|
Red 'n lewe met Heimlich
BYNA elkeen het al verstik.
’n Mens eet
en gesels, en dan beland ’n stukkie kos
skielik in jou lugpyp. Meestal is ’n klap
op die rug (algemeen, maar nie aan
te beveel nie) genoeg om die kos te laat losskiet,
maar soms werk dit nie. As die verstikker nie kan
asem haal nie, moet jy vinnig spring, want die brein
kan nie lank sonder suurstof bly nie. Met een van
die drie variasies van die węreldbekende Heimlichmaneuver
is derduisende mense al van ’n stikdood
gered. Die tegniek kan boonop aangepas word
sodat jy dit op jou ook kan toepas. Hier wys ons jou
hoe dit werk – dalk kry jy dit nooit nodig nie, maar
dis altyd beter om voorbereid te wees.
Die volledige artikel met stap-vir-stap instruksies verskyn in Pols. Ook in Pols: Hoe om jouself en 'n baba met Heimlich te red.
|