|
Ons kundiges beantwoord lesersvrae oor dieregesondheid
Health24.com se veearts, dr. Cedric Tutt,
en die dieregedragskenner Karen Gray-Kilfoil
beantwoord vrae oor dieregesondheid
V My dierbare jong hond dolwe my tuin om. Ek’s
skoon radeloos. Wat moet ek maak?
A Honde grawe gate met ’ n doel. Jong hondjies doen
dit uit nuuskierigheid, maar die meeste hou ná ’n paar
maande op. As ’n jong hond aanhoudend gate grawe, is hy
dalk verveeld. Gaan stap dus elke dag minstens twintig minute
met jou hond. Laat hom aan ’n lang leiband en ook buite jou
erf stap sodat hy alles kan beruik wat hy wil en ander honde
kan ontmoet. Dit kan ook baie help as jy jou hond vir afrigting
neem sodat hy gehoorsamer kan word. Gee hom ’n klomp
speelgoed waaraan hy kan kou en wissel hulle daagliks af sodat
hy nie verveeld raak nie. Sit ’n bietjie van sy droë hondekos in ’n
groot, leë plastiekkoeldrankbottel wat hy kan rondrol. Jou hond
het ’n plekkie in die tuin nodig waar hy mag grawe. Besluit self
waar, en begrawe daar vlak onder die grond
van sy speelgoed waaraan hy gereeld kou.
Onthou dat ’n hond die geselskap van ’n
mens of ander hond of kat nodig het en
graag wil sien wat buite sy erf aangaan.
V Ek het onlangs per ongeluk
’n houer met ys langs my
vyf maande oue labrador-hondjie
laat val. Die harde geraas het haar
laat skrik en sy het die hasepad
gekies! Sedertdien raak sy bang as
ek naby is en wil glad nie nader kom
as ek enigiets in my hand het nie.
A Gaan sit op die vloer en roep haar.
As sy kom, bederf haar met ’n
snoephappie. Mettertyd kan jy begin om
haar te roep terwyl jy kniel, daarna as jy
op ’n stoel sit en dan as jy staan.
Snoephappies help haar om jou met ’n
aangename ervaring te verbind.
V ’n Kollega het verlede maand twee volwasse
katte wat ’n goeie huis nodig gehad het
aangeneem. Toe sy hulle gekry het, het hulle Hills
Science Diet vir volwasse katte geëet en gesond
gelyk. Hulle het intussen begin opgooi elke keer dat
hulle eet en sy sê dit lyk asof daar goeters in hul pels
rondkruip. Hulle spring rond asof hulle gebyt word.
Wat kan dit veroorsaak en moet sy hulle veearts toe
neem?
A Dit kan dalk vlooie wees wat hulle laat bontspring. Dis
nie ’n slegte plan om hulle veearts toe te neem nie. Daar
is baie doeltreff ende middels teen vlooie en ‘n kenner sal die
beste raad kan gee.
V My dwergpinscher van agt jaar ly
dalk aan rumatiek. Wanneer ek
haar roep, spring sy nie soos gewoonlik
op nie; sy kyk net opgewonde vir my,
maar beweeg glad nie. Sy word al grys en
het nie meer tande nie. Is daar raad vir
rumatiek? Ek het gehoor ’n mens kan die
simptome met anti-infl ammatoriese jel
vir perde behandel. Is dit ’n goeie plan?
A Dit kan dalk ’n probleem met die
werwelskywe eerder as artritis
wees. Laat haar asseblief deur jou
veearts ondersoek sodat hy die regte
behandeling vir die toestand kan
voorskryf of haar vir verdere
behandeling verwys.
Cyber vet
|