Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
How UV hurts
Suntan, sunburn, ageing. The sun can affect your skin in many ways. How does it work?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 Herfs 2008
 
Esmaré skryf...

Ai, hoe lekker om die bul van alle bulle – en sy twee klein bulletjies – op ons voorblad te hê!

Sedert ons Wêreldbekertriomf soebat en smeek al wat tydskrif en koerant is – menigte van hulle van oorsee – vir ’n fotosessie en persoonlike onderhoud met die gewilde rugbyreus Os du Randt. En daar kry Huisgenoot-Pols dit toe reg.

Betina Louw en fotograaf Nick Aldridge is op ’n Vrydag per vliegtuig Bloemfontein toe, na Os se plaas naby Theunissen. Sy kan nie uitgepraat raak oor hoe aangenaam hy is en hoe mooi hy met sy vrou en kinders praat nie. Ook oor hoe hy veel eerder ’n struktuur vir sy waterpomp wil bou as om onderhoude te voer. Ons sê hartlik dank vir die Du Randts se gasvryheid – en salueer ’n reus!

Twee gelukkige lesers kan elk ’n eksemplaar wen van Os: die Outobiografi e, Os se lekkerlees-lewensverhaal wat by Tafelberg verskyn het. SMS net die woord OS, gevolg deur jou naam en van, voor 30 April na 34219. Gou spring!

Ons ou volkie is nou maar eenmaal rugbymal, maar die ma’s onder ons – pa’s seker ook? – is tog so bang ons seunskinders kry ernstig seer op die veld. Daar is darem meer wat ons kan doen as net bid; moet dus nie Elise-Marie Tancred se omvattende artikel op bl. 10 misloop nie.

Ons harte het uitgegaan na die jong artritis-lyertjies wat vir die fotosessies vir ons artikel op bl. 20 opgedaag het. Sommige van hulle was weerloos teen die seer, ander het beweeg asof hulle nog nooit enige gewrigspyn ondervind het nie danksy ’n nuwe en duur middel wat hul lewe verander het.

Ons hoop regtig dié middel, wat ook sommige volwassene artritis-lyers kan help, word spoedig meer bekostigbaar.

Dankie vir jul ongeloofl ike steun vir Huisgenoot-Pols. Dit is nou amptelik dat Pols die mees suksesvolle nuwe tydskrif in Suid-Afrika in jare is. Baie mense kla steeds dat hulle sukkel om ’n eksemplaar in die hande te kry – hoekom dus nie eerder inteken nie?

Dit kos jou net R69,50 vir ’n hele jaar (vier uitgawes) en jy kan boonop ’n oulike Nissan Micra wen. Terloops, as jy ’n kar wil koop, bel McCarthy Call-a-Car sommer nou om ’n 2007 Nissan Micra te koop vanaf R98 000. Dis ’n spesiale prys vir ons lesers.

Lekker lees aan hierdie uitgawe. Soos altyd, laat ons weet wat julle dink. Ons winteruitgawe is in Junie op die rak.

Esmaré

Teken nou in:
SMS die woorde HG Pols na 32361


 
Previous article: Next article:
  Vinger op die pols
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Esmaré skryf...
Brieweblad
IETS IN DIE LUG
Spelers en Krygers
Jeug-artritis: Nuwe Hoop
In die kop van 'n monster
Lewe met 'n doel
Dodelike kieme
Al lê die berge nog so blou
Hou, rug, hou!
Basta sigarette, basta vet!
Liefde met gevoel
Eina, my rug!
Wat laat tieners uitrafel?
ZOEM IN - Hoe goggas rêrig lyk
Kweek jy gif in jou tuin?
Kuberpsigiater
Seesieketrooster
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Streel jou sintuie
Hg-Pols Blokraai Nommer 3
GROTER! STERKER! VINNIGER!
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement