|
Wraak van die griepvirus

JOU VOLGENDE SIEKBED IS NET ’N NIES VERDeur die Health24 span
Hallo, ek is Gert die griepvirus.
Ek is ’n geslepe kêrel. Dis aan
my te danke dat jy een
oggend wakker word en
dodelik siek voel. Ek is
altyd op soek na die
volgende slagoff er
en nou’t ek my oog
op die perfekte
een: Marie…
SATERDAG
Marie is ’n oulike
poppie. Sy is nou wel
te netjies en gesond
na my smaak, maar ek
sal haar nog kry.
Dis moeilik om naby aan haar te kom. Sy
hou van organiese kos (ugh!) en sy vat
selfs haar eie mandjie supermark toe – en
vermy ewe slim die trollie-handvatsels
waar ek altyd uithang.
MAANDAGOGGEND ...
En sy is ’n regte
kiemontduiker
by die werk.
Sy gebruik net
haar eie foon
en laat nie eens
toe dat ander
mense haar
skryfbehoeftes
of rekenaar
gebruik nie.
Ek besluit om haar in die gim
op te soek, maar sy maak seker
dat haar lippe nie aan die kraan
se bek raak nie.
Kyk nou net daar – sy was
selfs haar hande voor sy
aan haar gesig vat. Sy
maak dit beslis nie maklik
vir ’n man nie.
Het haar! Marie
weet nie dat ’n
siek kind oor die
speelgoed gekwyl
het nie.
DINSDAGMIDDAG…
Knap gedaan,
skat.
Kombuissponse
en
vadoeke
is my
geliefkoosde
broeiplekke.
Oe, ek is dol op
kitsbanke. Ek kan
oor die knoppies
kerjakker en
duimgooi met die
geld.
By restaurante
kan jy maklik nuwe
mense ontmoet.
Daardie Simone is
nogal oulik. Al wat
Marie nou moet
doen, is om my aan
haar oor te dra.
WOENSDAG . . .
Al voel Marie reeds ’n bietjie olik gaan
sy nog steeds op haar sakebesoek.
Perfek. Daar is niks
beter as die hergesirkuleerde
lug op ’n vliegtuig en al daardie
relings en pale op die bus om
op rond te rits nie.
Hoeveel
ander
mense
gaan nou
nog aan die
deurknop
raak? Ek
kan nie
wag om uit
te vind nie.
Sukses! Lyk my
ek gaan Marie
uiteindelik tog in
die bed kry. Sy
nies vir ’n vale en
haar keel lyk ook
heel olik
VRYDAG
En ek kry Simone
sommer ook beet.
Wat ’n heerlike
manier om ’n naweek
deur te bring.
DIE BESTE VOORKOMING
Dis eenvoudig. Was jou hande gereeld en hou jou immuunstelsel sterk. Eet gesond, rus genoeg, oefen en moenie rook nie.
GRIEPETIKET
- Dra altyd sneesdoekies saam met jou.
- Hou eerder jou elmboog voor jou neus as jy nies en
nie ’n sneesdoekie byderhand het nie. Die kans is
kleiner dat jy met jou elmboog weer aan jou mond
sal raak.
- Dra ontsmetsnesies saam as jy siek is sodat jy openbare
telefone, sleutelborde en penne kan skoonvee.
- Moenie in die griepseisoen met mense bladskud nie.
- Staan minstens ’n meter weg van mense wat nies of hoes.
- Moenie kos vir ander voorberei terwyl jy siek is
nie. Moet liefs nie die kos in ’n restaurant eet as jou
kelner hoes of nies nie. Vra ’n nuwe bord kos of jou
geld terug.
- Wees versigtig vir soen as jy siek is. Omdat speeksel
uitgeruil word, dra jy die virus aan jou geliefde oor.
Flu Condition Centre
Dié foto strokiesprent het in die Winter 2008 uitgawe van Pols verskyn.
|