|
Sit hand by
Noodhulp is nie net iets waarmee ’n mens lewens red nie, dit help ook met kleiner dingetjies wat verkeerd loop Deur die Health24-span
Hoe om ’n ring af te kry wat aan jou vinger vassit
Warm weer, ’n besering of rumatiek
kan vingers laat opswel en dit
moeilik maak om ’n ring af te haal.
Só kry jy die ring af:
Week jou hand in koue seepwater, vat
die ring stewig vas en probeer om dit
met ’n draaibeweging versigtig oor die
gladde vel te trek. As dit nie werk nie, kan
’n stukkie dun tou of tandevlos dalk help.
Begin deur die vlos of
wastoutjie tussen die
ring en die vinger in
te ryg. Trek ’n derde
daarvan deur.
Draai die langste stuk
van die toutjie styf om
die vinger en hou aan
om dit om die kneukel
in die rigting van die
nael te wen. Elke draai
van die toutjie moet
styf langs die vorige
een pas. Trek nou die
punt wat onder by
die ring uitsteek na jou
nael toe: Die vlos sal
begin afwen en hopelik
die ring saam aftrek.
Moenie ’n ring wat vassit so hardhandig oor die kneukel probeer
dwing dat dit seermaak nie. Gaan liewer na jou dokter en laat
die ring professioneel verwyder.
Centrum Tip: Removing a ring
|