Advertisement
The helper's high
Olivia Rose-Innes has won a Vodacom prize for online journalism. Read her winning story.
Bikers vs breast cancer
Women bikers will embark on a 2 000km journey - to promote breast cancer awareness.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 HG Pols Sept 2007
 
Aaaaaaatiesjoe op die lente

Vir baie van ons beteken lente net een ding – neuse wat loop en oë wat traan
Deur Lynne Gidish

DIE lente kan nogal lastig wees. Skaars het jy herstel van die winter se verkoue en griep, of jy moet al weer die snesies nadertrek vir ’n loopneus en oë wat traan en jeuk.

Tot 20 persent van alle Suid-Afrikaners sukkel dié tyd van die jaar met ’n allergiese reaksies soos ’n genies, ’n gehyg en ’n gejeuk, sê die Allergievereniging van Suid-Afrika (ALLSA).
Die skuldige? Stuifmeel.

Bome, gras en onkruid vervaardig stuifmeel in oorvloed om hul oorlewing te verseker. Vir die mensdom beteken die ontploffi ng van stuifmeel in die lug bloot hooikoors, asma en ekseem.
Nie alle stuifmeel veroorsaak allergiese reaksies nie. Taai, swaarder stuifmeel, wat deur helderkleurige blomme vervaardig en deur insekte of voëls versprei word, lei gewoonlik nie tot allergiese reaksies nie. Om die waarheid te sê, hoe helderder en veelkleuriger die plant of blom, des te kleiner is die kans dat dit allergieë sal veroorsaak.

Die allergie-knoop lê by die vaal bosse wat op die wind moet staatmaak om hul stuifmeel te versprei. Daar’s nog ’n kinkel: Veral manlike plante produseer stuifmeel om vroulike plante te bevrug. Munisipaliteite en stadsrade plant egter meestal manlike bome om die morsery van saad- en vrugtedraende bome te vermy.

Wat nou gedaan?
Die beste strategie teen stuifmeelallergie is om dit so ver moontlik te probeer vermy, sê die allergiekenner dr. Harris Steinman. Hier is sy raad . . .

  • Hou die vensters van jou huis en motor toe. Laat ’n fi lter aan jou motor en huis se luggate monteer.

  • Loop ’n wye draai om blomme, grassnysels en bome in blom, en bly binnenshuis tydens die spitsseisoen (sien die lysie op die bladsy langsaan).

  • As jy gaan stap, vermy liefs bosse of tuine waar bome in volle blom is.

  • Dra ’n masker en neem ’n antihistamienpil so ’n halfuur voor jy in die tuin gaan werk as jy voorheen las van stuifmeel-allergieë gehad het. Stort dadelik nadat jy in die tuin gewerk het. Jou tuinklere moet ook reguit wasgoedmandjie toe.

  • Dra ’n beskermende bril of sonbril in die lente en somer. Spoel jou oë met water uit as die stuifmeel dit laat jeuk en traan.

  • As jy sukkel om deur jou neus asem te haal, het jy dalk neuspoliepe. ’n Antihistamienpil gaan nie hond haar-af maak teen poliepe nie; ’n dokter sal dalk ’n neussproei wat steroïed bevat, voorskryf.

  • Komposhope wemel van die swamme. Hou maar die hope so ver moontlik van die huis af.

  • Plant eerder vroulike plante in jou tuin of plante wat deur insekte bestuif word. Vra raad by jou kwekery.

  • Dis ook nie wys om jou neus in ’n angelier, krisant of ander plant wat deur insekte bestuif word te druk of jou tuinbankie reg langs die beddings te plaas nie, want insekuitskeidings kan dalk ook allergieë veroorsaak.

  • Leer jou vyand se streke. As jy weet watter plante jou laat nies en hyg, kan jy mos ’n plan maak om hulle te vermy.

WAT IS WAT?

Bome
Wees bedag op uitheemse bome. Dis gewoonlik die bome wat die grootste hoeveelheid windverspreide stuifmeel vervaardig. Ons inheemse bome se stuifmeel is oor die algemeen te swaar en taai om deur die wind rondgewaai te word. Insekte moet die verspreiwerk doen.

Sipresbome
kom oorspronklik uit Suidoos-Europa. Dié ornamentele tuinboom het manlike blomme en vroulike kegels. Hulle kom meestal in die Wes- en Oos- Kaapse kusgebiede voor. Die sipres vervaardig groot hoeveelhede stuifmeel van Julie tot Oktober.

Eikebome
is in die sewentiende eeu van Europa af hiernatoe gebring. Dié bome word meestal in die Wes- Kaap aangetref en blom vroeglente of vroegsomer. Stuifmeel van dié boom kan dinge moeilik maak vir allergielyers.

Londense plataanbome,
nog ’n uitheemse boomsoort, word in die meeste woonbuurte in Suid-Afrika aangetref. Dis ’n bladwisselende boom wat groot hoeveelhede ligte stuifmeel vervaardig. Die meeste plataanbome blom in Oktober en November.

Die uitheemse bloekomboom
is bladhoudend en word oral in Suid-Afrika, maar veral in Gauteng, aangetref. Die bome is geneig om dwarsdeur die jaar te blom, veral in warmer gebiede. In die Wes-Kaap blom hulle net van Augustus tot November.

Die meeste akasiabome
is inheems. Die bekendste akasiabome is die doringbome wat op die grasvlaktes groei. Baie van dié bome blom in die laatlente en vroegsomer. Die stuifmeel van sommige bome kan ’n allergeen wees.

Die portjackson of goudwilgerboom,
wat uit Australië ingevoer is, se stuifmeel lei dikwels tot allergiese reaksies. Die boom word in die Wes-Kaap as ’n indringer beskou. Die bome se heldergeel blomme is baie opvallend in die lente.

Die geelhoutboom
is een van ons statigste en mooiste inheemse bome. Dit het digte, blink blare en is ’n hoë bladhoudende woudboom met ’n reguit stam. Dit word meestal in die Wes-Kaap aangetref. Die geelhoutboom blom van Oktober tot Desember

Ander bome wat allergiese reaksies kan veroorsaak, is die olyf, wilg, populier, katoenhoutboom, jakaranda en die inheemse stinkhout. Berkeboom-stuifmeel is baie allergenies.

WAT IS WAT?

Gras
Grasstuifmeel is die volopste van alle stuifmeel en is ’n groot probleem vir allergielyers in Suid-Afrika. Hier bereik grasstuifmeelvlakke hul toppunt in die somer, maar – anders as in ander dele van die wêreld – is grasstuifmeel byna die hele jaar lank teenwoordig, veral in sekere dele van die land.

Grasstuifmeel word maklik ingeasem omdat dit so fyn is, iets wat ’n nagmerrie vir asmalyers kan wees.

Bermudagras,
een van die grassoorte wat die ergste allergiese reaksies veroorsaak, is ’n lae groengrys rankgras wat vinnig versprei. Dit word oral in Suid-Afrika aangetref en blom van September tot Mei.

Johnsongras,
wat oorspronklik van die Mediterreense gebiede kom, word veral in die droë dele van Suid-Afrika gevind. Dit veroorsaak hewige allergiese reaksies en blom van Desember tot Januarie.

Rooigras
groei in alle gebiede in Suid-Afrika, behalwe in die Wesen Noord-Kaap, en trek veral diere aan wat daarvan hou om in lang gras te wei. Dit word tot 1,5 m hoog en blom van Junie tot November.

Hartjiesgras,
ook bekend as oulandsgras, bestaan uit groen graspolle wat tussen 30 en 60 cm hoog groei. Dit kom in alle gebiede in Suid- Afrika voor en het ’n lang blomseisoen, van Augustus tot Februarie.

Dekriet
word hoofsaaklik in die noorde en ooste van Suid-Afrika aangetref. Dit groei welig in gebiede waar daar ’n jaarlikse reënval van meer as 600 mm is. Die stuifmeelseisoen strek van September tot Februarie.

Kikoejoegras
is ’n rankgras met fyn blaartjies wat ’n digte grassooi vorm en in baie woonbuurte vir grasperke gebruik word. Dit het ’n besonder lang blomseisoen wat ses maande duur – van September tot Februarie.

Raaigras
word aangetref in die suidelike, oostelike en noordelike dele van Suid-Afrika. Dit word dikwels in grasperksaadmengsels aangetref en vorm stuifmeel van September tot November.

Ander grasse wat hooikoors kan veroorsaak, is wildehawer, riet-, reddings-, fluweel-, kropaar-, Bahia- en weigras.

As jy deur graanstreke ry waar hawer, koring en mielies (alles vorms van gras) verbou word, kan jy allergiese reaksies kry. Canola lei ook tot allergiese simptome, maar wetenskaplikes weet nog nie of dit weens stuifmeelallergie of bloot weens ’n neusirritasie is nie.

Terwyl onkruidstuifmeel ’n belangrike oorsaak van asma in Europa en Amerika is, word dit nie as ’n belangrike oorsaak van asma-aanvalle in Suider-Afrika beskou nie. Onkruidstuifmeel wat tot allergiese reaksies kan lei, is ganspoot, soutkruid, Engelse tongblaar, steenboksuring, kakiebos en soutbos.

Die storie het oorspronklik in die eerste uitgawe van Pols tydskrif verskyn. Koop die nuutste uitgawe op 'n winkelrak naby jou vir meer fassinerende stories in die wêreld van gesondheid.

Pollen centre

 
Previous article: Next article:
Red 'n lewe met Heimlich 'n Kyk deur ander oe
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Mediese deurbrake
Kwale op die kassie
My lewe met borskanker
Oogappel of gifappeltjie?
Is jy op pad na jou eerste hartaanval?
Stents: Die tydbom in jou are
Die einde van doofheid
Ja, skrik maar vir margarien
Ag nee, sies man!
Fikse blitse op wiele
Dapper en stapper
G'n stywe spiere meer nie
Een, twee, drie, strek
Soet, soeter, soetste
Die wêreldbeker sonder boep
'n Tuisblypa duisend
Woera-warra of Ritalin?
Red 'n lewe met Heimlich
Aaaaaaatiesjoe op die lente
'n Kyk deur ander oe
In die kol
Skud jou moegheid af
Ons kundiges beantwoord lesersvrae
Ons kundiges beantwoord lesersvrae oor dieregesondheid
Kruiemiddels: Natuurlik skadeloos?
Slegs noodgevalle na ure
As depressie jou hart breek
Hg-Pols Blokraai Nommer 2
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Word fiks vir die Vis
Word fiks vir die Olifants
Ruim op
Redakteursbrief
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres