Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
How UV hurts
Suntan, sunburn, ageing. The sun can affect your skin in many ways. How does it work?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 Winter 2008
 
Fantastiese ligvertoning

KLEUR

FANTASTIESE LIGVERTONING

Deur Magriet Kruger

Kleur is hoe ons oë wit lig sien. Wit lig bestaan uit golwe van wisselende lengtes en ons oë kan drie golflengtes sien: kort golwe vir blou, medium vir groen en lang golwe vir rooi. Saam vorm dié drie golflengtes al die ander kleure.

Alles rondom ons weerkaats lig op verskillende maniere. ’n Aarbei kaats lang golflengtes terug en word daarom as rooi gesien. Party dinge weerkaats alle lig en lyk wit. Voorwerpe wat alle lig absorbeer, lyk vir ons swart.

Party diere se helder kleure is waarskuwings. Die neongroen van ’n boompadda sê dis ’n gifding dié – moet hom nie eet nie! Die helder geel van ’n by sê jy moet oppas vir sy angel.

Jy sien ’n reënboog wanneer die son van agter jou deur waterdruppeltjies in die lug skyn. Op aarde kan ons net ’n halwe kleursirkel sien, maar vanuit die ruimte is daar al foto’s van volledige reënsirkels geneem.

HET JY GEWEET?

Om sekere soorte werk – soos dié van ’n vlieënier of skeepskaptein – te doen, mag jy nie kleurblind wees nie.

Wat sien diere?

Jou hond of kat kan nie juis kleur sien nie, maar hulle het skerp oë wat van ver af beweging kan waarneem. Ape, voëls en insekte kan kleur baie beter sien. Kleur is vir dié diere belangrik omdat dit hulle help om te sien of vrugte ryp is of nie.

Kleurblind

Party mense is kleurblind. Dit beteken gewoonlik nie dat hulle die wêreld as swart-en-wit sien nie, net dat hulle nie die verskil tussen sekere kleure kan sien nie. Die probleem is meer algemeen onder mans – een uit elke twaalf mans is kleurblind.

As die selle in jou oog nie lang golflengtes behoorlik kan opvang nie, sien jy nie die rooi in dinge raak nie. As jy byvoorbeeld nie die rooi kan sien wat deel uitmaak van die kleur pers nie, lyk pers vir jou meer na blou.

As jou oog nie medium golflengtes opvang nie, kan jy nie die groen in voorwerpe sien nie. Dit kan dit vir jou moeilik maak om die verskil tussen geel en oranje waar te neem.

As jou oog nie ingestel is op kort golflengtes nie, tel jy nie blou op nie – en ly jy aan ’n vorm van kleurblindheid wat baie min voorkom.

HOEKOM IS DIE SEE BLOU?

Soos jy weet, het water geen spesifieke kleur nie; dit is deursigtig. Die see is blou omdat dit die kleur van die lug weerkaats. Dit is hoekom die see se kleur op ’n bewolkte dag verander.

HET JY GEWEET?

Bye sien lig in ’n breër band of spektrum as ons. In ultravioletlig wat ons glad nie kan sien nie, sien bye baie meer fantastiese kleure en patrone op blomme. Dit sê vir hulle waar die stuifmeel en nektar is.


 
Previous article: Next article:
Mooi skoot  
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Esmaré skryf
Vinger op die pols
Nuus Flitse
Binne-in jou brein
KAMPIOENE
Bloedbande
Die Chemie van liefde
Nuwe lewe met stamselle
Dis hoe Tim wil hè jy moet oefen
Het jy 'n vet persoonlikheid?
Verloor baie kilo's diè winter
Baldadig
Voetwerk
Wraak van die griepvirus
Leef deur die Menopouse
Die lyf se wonders en flaters
Die A tot Z van slaap
Kuberpsigiater Junie 2008
Kuberapteker
Sit hand by
Die spoed van Lewe
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Huisgenoot Pols Blokraai Nommer 4
Volg jou kop!
Fantastiese ligvertoning
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement