Advertisement
You and your toothbrush
Is your toothbrush electric, plastic or past it? See what it says about you.
Sunday evening blues?
Here's how to deal with those Sunday night feelings of depression.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 HG Pols Sept 2007
 
'n Tuisblypa duisend

Pa-wees is vandag Robert Bester se grootste rol.
Hy gesels oor sy besluit om ’n suksesvolle sepieloopbaan opsy te skuif sodat hy heeltyds pa kan wees vir sy dogtertjie, Sage (7), en seun, Thyme (9)
Deur Betina Louw

DIT was verlede jaar dat Robert Bester, Zac van die sepie 7de Laan, geweet het hy’t by ’n kruispad gekom.
Ná ses jaar van werk in Johannesburg, weg van sy gesin in die Kaap, het die dolle geheen-en-weer net te veel geword vir hom. Tyd saam met sy gesin, het hy besef, was belangriker as sepieroem. Vandag is Robert se vrou, Patricia, die een wat heeltyds werk, en Robert die ouer wat die kinders by die skool gaan haal en hul sportwedstryde bywoon.

“Ek probeer vergoed waar ek drooggemaak het met die kinders. Om die waarheid te sê, ek dink hulle wens nou somtyds hul pa wil vir ’n tydjie weggaan!” spot Robert. Hoewel hy nie meer in 7de Laan te sien is nie (Zac het Ysland toe verkas!), is Robert deesdae ’n bekende gesig in advertensies wat vir Europese en Amerikaanse produkte geskiet word. Hy sorg dat hy goed gebruik maak van die vryheid wat sy nuwe loopbaan hom bied.

“Ek het my jong kinders doodeenvoudig te min gesien,” vertel Robert. “Ek het net elke tweede naweek Kaap toe gekom en só baie van my kinders se ontwikkeling misgeloop dat ek besef het ek moet ’n verandering maak.” Die spontane verhouding tussen Robert en sy kinders is ooglopend toe ons die voorbladfoto neem. Hy help Sage geduldig om stukkies spoelglas op te tel en dra dit vir haar in sy sak.

Die lyne op sy gesig is lagplooie en nie fronsplooie nie, sê hy, want hy het ’n besluit geneem om positief te lewe, sy lewe stresvryer te maak en ’n balans tussen sy werk en sy gesin te vind.

“Ek is al so positief, tot my bloedgroep is O-positief,” skerts hy. “Ek was destyds gestres. Nou sorg ek dat ek rustig is. Ek het mos afgetree!”

Om heen en weer tussen Europa en Suid-Afrika vir advertensiewerk te reis, bring tog ook sy eie spanning mee, maar hy’t mettertyd geleer om die stres te beheer.
“Ek hanteer dit deur my altyd af te vra: Wat kan regtig gebeur? Die bank kan jou huis vat en die bank kan jou kar vat, dan begin jy mos maar net weer van voor af. Moenie jou kwel oor dinge wat jy nie kan verander nie.

“As jy gespanne is, raak die mense om jou ook gespanne. Jy gee negatiewe energie af wat ander kan aanvoel, en dit lei net tot meer gespanne situasies.” Dit bring hom ook tot rus wanneer hy buite in die natuur sit, die bye kan hoor en die sandkorrels onder sy hande voel. “Ek verwonder my steeds elke dag aan die klein dingetjies,” sê hy.

Sy werk as model in advertensies gee hom die vryheid om net vir kort rukkies van sy huis en gesin weg te wees. “Robert is ongeloofl ik betrokke by die kinders,” sê Patricia. “Hy is heeltyd besig om agter hulle aan te ry.” Sy eie pa was “baie streng” en hy sê hy probeer eerder om die streep in die middel te trek.

“Ek gee nie om as my kinders foute maak nie, want ’n mens leer deur jou foute. My kinders se groei en ontwikkeling fassineer my. Elke keer dat ek na foto’s van hulle kyk, besef ek dit net weer. ’n Mens móét tyd saam met hulle deurbring.

“Ek wil graag hê my kinders moet my onthou as ’n regverdige pa wat ook ’n vriend was.” Liefde vir jou vrou en kinders is net so belangrik, sê hy.

“Dit wys in jou oë. Ek dink die belangrikste ding is dit wat jou kind in jou oë sien.” Die Besters eet nou elke aand aan tafel; iets wat vroeër nie altyd moontlik was nie.

Dan word die televisie afgeskakel en elkeen kry ’n beurt om te bid.

“Ek gun my kinders vryheid wat godsdiens betref en gee ook nie om na watter kerk hulle sou gaan nie. Dis vir my belangriker dat hulle leer om dankbaar te wees vir wat hulle het en om te praat oor die dinge wat hulle gelukkig of hartseer maak,” sê Robert.

Robert se 7 lewensgeheime

1. Ek glo beslis in ’n Hoër Mag. Maar elke mens moet verantwoording doen vir sy eie dade en probeer om fundamentele dinge reg te doen soos om nie iemand anders kwaad aan te doen nie. Ek wil ook my kinders help om self ’n eie godsdienssin te ontwikkel.

2. Kweek goeie gewoontes tot dit ’n lewen styl word. Maak dit deel van jou lewe. Kyk in die oggend in die spieël en sê vir jouself jy is uniek, jy is die beste jy. Ek doen dit al jare lank. So kweek jy ’n positiewe denkwyse.

3. Moet jou nie oor gister bekommer nie en maak die beste van vandag. Dit maak nie saak wat jy doen nie, dit kom tot ’n einde. Jy kan jou lewe probeer verleng met ’n hart- of nieroorplanting, maar jy sal steeds uiteindelik hierdie lewe verlaat. Daarom probeer ek die beste van vandag maak.

4. Matigheid is ’n sleutel tot balans. Om die uitdagings te balanseer wat ’n suksesvolle loopbaan en vaderskap meebring, moet jou hele lewe in balans wees. Jou genieting van kos, drank, plesier en werk moet in balans wees.

5. Moenie bang wees om lief te hê, te luister én te voel nie. Dis ironies dat baie mense eers liefde voel as dit van hulle weggeneem word. Moet ook nie bang wees om soms te huil nie. Ek het onlangs oor ons liefl inghond Daisy gehuil soos ek laas gehuil het toe my ma oorlede is.

6. Doen dinge wat jou mooi laat lyk en goed laat voel. Om aandag aan jouself en jou voorkoms te gee, is belangrik vir jou gemoed. Ons swem graag in die see of sit by die swembad: Ons kinders kan sien dat Pa en Ma nie skaam is oor hul lyf nie en dat daar nie allerhande obsessies is nie.

7. Vind ’n oefen- en eetroetine wat vir jou werk, en moet niks oordryf nie. Ek bly fi ks deur gereeld in die gim te oefen en agter die kinders aan te hardloop. Ek eet so gesond moontlik en sorg dat ek baie vars vrugte en groente eet. Af en toe geniet ons ’n lekker stukkie vet skaapvleis. Ek en die kinders gaan so een keer ’n maand deli toe en dan kies elkeen wat hy wil hê, gaan sit voor die TV en eet ons trommeldik. Maar ons doen dit nie elke dag of selfs elke naweek nie. Dis iets spesiaals!

VINNIGE FEITE
Wat ontstel jou? Taxi’s. Ek wonder altyd hoekom mense in ’n hysbak die deur vir mekaar oophou en vriendelik is, maar sodra hulle in hul kar klim, word die vyf meter om hulle heilige grond.

Hoe ontspan jy? Ek is mal oor kook. Ek hou ook daarvan om meubels te maak.

Wie en wat inspireer jou? Baie verskillende mense speel ’n rol in my lewe. My pa het vir my ’n sterk fondament gelê en ek sal hom altyd dankbaar daarvoor wees.

Gunsteling-vakansieplek? Waenhuiskrans in die Wes-Kaap en Tosca in Noordwes.

Gunsteling-kos? Kos is ’n kuns. ’n Mens eet lekker as jy sien iemand kook lekker. Van my gunstelinge is wildsgeregte, biltong en skaapvleis.

Lewensfilosofie? Mense kan aanvoel hoe jy voel; wees bewus van jou emosies.

Die storie het oorspronklik in die eerste uitgawe van Pols tydskrif verskyn. Koop die nuutste uitgawe op 'n winkelrak naby jou vir meer fassinerende stories in die wêreld van gesondheid.


 
Previous article: Next article:
Die wêreldbeker sonder boep  
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Mediese deurbrake
Kwale op die kassie
My lewe met borskanker
Oogappel of gifappeltjie?
Is jy op pad na jou eerste hartaanval?
Stents: Die tydbom in jou are
Die einde van doofheid
Ja, skrik maar vir margarien
Ag nee, sies man!
Fikse blitse op wiele
Dapper en stapper
G'n stywe spiere meer nie
Een, twee, drie, strek
Soet, soeter, soetste
Die wêreldbeker sonder boep
'n Tuisblypa duisend
Woera-warra of Ritalin?
Red 'n lewe met Heimlich
Aaaaaaatiesjoe op die lente
'n Kyk deur ander oe
In die kol
Skud jou moegheid af
Ons kundiges beantwoord lesersvrae
Ons kundiges beantwoord lesersvrae oor dieregesondheid
Kruiemiddels: Natuurlik skadeloos?
Slegs noodgevalle na ure
As depressie jou hart breek
Hg-Pols Blokraai Nommer 2
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Word fiks vir die Vis
Word fiks vir die Olifants
Ruim op
Redakteursbrief
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres