Groot probleem is dat baie kinders met artritis
nooit eens gediag noseer word nie, sê Ingrid.
“Daar is ’n enorme gebrek aan bewustheid oor
jeug-artritis onder die publiek en selfs onder dokters.
Daar is net vyf kinder-rumatoloë in Suid-Afrika en dit
is lewensbelangrik, maar werklik moeilik, om vinnig ’n
akkurate diagnose te bekom. Mense kry dikwels te laat
die korrekte artritisbehandeling.
“By volwassenes lei vertraagde behandeling bloot
tot meer pyne en skete en ’n sekere mate van misvormdheid,
maar by kinders kan enige vertraging
vernietigende gevolge hê en tot kwaai misvorming lei,”
waarsku sy.
Kinders wat nie behandel word nie, word deur permanente
gestremdheid in die gesig gestaar en word
op die ou einde sosiale uitgeworpenes omdat hulle
baie klein is en anders lyk as kinders wat nie aan dié
siekte ly nie.
WAT IS ARTRITIS?
Dis ’n siekte wat die gewrigte laat pyn en dit minder beweeglik maak.
Die woord artritis beteken letterlik gewrigsontsteking: art = gewrig en
itis = ontsteking.
Wat is
jeug-artritis?
Dié chroniese toestand
veroorsaak ontsteking
van een of meer gewrigte
en begin voor die
ouderdom van sestien.
BIOLOGIESE
MIDDELS werk op
’n heeltemal ander vlak as
gewone anti-inflammatoriese
middels danksy ’n aktiewe
bestanddeel wat korte mette
maak van TNF-alfa, ’n gevaarlike
stof wat ’n groot rol speel
in artritis. Die meeste pasiënte
sal dalk nooit newe-eff ekte van
dié middels hê nie, maar alle pasiënte moet nogtans elke vier tot
ses maande noukeurig gemonitor
word. Mense met tering of ander infeksies,
hartversaking, veelvuldige
sklerose, hepatitis B of C, kanker
of ’n geskiedenis van kanker oor
die afgelope tien jaar, moenie die
middels gebruik nie aangesien
biologiese behandeling sommige
infeksies hewiger en ernstiger kan
kan maak.
MAKLIK OM MIS TE KYK
Kinders se aanpasbaarheid
kan help om hul lewe makliker
te maak, maar kan ook ’n
struikelblok wees in die pad
na vroeë diagnose.
Die rumatoloog dr. Ingrid
Louw sê kinders pas vinnig
by ongunstige omstandighede
aan, wat diagnose kan
vertraag. ‘‘Hoewel hulle aanvanklik
kan kla oor ’n stywe
knie, kry hulle dit tog reg om
die pyn só te beheer dat hul
ouers dink die kwaal het verdwyn.
Dan kry hulle nie die
regte mediese hulp nie.”
WEES OP DIE UITKYK VIR
DIÉ SIMPTOME
- Jeug-artritis word dikwels afgemaak as groeipyne
wat deur baie kinders ervaar word en hul hoogtepunt
op ongeveer vier- of vyfjarige ouderdom bereik.
Groeipyne kom egter snags voor en is gewoonlik
agter die knieë of in die bene.
- Styfheid in die nek, heupe of ander gewrigte kan ook
voorkom.
- ’n Uitslag kan skielik op verskillende plekke verskyn
en weer verdwyn.
- Hoë koors wat saans ’n kruin bereik en dan weer verdwyn,
is kenmerkend van sistemiese jeug-artritis.
- Hoe vroeër ’n kind met seer of opgeswelde gewrigte
ondersoek word, hoe positiewer kan die uitkoms van
die behandeling wees. As ’n kind langer as twee
weke oor ’n seer gewrig kla, kry dadelik hulp.
- Gewrigte kan skielik opswel en vergroot bly.
IN JOU HANDE
Hoewel ’n mens artritis nie kan genees nie, is dit baie belangrik om die
siekte op ’n proaktiewe manier te beheer. Hier is ’n paar voorstelle om
jou te help om weer aan die gang te kom.
RUS, want uitputting maak artritis net erger. Luister dus na jou liggaam.
Moegheid is ’n belangrike aanduiding dat jy moet rus. Aanhoudende pyn
kan dikwels tot depressie lei. Ruim dus tyd in om na jou gunstelingmusiek
te luister, in die tuin te sit of tyd saam met vriende deur te bring.
Jy moet maniere vind om jou liggaam, verstand en gees te laat herstel.
BEGIN BEWEEG Oefening help om pyn te verminder, vergroot jou
bewegingsomvang, verminder moegheid en verbeter jou bui. Jou dokter
of fi sioterapeut kan die mees gepaste oefeninge vir jou aanbeveel, maar
jy kan miskien joga, tai tsji, isometriese oefeninge (wanneer jy weerstand
skep deur ’n spier saam te trek sonder om die gewrig te beweeg) en strekoefeninge
beproef. Om in ’n verhitte swembad te swem is ook ’n goeie
plan – jou dryfvermoë help inspanning verminder en die warm water
maak stywe ledemate los.
LET OP JOU GEWIG Ekstra kilogramme plaas net meer spanning
op jou gewrigte en kan die fi sieke aftakeling van artritis versnel.
WEES KREATIEF Pleks daarvan om te sukkel met alledaagse takies
wat jou net frustreer en kwaad maak, vind kreatiewe maniere om jou doel
te bereik. Gebruik byvoorbeeld Velcro pleks van knope, vervang deurknoppe
met lang handvatsels en koop ’n elektriese tandeborsel.
VRA HULP Moenie dat jou trots jou keer nie. Vriende en familie sal
moontlik heel gewillig wees om te help.
Artritis by grootmense
Verreweg die meeste artritislyers
is volwassenes. Dis moeilik
om vas te stel hoeveel Suid-
Afrikaners daaraan ly, maar
daar word beweer dat een uit
elke tien besoeke aan huisdokters
met artritis verband hou.
Artritis verwys na ’n groep van
meer as tweehonderd siektes.
Osteoartritis, rumatoïede artritis,
jig en ankiloserende spondilitis
is die algemeenste vorms van
artritis onder volwassenes.
Tot nou toe was daar
nog geen doeltreff ende
manier om osteoartritis te
genees nie, maar dit kan
beheer word met antiinfl
ammatoriese middels
en pynstillers.
Die progressie van rumatoïede
artritis kan gekeer
word met anti-infl ammatoriese
middels, waaronder
nuwe biologiese
middels soos Enbrel,
Revellex and Humira,
wat al drie in Suid-Afrika
beskikbaar is en algemeen
aan volwassenes
voorgeskryf word.
Die behandeling van jig
sluit pynbeheer in, asook
medisyne om verdere
kristalneerslae in die gewrigte
(die oorsaak van
die siekte) te voorkom.
Anti-inflammatoriese
middels kan baie help vir
ankiloserende spondilitis,
maar ruggraatsiektes vereis
dikwels die gebruik
van biologiese middels,
wat in sulke gevalle baie
goed werk.
KONTAK: Die Artritisstigting van Suid-Afrika.
Bel 0861-30-30-30, stuur e-pos aan info@arthritis.org.za
of besoek www.arthritis.org.za.
Click here for more on Arthritis
|