|
Voetwerk
Jy kan jou kind se koördinasievermoë (en jou eie) met oefeninge verbeter
Deur Betina Louw
SOMMIGE mense word rats en vlugvoetig gebore.
Ander is lomp en hul hande en voete is
dom wanneer hulle moet spring, gryp, vang,
sy stap of danspassies uitvoer. Dit is asof die
ledemate nie wil luister wat die brein sê nie.
Dit maak nie saak of jy so rats soos Bryan Habana is
of lood in jou voete het nie en of jy jonk of oud is nie:
Jou koördinasie en ratsheid sal verbeter as jy dié vyf
oefeninge drie maal per week doen. Jy sal ná ’n maand
al die verskil begin agterkom. As jy gereelder oefen,
sal jy gouer ’n verbetering sien, sê biokinetikus Pea
Blaauw, wat die oefeninge saamgestel het.
- Bal-bons
Bons ’n bal op en af met jou
plat hand – of eff ens skuins
oorkruis voor jou lyf – van een
hand na die vloer na die ander
hand. Kinders en grootmense
met swak koördinasie kan ’n
groter bal gebruik. Vir ’n meer
gevor derde variasie van dié
oefen ing, gebruik ’n kleiner
bal en bons dit vinniger. ’n Beginner kan die oefening
doen so lank as wat hy
dit kan volhou. Sodra jy dit
onder die knie het, probeer
om die bal honderd keer
ononder broke op en af te
bons.
- Patroon-spring
Trek of plak drie sokkerbalgrootte-
kolle reg langs mekaar
op die grond, of verbeel jou
daar is kolle. Spring op een
been van kol tot kol, heen en
weer en vorentoe, dan op die
ander been, en probeer om
met jou voet in die middel van
die kolle te land. Moenie die
afstand tussen jou merke te
groot maak nie, anders raak die
oefening te moeilik om korrek
uit te voer. Doen die oefening
dertig sekondes op ’n slag en
herhaal dit drie tot vyf keer as jy
’n beginner is. Hou aan tot jy ’n
stel van tien kan doen.
- Knie-hand oorkruis
Staan regop. Lig jou linkerknie
op na jou linkerbors
terwyl jou regterhand terselfdertyd
van bokant jou
skouer na jou linkerknie beweeg.
Raak met jou handpalm
aan jou knie. Gebruik
groot beweg ings en probeer
só jou balans hou. Herhaal
na die ander kant. ’n Beginner kan twee stelle
van tien met elke been doen.
As jy dit onder die knie het,
kan jy dit vinniger doen, met
twee stelle van twintig vir
elke been.
- Leer-sprong
Trek met ’n stuk kryt ’n leer
met vier of vyf sporte op die
grond en ruil jou voete terwyl
jy in klein, vinnige spronge
tussen die sporte beweeg.
Jy kan ook kruis en dwars
en in verskillende patrone
spring. Probeer om so akkuraat
moontlik te spring sodat
jy elke keer reg in die middel
van ’n blok land. As jy ’n beginner is, kan jy
twee stelle van twintig doen,
en later al meer en vinniger. Jy
sal verbaas wees hoe jou
lompheidverdwyn.
- Buig en lig
Gee met een been ’n klein tree vorentoe, maar hou albei knieë gebuig en die gewig op jou voorvoet.
Hou jou agterste been gebuig en staan in hierdie posisie. Bring dan jou agterste been
vorentoe sodat jou knie voor jou bors is en jou tone na die vloer wys. Hou dié posisie vir een telling
terwyl jy op jou ander been balanseer. Konsentreer daarop om jou balans te hou sodat jy so
min sywaarts as moontlik beweeg. Keer dan terug na die oorspronklike posisie. Herhaal met die
ander been. Vir ’n moeiliker variasie kan jy die tempo versnel en jou teenoorgestelde elmboog tot
teen jou knie bring terwyl dit voor jou bors is. ’n Beginner kan twee stelle van tien met elke been
doen, en algaande meer.
Send this to a friend
|