|
Baldadig

Of jou kind die volgende
sport-superster is of nie,
goeie balvaardigheid en
hand-oog-koördinasie
sal ook op ander gebiede
(dink wiskunde!)
in sy guns tel. Daar’s
gelukkig baie wat jy kan
doen om dié vaardighede
te ontwikkel
Deur Carine van Rooyen
en Leandra Engelbrecht
SOKKERBALLE, tennisballe, bont strandballe
of vrolike bonsballe – kry hulle in
die hande en skop hulle, gooi hulle en
rol hulle. Dit sal vir jou kind van onskatbare
waarde wees.
Die vermoë om ’n bal goed te hanteer,
kan lewenslange plesier van sportdeelname én
beter gesondheid meebring. Wie weet, miskien is jy
selfs besig om ’n sport-superster groot te maak! Maar
dit gaan nie net oor sport en aksie nie; goeie balvaardighede
is maar net een van die positiewe gevolge van
goeie hand-oog- en voet-oog-koördinasie.
En dit bring ons by ernstige dinge soos wiskundige
vermoëns. Kinders het vroeg reeds goeie koördinasievaardighede
nodig wat hulle in staat stel om eenvoudige
dinge te doen soos om aan te trek, tandepasta op
’n tandeborsel uit te druk en vrugtesap te skink. Dit lei
tot die bemeestering van ingewikkelder aktiwiteite
soos om videospeletjies te speel, in te kleur, dinge met
’n skêr uit te knip, te skryf, die rekenaarmuis te gebruik
en ’n begrip vir ruimtelike konsepte, wat belangrik vir
wiskunde is, te ontwikkel.
Probleme
’n Mens let swak hand-oogkoördinasie
heel eerste op
as ’n gebrek aan skryf- en
tekenvaardighede. Daar’s
twee hoofoorsake: sigprobleme
en bewegingafwykings.
Kyk uit vir tekens soos
lompheid, wisselvallige of ongekoördineerde
bewegings,
swak handskrif en moeite om
woorde te spasieer en op die
lyn te hou of om in wiskunde
eweredige kolomme te trek.
Op pad na groter
Balvaardighede
Hoewel balvaardigheid
iets is waarmee ’n mens
gebore word, kan dit steeds
ontwikkel en verbeter word,
sê Anne van Niekerk van
Playball. Playball is ’n prettige
benadering tot liggaamlike
opvoeding wat dikwels
deur skole gebruik word
om die balvaardighede en
terselfdertyd die hand-oogen
voet-oog- koör di nasie van
kinders te verbeter.
“Onthou net dat kinders
se ontwikkelingsfases nie
altyd ’n vasgestelde patroon
volg nie,” sê Dana-Anne Katz,
’n geregistreerde arbeidsterapeut
van Kaapstad.
“Alle kinders ontwikkel
hul vaardighede op hul eie
tyd en party kinders se
vaardighede sal altyd op
sekere gebiede meer
ont wik kel wees as op ander.”
Gee jou kind ’n voorsprong
met behulp van ons mylpaalgids
en nuttige wenke om hul
balvaardighede te verbeter.
Op tweejarige ouderdom
DINGE WAT KINDERS KAN DOEN
Die ontwikkeling van balvaardighede behels baie meer as net
om te leer om ’n bal te gooi, vang of skop. Die belangrikste in
dié stadium is om kruip en gewigsondersteuning met die arms
aan te moedig, sê Dana-Anne.
Op twee jaar oud kan kinders al in staat wees om ’n bal,
kussing of boontjiesakkie te vang wat saggies en direk na hul
borskas gegooi word. As jou kinders ’n bal akkuraat kan skop,
’n balletjie kan vang of die bal doelgerig kan gooi, is hulle met
buitengewone balvaardighede geseën.
OUERS AAN DIE BEURT
- Moenie kinders te dik aantrek nie – dit beperk hul
vermoë om vrylik te beweeg.
- Laat hulle so dikwels moontlik kaalvoet loop.
- Moenie hul bedrywighede te veel organiseer nie; laat
hulle toe om skeppend te wees.
SO MAAK MENS
- Moedig kinders aan om deur tonnels, onder
tafels en stoele deur, onder lakens en deur
bokse en hindernisbane te kruip. (Pretfaktor:
Lok hulle met ’n speelding aan die einde
van die tonnel.) Selfs ouer
kinders behoort
nog aan rondkruipspeletjies
deel
te neem.
- Gebruik trek- en
stootspeelgoed om
balans en krag in hul arms te ontwikkel.
- Maak gebruik van vloeraktiwiteite soos legkaarte,
vingerverf en krytteken op plaveisel
sodat hulle hul gewig op hul hande en knieë
kan plaas en hul hele liggaam kan gebruik.
- Skep geleenthede vir klim, selfs al is dit
net op en af met ’n trap.
- Gooi balle (verskeie gewigte, teksture en
groottes) in en uit ’n balpoel of -net of ’n
speelgoedboks, of rol dit na jou kind.
- Gee hulle kolwe of stokke om balle of
hangteikens mee te slaan.
- Moedig peuters wat al kan loop aan om
balle te begin skop, selfs al moet hulle aan
iets vashou.
DINGE WAT KINDERS KAN DOEN
Op dié ouderdom is kinders in staat om met uitgestrekte arms ’n bal te vang
as daar versigtig na hul hande gemik word. Hulle kan dalk nog ’n bietjie
wankelrig wees wanneer hulle op een voet balanseer, maar hulle kan reeds
goed mik en skop.
OUERS AAN DIE BEURT
- Geesdrif en pret is belangriker as spesifi eke sportvaardighede
of -resultate.
- Moenie oorbeskermend wees nie; laat kinders lekker los rondhardloop.
SO MAAK MENS
- Oefen om sagte balle, opgestopte kouse of boontjiesakkies te slaan, gooi,
vang, skop, bons en dribbel.
- Gebruik balhouers (R5 by Sportsmans Warehouse) en speel doelwagter
terwyl jou kind probeer om die bal by jou verby te skop. (Pretfaktor: Jy’s
’n groot skip in die hawe en die klein skippie – die bal – moet probeer om
by jou verby te kom na die diepsee.)
- Maak ’n groot bal aan ’n tou aan ’n tak vas en laat jou kind die bal “kopstamp”.
(Pretfaktor: Jou kind klop aan die kasteel se deur en word eers ná drie, vier of
vyf opeenvolgende kopstampe ingelaat.)
- Laat jou kind ’n groot bal deur ’n hoepel gooi en vang.
- Kry vir jou kind ’n driewiel vir balans en koördinasie.
- Laat hulle boomklim.
- Moedig sportaktiwiteite aan soos mini-gholf, stofl ap-hokkie, boontjiesakkorfbal,
teikenspeletjies, kegelspel, ens.
Op drie- en vierjarige ouderdom
DINGE WAT KINDERS KAN DOEN
Op dié ouderdom is kinders in staat om met uitgestrekte arms ’n bal te vang
as daar versigtig na hul hande gemik word. Hulle kan dalk nog ’n bietjie
wankelrig wees wanneer hulle op een voet balanseer, maar hulle kan reeds
goed mik en skop.
OUERS AAN DIE BEURT
- Geesdrif en pret is belangriker as spesifi eke sportvaardighede
of -resultate.
- Moenie oorbeskermend wees nie; laat kinders lekker los rondhardloop.
SO MAAK MENS
- Oefen om sagte balle, opgestopte kouse of boontjiesakkies te slaan, gooi,
vang, skop, bons en dribbel.
- Gebruik balhouers (R5 by Sportsmans Warehouse) en speel doelwagter
terwyl jou kind probeer om die bal by jou verby te skop. (Pretfaktor: Jy’s
’n groot skip in die hawe en die klein skippie – die bal – moet probeer om
by jou verby te kom na die diepsee.)
- Maak ’n groot bal aan ’n tou aan ’n tak vas en laat jou kind die bal “kopstamp”.
(Pretfaktor: Jou kind klop aan die kasteel se deur en word eers ná drie, vier of
vyf opeenvolgende kopstampe ingelaat.)
- Laat jou kind ’n groot bal deur ’n hoepel gooi en vang.
- Kry vir jou kind ’n driewiel vir balans en koördinasie.
- Laat hulle boomklim.
- Moedig sportaktiwiteite aan soos mini-gholf, stofl ap-hokkie, boontjiesakkorfbal,
teikenspeletjies, kegelspel, ens.
Op vyf- en sesjarige
Ouderdom
DINGE WAT KINDERS KAN DOEN
In dié stadium behoort kinders reeds met groter balans en beheer te beweeg, oor
basiese oog-voet-koördinasie te beskik, ’n voorkeur vir die linker- of regterhand/voet
te begin ontwikkel, in staat te wees om saam met ’n maat/spanmaats te speel en ten
volle bewus van sukses en mislukking te wees – moet dus nie ophou om hulle aan
te moedig nie.
OUERS AAN DIE BEURT
- Help jou kinders om hul selfvertroue op te bou.
- Begin om hulle die basiese reëls van sekere sportsoorte te leer en
die korrekte terminologie te gebruik.
SO MAAK MENS
- Speel balspeletjies. Oefen om te vang, gooi, kolf, bons en skop.
- Laat jou kinders met verskillende soorte sporttoerusting soos
tennisrakette en krieketkolwe speel.
- Plaas ’n korfbalhoepel teen ’n buitemuur en daag jou kinders uit om die bal
vanaf 6 m te bons en dit van ’n afstand van 2 m en 3 m deur die hoepel te probeer
gooi (hoe verder van die hoepel, hoe hoër die punte).
- Verf ’n teiken teen die garagedeur; die kinders se puntetelling styg hoe
nader hulle aan die kolskoot kom. Wissel die afstand na die teiken en gooi
’n nat tennisbal sodat daar ’n merk teen die teiken bly sit.
- Laat jou kind swaaibal (swing ball), ringgooi (ring toss), kroukie, minikrieket en
minitennis speel, en begin fietsry.
Op sewe- en agtjarige
ouderdom
DINGE WAT KINDERS KAN DOEN
Hulle kan al kleiner balletjies vang, hul balans goed hou, rats wees,
individuele sterk en swak punte begin toon en reël-sportsoorte
soos rugby, krieket, hokkie, netbal, sokker en bofbal geniet.
Op hierdie ouderdom begin hulle om aan skoolsport deel te
neem en van struktuur en spanspel te leer. Laat hulle dinge op hul
eie manier doen; te veel tegniek-afrigting kan hul natuurlike talent
belemmer, sê dr. Ross Tucker van die Universiteit van Kaapstad en
die Instituut vir Sportwetenskap van Suid-Afrika.
Let wel: Party kinders raak op hierdie ouderdom baie mededingend;
dis dus belangrik om oormatige geesdrif en aggressiewe
spel te beteuel. Wees ook versigtig hoe jy op ons nasionale
spanne se spel op televisie reageer – kinders leer dikwels hul
mededingende aard by hul ouers.)
OUERS AAN DIE BEURT
- Verduidelik hoe belangrik dit is om as ’n span saam
te speel.
- Vermy stereotipering van seuns en meisies met
betrekking tot spesifi eke aktiwiteite.
SO MAAK MENS
- Speel handtennis met ’n klein balletjie in die
oprit of tuin.
- Dribbel ’n balletjie met ’n hokkiestok
deur sigsag kegels en skiet ’n doel; later
kan die kinders jou op pad na die doel
probeer ontwyk.
- Laat ’n tennisbal aan ’n tou in die garage
hang en laat die kinders dit met ’n krieket-
of bofbalkolf slaan.
- Speel ’n pretspeletjie soos “raakkorfbal”.
Die kind bons ’n groot bal binne
’n gemerkte gebied; jy beweeg rond
en die kind probeer om jou aan te
raak terwyl hy of sy die bal bons.
Wanneer jy aangeraak word, is jy “aan”
Op nege- en tienjarige
Ouderdom
DINGE WAT KINDERS KAN DOEN
Op hierdie ouderdom het kinders heelwat meer stamina, hulle
kan tussen regs en links onderskei, hul reaksies is baie vinniger, hul
balans, koördinasie en reaksievaardighede is baie beter en hulle
kan ingewikkelde opeenvolgende bewegings baasraak.
OUERS AAN DIE BEURT
- Fokus op individuele sterk punte. As ’n kind nie in spansport
belangstel nie, help hom of haar om ander talente te
ontwikkel of kies individuele sportsoorte soos gimnastiek,
ballet of swem.
- Skep ’n aktiewe roetine. Moedig kinders aan om
skool toe te stap of fiets te ry en by die huis aktief
met takies te help.
SO MAAK MENS
- Kry ’n klompie kinders bymekaar en speel “tagby” (’n eenvoudiger
soort aanraakrugby).
- Speel korttennis of minitennis (met ’n laer net, kort, liggewig-
rakette en ’n sagte sponsrubberbal).
- Speel “middelmannetjie”: Drie kinders staan in ’n ry. Terwyl die
twee aan die buitekant die bal na mekaar toe gooi, probeer die
een in die middel dit vang. As hy of sy dit regkry, word die een
wat die bal gegooi het die nuwe “middelmannetjie”.
Op elf- en twaalfjarige
Ouderdom
Dis waarskynlik die deurslaggewendste
tydperk omdat byna alle kinders op dié
ouderdom aan georganiseerde sport
blootgestel word. Dié ondervinding kan
sport vir hulle vir die res van hul lewe
maak of breek.
Party kinders het nou al hul natuurlike
balvaardighede ontwikkel terwyl ander
kinders nog nie op hul gemak daarmee is
nie. As hulle nie goed met bal-sportsoorte
is nie, beproef liewer ander sportsoorte as
krieket, rugby, sokker en netbal
DINGE WAT KINDERS KAN DOEN
Dis prettig en ’n uitdaging om nou ingewikkelder fi sieke
vaardighede aan te leer en ook om basiese reëls en
taktiek in mededingende wedstryde toe te pas.
OUERS AAN DIE BEURT
- Verseker dat jou kind die korrekte veiligheidstoerusting>
soos skeenskutte vir sportsoorte soos
krieket of hokkie het, én dit gebruik.
SO MAAK MENS
- Speel krieket saam met die buurt se kinders en maak
seker elke kind kry ’n kans om te kolf en boul.
- Leer kinders ’n eenvoudiger weergawe van korfbal
en begin met basiese dinge soos om te vang,
gooi, bons en punte aan te teken.
- Moedig die hele gesin aan om tafeltennis te speel.
LINKS
VS.
REGS
Is jou kind links? Dan het
hy ’n goeie kans om bo sy
regshandige maats in krieket,
tennis of hokkie uit te styg.
In tennis is dit bekend
dat linkshandiges die bal
in die teenoorgestelde
rigting laat draai as wat ’n
regshandige teenstander
dit normaalweg sou
slaan. As gevolg hiervan
kan regshandige spelers
dikwels nie die balle van ’n
linkshandige hanteer nie.
Om links te wees, is ook
baie nuttig vir ’n hokkiespeler.
Jou linkerhand
is altyd aan die
bokant van die stok
van waar dit beheer
word terwyl die
regterhand die stok
ondersteun (daar
is nie ’n hokkiestok
vir linkshandiges
nie!). John McEnroe
(tennis) en Brian
Lara (krieket) is
bekende linkshandiges.
Fun and fitness for children.
Laaitie to a pro
|