|
Skud jou moegheid af
DIT is die algemeenste klagte waarmee mense
by dokters kom aanklop.
Of hulle nou jonk en
modern is, met ’n kleuter op die heup, in die
fl eur van hul lewe, of oud en grys, almal het
dieselfde klagte: “Dokter, ek is moeg, pê, kapot, gedaan, óp!”
Dit lyk werklik of moegheid die siekte van ons tyd is,
die gevolg van ons gejaagde lewenswyse. Gemiddeld een
uit elke tien mense wat hul huisdokter besoek, doen dit
omdat hulle so moeg voel.
Die woorde “ek voel moeg” is so subjektief, vaag en
omvattend en kan ’n simptoom van so baie siektes wees,
dat die dokter ook soms net moedeloos kan sug. Maar
moegheid moenie ligtelik opgeneem word nie.
Probeer die persoon wat kla van moegheid sê dat hy
sommer net futloos voel? Is hy fi siek uitgeput? Moedeloos
of dalk depressief? Sukkel hy om te konsentreer, of word
hy gou kortasem? Voel hy lomerig of slaperig?
Dis hier waar jou dokter tegelyk sielkundige en speurder
moet speel. Is daar ’n ooglopende rede vir die moegheid of
lê die oorsake baie dieper?
WAT IS DIE ALGEMEENSTE OORSAKE VAN MOEGHEID?
Hoewel daar nog baie onbeantwoorde vrae oor moegheid is, is ’n aanhoudende gebrek aan energie beslis nie iets
wat ’n mens as “jou verbeelding” kan afmaak en kan regdokter met ’n “ruk jou reg” nie. Dokters besef nou dat daar
baie onderliggende oorsake van moegheid is:
2- 5 PERSENT
Slegs 2 – 5 persent
van mense wat
moeg is, het werklik
chroniese moegheidsindroom.
Hoewel
daar ver skillende
oorsake is, voel al
die pasiënte langer
as ses maande
moeg.
20 – 30 PERSENT
In 20 – 30 persent van die gevalle
is die oorsaak van moegheid
fi siek, soos infeksies, hartsiektes,
diabetes en tiroïed-probleme of
die medisyne wat jy daarvoor
drink. In die geval van depressie
is moegheid een van die
hoofsimptome.
75 PERSENT
In net onder 75 persent
van die gevalle
is die oorsaak ’n
onge sonde eetpatroon,
werkspanning,
huwelikstres, te
min slaap of dinge
wat ’n mens onder
druk plaas.
WAT JY KAN DOEN?
- Slaap genoeg
Slaap minstens agt uur per nag; daarsonder rus die brein nie behoorlik uit nie.
Eet reg Eet gebalanseerde etes met genoeg kilojoules vir jou aktiwiteitsvlak.
Leef gesond Kry balans in jou lewe tussen werk, ontspanning en slaap.
HG-Pols gee raad:
Moegheid
behoort nie ’n
lewenslange
vonnis te wees
nie. Jy moet
net die eerste
tree in die regte
rigting gee: Bepaal
die rede vir
jou moegheid
en behandel
die oorsaak.
Goed begin is
halfpad gewin!
MAAK JOU LEWE JOU MOEG?
In die meeste gevalle kan jou moegheid veroorsaak word deur die tempo waarteen jy leef. ’n Ongesonde
eetpatroon, werkstres, huwelikspanning, te min slaap, te veel verantwoordelikhede of ander dinge
wat jou onder druk plaas, speel ’n groot rol. Herken jy jou in een van hierdie mense?
TIENERS: POOTUIT GEJOL
EN GE-MXIT
OORSAKE
- ’n Gekattemaai tot ounag toe.
- ’n Uithongeringsdieet, veral ’n laekilojouledieet.
- Pogings om spiere te bou met behulp van proteïendrankies
terwyl jy vleis en koolhidrate vermy.
- Ystertekort, veral by tienermeisies.
- Dronkpartye, baie koppies koffie, dansdwelms.
- Die nadraai van klierkoors.
OPLOSSINGS
- Jy’t nege uur slaap per nag nodig. Kry dit.
- Eet genoeg koolhidrate. ’n Meisie van 60 kg wat glad nie
oefening doen nie, het die ekwivalent van minstens 21 snye
volgraanbrood per dag nodig. ’n Seun van 70 kg wat geen
oefening doen nie, het die ekwivalent van 27 snye volgraanbrood
per dag nodig. Kry koolhidrate van brood en pasta.
- Stadig oor die klippe met proteïenaanvullings. ’n Seun van
70 kg benodig maar 100 g proteïen per dag. Sommige
seuns drink meer as 800 g kreatien en ander proteïenaanvullings
per dag en eet dan nog eiers en vleis ook.
- Moenie jou ooit stomdronk drink nie en los dansdwelms uit.
- As jy swaar menstrueer, drink ’n ysteraanvulling (praat
eers met jou dokter hieroor).
- Gaan dokter toe as die moegheid nie weggaan nie.
MA’S: DIE MOEDER VAN
ALLE MOEGHEID
OORSAKE
- Al daardie ekstra progesteroon aan die begin van jou swangerskap,
en die ongemak later.
- ’n Baba wat jou snags laat opstaan, kleuters wat jou nooit
bedags rus gun nie.
- Oormoegheid wat jou sleg laat slaap en bekommernis oor die
baba en jul begroting.
- Te veel daaglikse eise. As jy kinders moet versorg en vermaak,
en ’n beroep het, is dit g’n wonder jy’s heeltyd pê nie.
OPLOSSINGS
- Moenie jou eie behoeftes altyd laaste stel nie.
- Kry van daardie spesiale aanmaakdrankies vir borsvoedende ma’s.
- Slaap wanneer jou baba slaap. Haal die foon van die mikkie
af! As jy op kantoor is, gaan soek ’n plek waar jy oor middagete
’n uiltjie kan knip. Maak slaapbeurte met jou man.
- Oefening gee krag. Probeer tien minute van gewigte optel of
vinnige strekke met behulp van ’n oefenvideo. Gaan stap ’n
entjie met jou baba. Sonlig, veral in die oggend, sorg dat jy
beter slaap en verfris wakker word. Spring tou, klim trappe,
dans met jou baba in jou arms.
- Vra jou man om jou lyf te masseer – lekker, én dit laat
jou ontspan.
- Laat ’n baba wat nog aan jou drink by julle in die bed slaap.
14 :00Die tyd wanneer
die meeste mense
stadiger begin
dink en swakker
konsentreer.
WERKERS: TE VEEL HOOI
OP DIE VURK
OORSAKE
- Lang werkure en werkdruk.
- Te min of onderbroke slaap. Skofwerkers wat bedags
moet probeer slaap terwyl dit raserig is.
- Langdurige spanning as gevolg van verhoudingsprobleme,
kommer oor geld en werkdruk.
- Koffie. Ja, dit kan jou slaap versteur.
- Verkeerde eetgewoontes en oorgewig.
OPLOSSINGS
- Slaap agt uur per nag en kry ’n goeie, ononderbroke nagrus.
- Leer goeie tydsbestuur aan en maak plek vir oefening en
ontspanning.
- Gebruik elektroniese hulpmiddels soos die internet vir
banksake en rekeninge.
- Doen iets om uit die spanningspiraal te kom: Verander van werk,
gaan vir huweliksberading, leer ontspanningstegnieke.
- Probeer ophou rook. Sigaretrook verminder die beskikbare
suurstof in die longe.
- Moenie te veel koffi e of alkohol drink nie.
- As jy oorgewig is, maak ‘n plan om gewig te verloor.
- As jy langer as drie weke baie moeg is, kan dit ’n teken wees van
depressie, hartsiektes of verskeie ander mediese probleme
BEJAARDES: DER DAGEN SAT
OORSAKE
- Slapeloosheid as gevolg van bekommernisse, geldelik of andersins.
- Slaapapnee wat jou dikwels laat wakker skrik, pyn, depressie,
hartprobleme en ander mediese redes.
- Kruiemiddels kan jou snags sleg laat slaap. Kava-kava, ginseng,
passieblom, ysterkruid en ginkgo biloba word vir energie en teen
spanning gebruik. Sê vir jou dokter as jy enige natuurlike middel
gebruik, want baie het newe-eff ekte. (Lees die artikel op bl. 131.)
OPLOSSINGS
- Slaap agt uur per nag en kry ’n goeie, ononderbroke nagrus.
- Leer goeie tydsbestuur aan en maak plek vir oefening en
ontspanning.
- Gebruik elektroniese hulpmiddels soos die internet vir
banksake en rekeninge. .
- Doen iets om uit die spanningspiraal te kom: Verander van werk,
gaan vir huweliksberading, leer ontspanningstegnieke. .
- Probeer ophou rook. Sigaretrook verminder die beskikbare
suurstof in die longe. .
- Moenie te veel koffi e of alkohol drink nie. .
- As jy oorgewig is, maak ‘n plan om gewig te verloor. .
- As jy langer as drie weke baie moeg is, kan dit ’n teken wees van
depressie, hartsiektes of verskeie ander mediese probleme. .
- Kweek ’n goeie slaaproetine aan. .
- Moenie die kruiemiddels wat jou opkikker, ná 16:00 drink nie. .
- Bespreek jou bekommernisse met geliefdes en kundiges en kry
oplossings. .
- Besoek jou dokter as jy te lank te moeg voel. .
- Probeer om elke dag ’n entjie te stap. .
MAAK JOU SIEKTE JOU MOEG?
Tussen 20 – 30 persent van alle
mense wat moeg voel, is moeg
omdat hulle ’n siekte onder lede
het. Mense wat weens siekte
moeg voel, kan skielik of
mettertyd al moeër voel. As jy
te pap voel om te stap, te werk,
selfs te bad of aan te trek, kan
daar groot fout wees.
1. Depressie en melankolie.
Een uit tien mense ly die een of
ander tyd aan depressie. Baie
mense wat depressief is, kla van
moegheid. ’n Wanbalans in breinoordragstowwe
soos serotonien
kan moegheid, lusteloosheid, ’n
“wollerige’” gevoel in die kop en
hoofpyn veroorsaak.
2. Bloedarmoede. Lae
ystervlakke of te min rooibloedselle
beteken dat die
bloed baie minder suurstof
kan dra, en as die brein,
spiere en ander weefsel
te min suurstof kry, sal jy
moeg voel, veral as jy stap
of enigiets doen wat fi sieke
inspanning vereis.
3. Rumatoïede artritis
en ander bindweefsel-
siektes. Dis siektes
waar teenliggaampies teen
normale weefsel vorm en
die weefsel aanval. Lupus
eritematose en velverharding
is voorbeelde. Die aanval
op die immuunstelsel
tap die liggaam se energie.
4. Tiroïedprobleme. Die tiroïed skei hormone
af wat letterlik die tempo van jou metabolisme
bepaal. As ’n mens se tiroïedhormoonvlak te laag
is, is jou metabolisme stadig. Jy voel moeg, jou
vel en hare is droog en vaal, jy kan gewig aansit
omdat jou liggaam stadiger kilojoules verbrand,
jou voete kan swel en jou hart kan stadiger klop.
Jy kan ook emosioneel so tam wees dat dit tot
depressie kan lei. Tot 10 persent van alle vroue en
’n raps minder mans ondervind tiroïedprobleme.
5. Diabetes en insulienweerstandigheid.
Dit maak nie saak of ’n mens aan tipe
1-diabetes (waar die liggaam geen insulien
vervaardig nie en insulieninspuitings
noodsaaklik is) of tipe 2-diabetes (waar
die insulien ál ondoeltreff ender word, soos
dikwels met oorgewig mense gebeur) ly
nie. Die selle kry nie genoeg energie om te
funksioneer nie. Diabete kan selfs met
geringe inspanning uitgeput voel.
6. Bloeddrukprobleme. Sowel hoë as lae
bloeddruk kan moegheid veroorsaak.
Sommige van die bloeddrukpille het moegheid
as newe-eff ek. Moegheid is ook ’n belangrike
simptoom van sekere nierprobleme
soos nierversaking. Dit lei tot hoë bloeddruk
en bloedarmoede, wat elk op hul eie ’n
mens moeg kan laat voel. Lae bloeddruk
veroorsaak baiekeer lighoofdigheid
en lusteloosheid.
7. Koors en infeksiesiektes. Die
meeste infeksies laat ’n mens pap en
moeg voel, veral as hulle met koors
gepaardgaan. As die siekte dan ook
belangrike organe soos die longe,
beenmurg of hartspier aantas, kan
die moegheid erger wees. Voorbeelde
van sulke siektes is endokarditis
(hartvliesontsteking), kardiomiositis
(hartspierontsteking), asimptomatiese
longontsteking, veral by ouer mense,
MIV (as gevolg van gewigsverlies,
diarree, longinfeksies en bloedarmoede),
tuberkulose en hepatitis.
8. Slaapapnee en ander oor-, neus- en keelprobleme.
’n Chroniese toe neus (as gevolg
van allergieë), sinusitis, vergrote mangels en
slaapapnee kan slaap erg onderbreek en ook die
suurstoftoevoer na die liggaam verminder. Op
die lange duur voel jy gedurig vaak, tam en
geïrriteerd. Slaapapnee word veroorsaak deur ’n
slap sagte verhemelte wat ontspan gedurende
slaap en die lugweg toedruk. Jy word wakker en
verander van posisie sodra die liggaam se koolsuurgasvlak
te hoog raak, maar is meestal
onbewus daarvan. Dikwels is die enigste
simptoom erge snork tydens diep slaap. Sommige
mense kan tot dertig keer per nag wakker word.
9. Hartsiektes. Moegheid kan die
eerste teken wees van hartversaking,
abnormale hartritmes,
hartvatsiektes en ’n hartaanval.
Volgens Harvard-navorsers kla
71 persent van die vroue ’n
maand voor ’n hartaanval van
moegheid en kla 43 persent
tydens ’n hartaanval daarvan.
Die belangrikste simptoom van
’n hartaanval by diabete is erge
kortasemigheid en moegheid,
maar nie pyn nie.
10. Seliaksiekte.
’n Chroniese
wanabsorbsiesiekte
veroorsaak deur
intoleransie vir gluten
(in koring, rog,
asook in ’n mindere
mate in gort en hawermoutprodukte).
Wanabsorpsie van
B-vitamiene lei tot
bloedarmoede en
gepaardgaande
moegheid.
SIMPTOME WAT JY NIE MAG IGNOREER NIE
Sommige simptome saam
met die skielike aanvang van
moegheid kan op ernstige
siektes dui. Die rooi ligte is:
- Borskaspyn, kortasemrigheid,
duiseligheid, spierswakheid
of selfmoordgedagtes. Dit kan
aanduidings wees van onderskeidelik
’n hartaanval, beroerte
of dreigende selfmoord. Kom
dadelik by ’n dokter uit. Kortasemrigheid,
veral wanneer jy
plat lê of tydens oefening, kan
dui op hartsiektes soos hartversaking,
asook longsiektes soos
emfi seem of asma.
- Skielike gewigsverlies sonder
’n dieet. Dit kan dui op kanker,
tiroïedprobleme, diabetes of
chroniese infeksie.
- Koors en nagsweet. Dit kan ’n
aanduiding wees van ernstige
infeksies soos tuberkulose, MIV,
maltakoors of endokarditis.
- ’n Bleek of geel vel of geel oë.
Moontlike simptome van bloedarmoede
of hepatitis.
- Oormatige urinering. Dit kan
dui op diabetes, chroniese nierversaking
en ander probleme.
- Ander simptome. Dubbel- of
dowwe visie, geswelde kliere
in die nek, in die oksel en in
die lies, erge maagpyn wat lank
aanhou, ’n uitslag op die wange,
bloeding onder die vel, ’n dooie
gevoel van jou vel, spierswakheid
en ’n balansprobleem verg
ook doktersaandag.
Dis nie normaal om weke lank moeg
te voel as jy genoeg slaap nie
MAAK JOU MEDISYNE JOU MOEG?
Die medisyne wat jy drink, kan jou moeg
maak. Die volgende middels wat deur baie
mense gebruik word, kan moegheid as
newe-eff ek hê:
- Antihistamien (bv. Allergex) wat jy drink
vir ’n allergie. As ’n antihistamien nie die
opkikker pseudo-efedrien bevat nie, sal
dit jou lomerig maak en moeg laat voel.
Antihistamien het egter ’n opkikkerende
eff ek op kinders.
- Bloeddruk-medikasie (bv. betablokkeerders)
- Slaappille (bv. Normison)
- Kortisoon (bv. Meticorten)
- Hormoonpille (bv. progesteroon)
- Ontwateringspille (bv. Moduretic)
- Kalmeerpille (bv. Valium)
- Spierverslappers (bv. Robaxin)
- Pynpille (bv. Adcodol)
- Sekere antidepressante (bv. Tryptanol)
Die volgende medikasie en aanvullers kan
jou so opkikker dat jy kan sukkel om te slaap
en die volgende oggend uitgeput opstaan:
- Kruiemiddels wat guarana, kava-kava,
pseudo-efedrien of ginseng bevat.
- Asma-medikasie soos Ventolin vergemaklik
asemhaling, maar werk soos ’n opkikker.
- Verkouemiddels wat jou neusslymvlies droog
maak (bv. Colcaps) bevat dikwels opkikkers. Van hierdie opkikkers soos pseudo-efedrien
is verbode in Olimpiese sport.
WAT JY KAN DOEN?
- Bespreek die newe-eff ekte van enige medisyne wat jy redelik lank moet drink, met jou dokter of
apteker. Dalk maak ’n ander bloeddrukmiddel, pynstiller of slaappil jou nie so moeg nie.
- Moenie saans medisyne drink wat jou opkikker nie; môreoggend is jy moeg.
- Lees die inligtingsblaadjie in die verpakking noukeurig deur sodat jy weet of die medisyne jou moeg kan maak of jou kan opkikker en vermy dan toonbankmiddels wat jou kan moeg maak.
24 minute is hoe lank ’n
65-jarige per nag diep
slaap. Mense in hul
twintigs slaap 90
minute lank
diep.
Nooit weer moeg nie
1. VOLG ’N GOEIE SLAAPROETINE
- Probeer om op dieselfde tyd te
gaan slaap en op te staan.
- Ontspan minstens ’n uur voor jy
gaan slaap. Gaan bad, lees ’n
lekker boek.
- Skryf jou bekommernisse en pro -
bleme neer voor jy gaan slaap en
vergeet dan daarvan. Lê en tel
jou seëninge nadat jy die lig
afgeskakel het.
- Doen ontspanningsoefeninge voor
jy gaan slaap. Sit regop, haal diep
asem, dink aan niks nie.
- Sekere geure laat jou ontspan.
Kneus ’n kruisement- of roosmarynblaar,
sit laventelblomme
onder jou kussing, drink ’n koppie
pepermenttee.
- Moenie as jy in die nag wakker word
kort-kort op die wekker kyk nie.
2. EET REG
- Te veel wisseling in insulienvlak
maak ’n mens moeg en knorrig.
Eet eerder 5 – 6 kleiner etes per
dag en kies koolhidrate met
’n lae glisemiese indeks soos
saadbrood eerder as witbrood
en basmatirys eerder as wit rys.
Te veel verfynde koolhidrate en
baie suiker lei ook tot stygings
en dalings in die insulienvlak en
laat jou ’n uur later weer honger
en moeg voel.
- Drink genoeg water.
- Melk bevat triptofaan, wat ’n
mens help om dieper te slaap.
- Hoë vetinname veroorsaak oorgewig
– 60 tot 80 g vet per dag is
oorgenoeg. Sorg dat dit goeie vette
is, soos dié in sardyne, tuna, makriel,
forel, ens.
- Vermy meer as vyf koppies koffi e
of ander kafeïen per dag. Eet
vroeg aandete en drink jou laaste
koppie voor vieruur smiddae.
3. VERANDER JOU LEEFSTYL
- Gereelde oefening is baie belangrik.
Wetenskaplikes vermoed
‘n sterk verband tussen depressie,
te min oefening en moegheid. As
jy nie lief is vir draf of die gimnasium
nie, is joga, Pilates en tai tji
gesonde en lekker alternatiewe
Die storie het oorspronklik in die eerste uitgawe van Pols tydskrif verskyn. Koop die nuutste uitgawe op 'n winkelrak naby jou vir meer fassinerende stories in die wêreld van gesondheid.
|