Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
Stem cell miracles
A transplant of a windpipe using stem cells has given a woman a new lease on life.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 Huisgenoot Pols Junie 08
 
Die Chemie van liefde

Die bron van hartstogtelikeliefde is toe al die tyd nie in die hart nie, maar in die brein Deur die Health24 span

Eers klop jou hart vinniger. Dan voel dit of jy wil bars van geluk en pure opgewondenheid.

As jy weer sien, is jou voete onder jou uitgeslaan en is jy net nog ’n slagoff er van die chemiese reaksie bekend as “liefde”.

Wanneer ons halsoorkop verlief raak, is dit juis die kop wat betrokke is. Gedurende die verliefdheidstydperk stel die brein verskillende hormone en breinoordragstowwe vry wat die lyf met allerhande sensasies deurspoel.

Vlinders fladder in jou maag rond as ’n sekere persoon se naam op jou selfoonskerm verskyn. Jou knieë raak lam wanneer jou geliefde vir jou glimlag. En jy loop oor van geluk as jy net dink aan die aand wat julle saam gaan deurbring.

Maar jou liggaam moet ’n prys betaal vir dié verliefdheid. Jou handpalms sweet en skielik kan jy nie ’n woord uitkry wanneer die groot liefde in die omtrek is nie. Jy lê snags sonder rede wakker. Jy verloor jou eetlus. Die liefdesdoepa vol breinchemikalieë is letterlik besig om jou siek te maak van liefde.

Klop jou hart soms so woes dat jy seker is ander kan dit ook hoor? Dis glad nie jou verbeelding nie. Dis die brein oordragstof noradrenalien wat jou hartklop so aanjaag. Dié vlug-of-veghormoon kan ook jou mond laat droog voel. G’n wonder nie dat selfs die gladste tong skielik kan vashaak as die geliefde in die nabyheid is.

En wanneer jou geliefde jou nader trek vir ’n soen, voel jy skoon flou. Siniese siele sal sekerlik snork, maar wetenskaplikes is nie te verbaas nie.

Hulle weet dat ’n toename in die breinoordragstof dopamien duiseligheid, warm gloede en swetende handpalms kan veroorsaak. Die liefde het omtrent aangename neweeff ekte!

Voel jy lus om jou liefde van die hoogste bergpiek af uit te basuin? Jy sal nie die eerste een wees wat so voel nie. Eeue lank het die liefde mense al aangevuur om die ongeloofl ike te verrig.

Dis gedeeltelik te danke aan die kombinasie van dopamien en noradrenalien wat help dat jy skerp gefokus en energiek voel.

Dis ook waarom jy snags wakker lê terwyl jou gedagtes die hele tyd om jou geliefde draai.

Dis heel moontlik dat dié smoorverliefde gevoel ná sowat ses tot agttien maande kan begin afneem. Skielik is jy nie meer heeltemal so opgewonde wanneer jou foon lui nie. Jy hoef nie meer elke oomblik van die dag saam met jou geliefde deur te bring nie. Jou eetlus is terug.

Wat gebeur, is dat jou liggaam terugkeer na die normale toestand wanneer jou lyf weerstand opbou teen die breinchemikalieë. Net soos wat die geval is met hallusinogeniese dwelms, het jou liggaam meer daarvan nodig om dieselfde gevoel van liefde en verliefdheid te ervaar.

Dis waar oksitosien ingryp. Dis nie verniet bekend as die “drukkie-hormoon” nie. Dié hormoon speel ’n belangrike rol om twee mense in ’n intieme verhouding saam te bind.

Navorsers het bevind dat oksitosien vrygestel word tydens geboorte, wat help dat ’n band tussen ma en kind gesmee word.

Dié hormoon word ook vrygestel wanneer dinge tussen ’n paartjie vurig begin raak. Oksitosien maak jou senuwee-eindpunte sensitiewer en laat jou van genot gloei en bewe. Wanneer die uitwerking van die ander breinoordragstowwe vervaag, is oksitosien die gom wat ’n paartjie bymekaar hou.

Wanneer jul verhouding in hierdie stadium is, sal ’n paar fluisterwoordjies in jou geliefde se oor genoeg wees om die gevoel van passievolle liefde weer aan te wakker. Volgens navorsers is jou geliefde se stem of net die blote gedagte aan hom of haar genoeg om oksitosien te vervaardig.

Met al dié chemikalieë wat jou arme brein deurspoel, is dit eintlik glad nie vreemd dat jy kop verloor nie. Gee jou emosies vrye teuels. Dit lê in ons aard om dólverlief te raak.

Madly inlove? Click here.


 
Previous article: Next article:
Niersiektes Stemselle
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Esmaré skryf
Vinger op die pols
Nuus Flitse
Binne-in jou brein
KAMPIOENE
Bloedbande
Die Chemie van liefde
Nuwe lewe met stemselle
Dis hoe Tim wil hè jy moet oefen
Het jy 'n vet persoonlikheid?
Verloor baie kilo's diè winter
Baldadig
Voetwerk
Wraak van die griepvirus
Leef deur die Menopouse
Die lyf se wonders en flaters
Die A tot Z van slaap
Kuberpsigiater Junie 2008
Kuberapteker
Sit hand by
Die spoed van Lewe
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Huisgenoot Pols Blokraai Nommer 4
Volg jou kop!
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement