Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
How UV hurts
Suntan, sunburn, ageing. The sun can affect your skin in many ways. How does it work?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 Winter 2008
 
Die lyf se wonders en flaters

Die menslike liggaam is netjies aanmekaar gesit - op die ogg af die ideale kombinasie van vorm en funksie. Maar terwyl sommige eienskappe uitstekend ontwerp is, laat ander heelwat te wense oor. Ons bekyk die vyf allebeste ontwerpe in ons lyf en vyf wat, nou ja, nie heeltemaal so goed werk nie.

DIE MODEL MINKI VISSER (24) het ’n lyf wat maklik as ’n “perfekte 10” bestempel kan word. Haar DNS-samestelling is verantwoordelik vir haar slanke lyf, ligte hare en sagte vel. Maar selfs sy sukkel met ’n lastige “ontwerpfout” – haar oë is uiters ligsensitief.

WONDERS

  1. Brein Dis nou miskien nie die mooiste deel van die liggaam nie, maar sy vermoëns sal jou na jou asem laat snak. Die brein beheer beweging, ontsyfer sensoriese inligting en huisves die intellek. Dis ’n ingewikkelde netwerk van vesels – ingewikkelder as enige rekenaar – wat as beheersentrum van die hele lyf optree. Dit rus nooit nie: Selfs terwyl jy slaap, is jou brein nog aan die werk.

  2. Lewer Jy kan dié orgaan bedank vir helder oë en ’n gesonde vel – die lewer ontgif skadelike stowwe soos alkohol. Dit stel ook energie uit suiker en vet vry na gelang van die voedingsbehoeftes van die liggaam, en skei gal af wat ontslae raak van cholesterol en vet verteer. Dit is ’n verbasend lewenskragtige orgaan, een van die min wat in staat is tot natuurlike herskepping. Selfs al het net 25 persent van ’n lewer onbeskadig oorgebly, kan die hele orgaan weer daaruit groei.

  3. DNS Byna al die nagenoeg 50 triljoen selle in die liggaam bevat DNS, ’n molekule wat die bloudruk vir elke onderdeel is. Elke keer wanneer ’n sel verdeel, moet sy DNS ’n perfekte replika wees om te verseker dat geen foute in daardie ontwerp ingesluit word nie. Ultravioletstrale en gifstowwe in sigaretrook is net ’n paar van die dinge wat DNS kan beskadig en foutiewe seldeling veroorsaak. Spesiale gene bekend as gewasdemper-gene gaan die DNS na en beheer die groei van abnormale selle.

  4. Vel Sag, glad, duursaam . . . die vel is meer as net mooi toedraaipapier. Dié waterdigte, hernubare, soepel en rekbare bedekking beskerm ons teen ’n skadelike omgewing. Die vel beheer ook ons liggaamstemperatuur alte knap: ’n Lagie vet help om die hitte binne te hou terwyl sweetkliere die liggaam deur verdamping laat afkoel.

FLATERS

  1. Sinusse Die sinusse is holtes binne-in die kopbeen wat met lug gevul is. Afgesien van slymproduksie en ’n eff ense versterking van die gesigsbene dien hulle nie eintlik ’n doel by die mens nie. By diere dreineer hulle afwaarts in die neuskanale deur klein openinkies wat as ostia bekend staan. Omdat ons gesig nie na onder wys nie, laat swaartekrag nie meer ons sinusse dreineer nie. Die gevolg? Allergieë en virusse veroorsaak ontsteking wat die kanaaltjies verstop en omdat hulle nie behoorlik dreineer nie, ontsteek die sinusse vinnig.

  2. Verstandtande Ons voorgangers het growwe kosse soos neute en harde groente geëet, iets waarvoor groot kake met ekstra maaltande nodig was. Ons dieet en leefstyl het mettertyd verander, maar die samestelling van ons gebit het nie daarmee tred gehou nie. Dié ekstra tande in ons kake wat nou heelwat kleiner is, is niks meer as ’n bron van ongemak vir ons en ’n inkomste vir die tandarts nie.

  3. Blindederm Die blindederm is ’n klein doodloopbuisie naby die plek waar die dun- en dikderm saamkom. Sommige wetenskaplikes bespiegel dat dit by die mens ’n oorblyfsel is van ’n groter derm vir die vertering van blare. Ander sê dit verskaf ’n skuilplek vir nuttige bakterieë wanneer siektes soos diarree hulle uit die res van die derms spoel. Maar ’n blindederm is eintlik net ’n ergernis. ’n Verstopping kan ontaard in blindedermontsteking, ’n infeksie wat dodelik kan wees as die blindederm nie uitgehaal word nie.

  4. Gewigdraende Gewrigte Dis lekker om regop te loop en jou hande te kan gebruik, maar dit kom nie verniet nie. Pleks daarvan dat ons liggaam vier ledemate het om die liggaamsgewig te versprei, het regopstap tot gevolg dat alle meganiese kragte versprei word deur die lae rug, heupe en knieë. Stap, hardloop en spring veroorsaak slytasie van die kraakbeen en die beenstruktuur van hierdie vragdraende gewrigte.

  5. Immuniteitstelsel Dis sowel ’n wonder as wat dit nie so waffers is nie. Dieselfde stelsel wat ons teen indringer-mikrobes beskerm, kan soms te waaksaam wees en sy eie proteïene as ’n bakterie of virus beskou. Dit kan lei tot een van vele sogenaamde outo-immuniteitsiektes, waar die inflammatoriese reaksie wat gewoonlik teen indringer-organismes gemik is, die liggaam se eie weefsel aanval.

Anti-ageing Centre


 
Previous article: Next article:
Menopouse Slaap
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Esmaré skryf
Vinger op die pols
Nuus Flitse
Binne-in jou brein
KAMPIOENE
Bloedbande
Die Chemie van liefde
Nuwe lewe met stamselle
Dis hoe Tim wil hè jy moet oefen
Het jy 'n vet persoonlikheid?
Verloor baie kilo's diè winter
Baldadig
Voetwerk
Wraak van die griepvirus
Leef deur die Menopouse
Die lyf se wonders en flaters
Die A tot Z van slaap
Kuberpsigiater Junie 2008
Kuberapteker
Sit hand by
Die spoed van Lewe
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Huisgenoot Pols Blokraai Nommer 4
Volg jou kop!
Fantastiese ligvertoning
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement