Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
Stem cell miracles
A transplant of a windpipe using stem cells has given a woman a new lease on life.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 Huisgenoot Pols Junie 08
 
Vinger op die pols

HAAK HOM, BLOKKIES

Na aanleiding van die artikel oor rugby (Spelers & Krygers, Herfs 2008), die volgende:
Ek is die afgelope nege jaar by rugbyafrigting op sowel onder-13- as onder-7-vlak betrokke. My ondervinding is dat die druk, veral op die sesjariges, beslis nie in belang van die kind of rugby is nie.

Die wenfaktor en druk van ouerkant is heeltemal te groot op kinders wat net die spel moet geniet. Ek dink nie rugbyspelers moet voor die ouderdom van elf aan amptelike ligawedstryde blootgestel word nie. Pols is regtig ’n uitstekende tydskrif met leersame artikels. Ek hoop baie ouers en afrigters het die rugby-artikel gelees.

Gerrit Bal, e-pos

Ná ’n nekbesering ’n paar maande gelede speel ek weer voluit vir die Stormersrugbyspan. Ek het HG-Pols flenters gelees in die tyd wat my nek moes herstel. Hoewel ek steeds baie dinge vir rugby sal opoff er, het die artikel Spelers & Krygers (Herfs 2008) my baie laat dink. Dankie vir die ondersteuning en gebede van lesers ná hierdie artikel waarin daar na my besering verwys is.

Schalk Ferreira, Kaapstad

Oplaas ’n tydskrif wat ek vir my pasiënte kan aanbeveel! Baie dankie vir puik leesstof en goeie navorsing.

Dankie ook vir die artikel oor jeug-artritis en die nuus oor die goeie resultate wat met die nuwe biologiese middels behaal word (Jeug-artritis: nuwe hoop, Herfs 2008). Die sukses wat met dié behandeling by kinders en volwassenes behaal word, is werklik merkwaardig.

Die Artritis-stigting het ’n spesiale fonds geskep om geld in te samel vir die verskaffi ng van biologiese terapie aan kinders wat nie die duur medikasie kan bekom deur ’n mediese fonds nie.

Die geldinsamelingsveldtog heet CHAT (Children Have Arthritis Too) en alle bydraes is welkom. Skakel asseblief die Artritis-stigting by 0861-30-30-30 vir nog inligting. Elke klein bydrae kan ’n kind wat nou in pyn is, se lewe verander.
Dr. Ingrid Louw, rumatoloog Panorama Medi-Clinic, e-pos

HG-Pols is ’n puik tydskrif met insiggewende en leersame artikels. Ek voel sterk dat elke instansie – of dit nou skole, gesondheidsforums, aftreeoorde, spreekkamers of hospitale is – moet inteken vir ’n gereelde uitgawe. HG-Pols is elke sent werd – dis asof jy jou dokter huis toe bring! Handhaaf die hoë gehalte.
Catherine Pietersen, Kaapstad

ERNIE ELS EN FANCOURT STIGTING REIK UIT

Die 25 gholfspelers van die Ernie Els en Fancourt-stigting het inwoners van die Emmaüs-sentrum vir Volwasse Gestremdes in George by Fancourt getrakteer.

Dié stigting berei talentvolle jongelinge voor om eendag op wêreldvlak mee te ding. “Ons leer hulle ook om terug te gee aan die gemeenskap,” sê Hannes van Niekerk, besturende direkteur van die stigting. Middagete is voorgesit en die besoekers is met gholfkarre na die Links-baan geneem vir ’n paar houe.


 
Previous article: Next article:
Winter Wenners Medises deurbrake
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Esmaré skryf
Vinger op die pols
Nuus Flitse
Binne-in jou brein
KAMPIOENE
Bloedbande
Die Chemie van liefde
Nuwe lewe met stamselle
Dis hoe Tim wil hè jy moet oefen
Het jy 'n vet persoonlikheid?
Verloor baie kilo's diè winter
Baldadig
Voetwerk
Wraak van die griepvirus
Leef deur die Menopouse
Die lyf se wonders en flaters
Die A tot Z van slaap
Kuberpsigiater Junie 2008
Kuberapteker
Sit hand by
Die spoed van Lewe
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Huisgenoot Pols Blokraai Nommer 4
Volg jou kop!
Fantastiese ligvertoning
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement