|
Redakteursbrief
GESOND EN VOL LEWE
Dis met groot opgewondenheid dat ons ons nuwe Huisgenoot- “baba” aan julle bekendstel – ‘n splinternuwe gesondheidstydskrif wat elke kwartaal sal versykn en hopelik net so ‘n groot gunsteling sal word as wat Huisgenoot oor die jare gebly het.
Hoekom dan ‘n aparte gesondheidstydskrif as Huisgenoot immers gereeld oor gesondheidsake skryf? Wel, omdat gesondheid – ons eie sowel as diè van ons hele gesin – vir die meeste van ons so belangrik is dat ‘n eie tydskrif oor alle aspekte daarvan ‘n heerlike bonus is. Boonop is daar eenvoudig niks soortgelyks in Suid-Afrika nie.
Van die land se voorste spesialiste is as skrywers en medewerkers betrek by Huisgenoot-Pols en geen moeite is ontsien om seker te maak elke artikel is 100 persent akkuraat nie. Tog, en dis vir my een van die groot lekkertes van HG-Pols, is net so veel moeite gedoen om elke artikel in die verstaanbare loslit-Afrikaans te skryf wat so eie aan Huisgenoot is. Dis mos nou nie asof ons gewone mense ‘n mediese handbook wil lees of kan verstaan nie!
In elke uitgawe dek ons verskillende aspekte van gesondheid – nuusstories oor gesondheid en mediese deurbrake, emosionele gesondheid, leefstylkwessies soos dieet en fiksheid, alternatiewe gesondheid en siektes waaroor ons almal meer wil weet (van die simptome tot die jongste navorsing daaroor).
Ons doelwit is om jou en jou gesin te help om gesonder te leef en siektes te voorkom. Ons wil ook betyds waarsku as daar iets is wat jou en jou mense se gesondheid kan bedreig. In hierdie uitgawe is daar onthullings oor twee belangrike sake: Die gevare wat skuil in die nuwe oë na winkelkoek!
HG-Pols is ’n unieke gesamentlike projek mat Health24, die grootste webtuiste oor gesondheid in die land. Dr. Danie Pauw, besturende direkteur van Health24, en sy span was ten nouste betrokke by die navors en skryf van die artikels en inligting oor ons artikels te gee.
Ons hoop jy geniet hierdie eerste uitgawe – laat on sweet wat jy dink!
Esmarè
Deel jou wenke en ervarings met ons.
- Ly jou kind aan aandaggebresteurnis? Vertel on swat vir jul gesin werk. Skryf aan brief@huisgenootpols.co.za, stuur ‘n faks gemerk
Ritalin aan 021– 406-3316 of gesels saam met ons op one spesiale forum. Gaan na www.huisgenootpols.co.za en klik op die Ritalin-skakel.
- Het jy ‘n betekenisvolle foto soos die een op bl. 144? Stuur dit sam met ‘n kort vertelling aan stil@huisgenoot.co.za
- Waaroor wil jy graag meer in Huisgenoot-Pols lees? Skryf gerus aan brief@huisgenootpols.co.za of Huisgenoot-Pols briwe, Posbus 2434, Kaapstad, 8000, of stuur ‘n faks aan 021 406 3316. besoek ook www.huisgenootpols.co.za
|