Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
How UV hurts
Suntan, sunburn, ageing. The sun can affect your skin in many ways. How does it work?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 Winter 2008
 
Verloor baie kilo's diè winter

Moenie die winter gewig aansit nie. Maak ses klein veranderings aan dit wat jy gedurende die koue maande eet - en begin die lente met 'n voorsprong.

As jy dié ses veranderings aan bring, sal jy tussen Junie en September geen gewig aansit nie. Jy kan voor die lente selfs tot 20 kg afskud, na gelang van hoe sleg jou huidige gewoontes is.

Ons weet al dat wanneer die temperatuur daal, doen ons gewig presies die teenoorgestelde. Terwyl ons weglê aan pasteie en bredies om die winterkoue af te weer, maak ons terselfdertyd seker dat daar ’n ekstra lagie (vet) tussen ons en die koue lug is.

En wanneer dit koud en triestig is buite, voel niemand lus om van die rusbank af op te staan om oefening te doen nie.

Die vermindering van fisieke aktiwiteit en ’n winterdieet wat bestaan uit swaar, vetterige kos, is die hoofredes waarom mense in dié seisoen gewig aansit.

Hoe keer ons dan dat dié dae swaar tye word?

VERANDERING 1

Eet vrugte en los sie nagereg
Wintervrugte soos lemoene, pomelo’s, nartjies, papajas, kiwivrugte en koejawels is almal propvol beskermende voedingstowwe soos vitamien C wat winterverkoue en -griep afweer, en het boonop ’n lae kilojoule-inhoud. Eet een van dié vrugte saam met elke maaltyd om jou versadig te laat voel en jou immuunstelsel beter te laat werk.

Die verskil
As jy net vyf porsies vrugte per week (meer is natuurlik beter) pleks van nagereg of 100 g sjokolade eet, sal jy nie ’n gram aansit nie. Indien jy tot nou toe minstens drie keer per week nagereg, koek en sjokolade geëet het, sal jou nuwe gewoonte jou help om binne drie maande tot 5 kg af te skud.

VERANDERING 2

Kies lae-kilojoule-sop en bredies
Die winter is ook die beste tyd om sop te eet – wat voedsaam kan wees sonder om jou energie-inname te verhoog en jou gewig te laat aansit.

Die maklikste manier om sop te maak, is om ’n verskeidenheid groente saam met bees- of hoenderaftreksel te kook. Gebruik aftrekselblokkies met ’n lae kilojoule-inhoud, en as jy jou eie aftreksel van hoender of beesvleis maak, laat dit in die yskas afkoel en verwyder dan die vet wat bo-op vorm.

Gebruik vetvrye melk om groente-roomsop te maak en voeg vetvrye jogurt pleks van room by. Maak jou sop en bredies reeds die vorige dag, laat dit in die yskas afkoel en skep die gestolde vet af voor jy die geregte verhit en voorsit. Met elke teelepel vet wat jy verwyder, verminder jy die gereg se kalorieinhoud met byna 200 kJ. Sit groentesop voor met lekker bros volkoringbrood – dit is ’n heerlike, voedsame maaltyd wat jou ure lank warm en versadig sal laat voel . . . en nie vet maak nie.

Die verskil
Probeer om elke dag ’n laekilojoulesop as een van jou hoofmaaltye te eet en skep die vet van jou bredies af, dan sal jy nie gewig aansit nie. Jy kan om die waarheid te sê binne drie maande tot 3 kg afskud.

VERANDERING 3

Skakel oor na vetvrye suiwelprodukte
Navorsing dui aan dat die inname van méér laevetsuiwelprodukte inderdaad gewigsverlies kan aanhelp. As jy vetvrye melk vir winterdrankies soos Milo gebruik, sal jy dié seisoen nie gewig aansit nie.

Die verskil
Sê nou jy vervang al jou volroommelk met afgeroomde (vetvrye) of laevet-melk (2 persent). En jy gebruik laevetjogurt en -maaskaas pleks van die volroomsoorte. En hou by ’n maksimum van drie suiwelporsies per dag (drie glase melk of drie klein bakkies jogurt of drie porsies maaskaas so groot soos vuurhoutjieboksies). Dan kan jy binne drie maande tussen 2 en 4 kg afskud – dit hang af of jy vetvrye of laevetsuiwelprodukte kies.

VERANDERING 4

Probeer nie-voedsame versoeters
Pleks daarvan om twee tot drie teelepels suiker by jou warm winterdrankies te voeg, gebruik liewer kunsmatige of nie-voedsame versoeters. As jy gewoonlik vyf warm drankies per dag geniet, spaar jy tussen 800 en 1 200 kJ.

Die verskil
Jy sal binne drie maande tussen 2 en 3 kg afskud.

VERANDERING 5

Hokaai met die pasteitjies slaptjips en soetgebak
Dis geriefl ik om aan wegneemkos soos worsrolletjies, samoesas, soetgebak, slaptjips of gebraaide hoender te smul as dit koud is buite – dis byna “trooskos”.

Die verskil
As jy dié winter sulke kos kan vermy, het jy ’n goeie kans om nie gewig aan te sit nie. En as jy gewoonlik elke dag ’n pasteitjie en ’n pakkie slaptjips eet, sal jou nuwe gewoonte jou help om binne drie maande tot 5 kg te verloor.

VERANDERING 6

Wees aktief
Neem ’n ferm besluit om dié winter aktiewer te wees. Gaan stap lekker vinnig wanneer die son skyn, sluit by ’n gimnasium aan, gaan dans, doen Pilates- of jogaklasse, of probeer tuis-oefensessies. Net tien minute sal jou heerlik warm en blakend gesond laat voel. Fisieke aktiwiteit help ook om daardie neerslagtige winterbuie hok te slaan.

Die verskil
As jy aanhou met jou somer-oefenprogram, sal jy nie gewig aansit nie. As jy tot nou toe ’n stoelpatat was, sal jy gewig verloor sodra jy begin oefen. As jy vyf tot ses dae per week 30 minute lank vinnig stap, sal jy binne drie maande tot 1,5 kg afskud. Indien jy drie halfuur lange spieroefensessies per week by jou roetine voeg, kan jy binne drie maande 3 kg ligter wees.

VINNIGE FEIT

  • As jy gedurende die winter depressief voel, reageer jou liggaam deur meer serotonien te produseer – die “gelukkige hormoon”. Een van die maniere hoe die liggaam probeer om sy serotonienvlak te verhoog, is om jou na koolhidrate te laat smag.

  • Ongelukkig het baie koolhidraatkosse soos slaptjips, koek , pasteitjies en sjokolade ook ’n hoë vetinhoud. As jy baie sulke kosse eet omdat jy ’n behoefte aan koolhidrate het, sal jy heel moontlik gewig aansit.

Diet centre


 
Previous article: Next article:
Vet persoonlikheid Balvaardighede
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Esmaré skryf
Vinger op die pols
Nuus Flitse
Binne-in jou brein
KAMPIOENE
Bloedbande
Die Chemie van liefde
Nuwe lewe met stamselle
Dis hoe Tim wil hè jy moet oefen
Het jy 'n vet persoonlikheid?
Verloor baie kilo's diè winter
Baldadig
Voetwerk
Wraak van die griepvirus
Leef deur die Menopouse
Die lyf se wonders en flaters
Die A tot Z van slaap
Kuberpsigiater Junie 2008
Kuberapteker
Sit hand by
Die spoed van Lewe
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Huisgenoot Pols Blokraai Nommer 4
Volg jou kop!
Fantastiese ligvertoning
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement