|
Ja, skrik maar vir margarien
NÁ JARE van bak en kook
en smeer met “veilige”
margarien, begin dit al
hoe duideliker raak dat
die meeste margariene
op Suid-Afrikaanse winkelrakke ’n groter
gesondheidsgevaar as botter en selfs
ander dierevette inhou.
Transvette in die meeste soorte
margarien en winkelkoekies is net so gevaarlik
of selfs gevaarliker as versadigde
vette, wat jare lank as die groot gevaar
vir hartaanvalle gereken is.
Volgens nuwe en ontstellende bevindings
deur navorsers van die Universiteit
van Harvard in Amerika kan transvette,
as jy net ’n klein bietjie te veel inneem,
jou kans op ‘n hartaanval, diabetes en
selfs kanker drasties verhoog.
“Die meeste mense is totaal onbewus
van die gevaar wat in harde margarien
en winkelgebak skuil. Anders as baie
ander lande het Suid-Afrika geen
wetgewing wat verbruikers teen hierdie
gevaar beskerm nie,” sê dr. Carl Albrecht,
onafhanklike mediese navorsingskonsultant,
farmakoloog en biochemikus.
As jy net ’n halwe tot een teelepel
transvette per dag méér inneem (bv. ’n
teelepel transvette per dag pleks van ’n
halwe teelepel), verhoog dit jou kans
op ’n hartaanval met 50 persent, het die
Harvard-navorsers bewys.
Dié studie is op 33 000 vroue en oor ’n
ses-jaar-tydperk gedoen as deel van die
enorme Nurse’s Health Study.
Die ontstellende deel is dat mense
wat ’n tipiese Westerse eetpatroon volg,
byna dubbel soveel transvette per dag
eet as wat die vroue in die studie geëet
het en dus ’n nog groter risiko loop
vir hartaanvalle.
“Dis gevaarlik, maar niemand by ons
departement van gesondheid sê dit vir
ons nie. Die regering sloer, ten koste van
Suid-Afrikaners se gesondheid, sedert
2003 om die transvet-inhoud van kosse
te reguleer,” sê Carl.
Prof. Spinnie Benadé, voormalige
direkteur van die Voedingsnavorsingsinstituut
van Suid-Afrika en kenner op
die gebied van olies en vette, is ook
besorg oor die algehele gebrek aan
regulering van transvet-inhoud in Suid-
Afrika. “Daar is alternatiewe, maar geen
wetgewing verplig enige vervaardiger
om veranderings ter wille van die bevolking
se gesondheid te maak nie.”
Transvette is mensgemaakte vetsure
en kom nie net in baie margariene voor
nie, maar vorm deel van byna 40 persent
van alle kossoorte.
Harde of blokmargarien word in die
meeste winkelgebak en dikwels ook
in die gebak van tuisnywerhede (en
tuisgebak!) gebruik. Dit maak dat daardie
aanloklike koeke, koekies, -beskuit,
kraakbeskuitjies, vleispasteie, croissants,
oliebolle en Deense gebak ‘n groot gesondheidsrisiko
vir jou kan inhou.
’n Goeie algemene riglyn is: Hoe
harder die margarien, hoe meer transvette
bevat dit. Sommige margariene
kan tot 15 persent transvette bevat, in
vergelyking met botter se 3 persent. Die
harde margarien wat vir winkelgebak
gebruik word, bevat oor die algemeen
tien keer meer (tot 30 persent) transvette
as botter.
As die verpakking van koekies en
ander lekkernye wat harde margarien
as bestanddeel het, nie aandui hoeveel
transvette dit bevat nie, moet jy aanneem
dat dit te veel is vir jou gesondheid,
sê Carl.
Ironies genoeg is transvette met
die beste bedoelings ontwikkel. Toe
navorsing in die jare sewentig getoon
het dat versadigde dierevette tot hoë
bloedcholesterol en hartsiektes kan lei,
het die voedselbedryf na plantolies as plaasvervanger vir botter begin kyk.
Maar veral die goeie olies – soos kanola- en
ander olies wat gesonde omega-3-verbindings
bevat – het taamlik vinnig bederf
(weens oksidasie).
Die bedryf het hidrogenering, ‘n chemiese
proses waardeur waterstofgas deur
olies geborrel is, ingespan om plantolies se
rakleeftyd te verleng en ook om olies van ‘n
vloeistof tot vaste stof om te skakel.
Danksy hidrogenering kan olies oor en
oor verhit word. Boonop verbeter dit die
smaak en tekstuur van die kos en verhoed
dat dit gou bederf. Kraakbeskuitjies en
croissants is brosser en romerige kos nog
romeriger. Dit is as die ideale bak- en
braaivet beskou . . . tot verskeie groot
navorsingstudies in die 1990’s begin toon
het dat transvette ernstige gesondheidsgevare
inhou.
Vandag weet ons dat transvette die
gevaarlikste komponent in voedsel en die
vinnigste pad na ’n hartaanval is. Dit hoort
glad nie in eetgoed nie.
Die doodsklok vir transvette het in die
meeste Westerse lande reeds kort ná die
ontwikkeling daarvan begin lui. In Australië
word transvette sedert 1996 uit alle
margariene verwyder en in Denemarke
is alle margariene, sowel as voedselsoorte
soos mikrogolf-springmielies, gebak en
ander produkte reeds vry van transvette.
Amerikaanse voedselvervaardigers moet
volgens wet die transvetinhoud van alle
voedselprodukte op voedseletikette aandui.
Maar in Suid-Afrika is die transvette in
ons kos “onsigbaar”.
Daar bestaan geen wetgewing wat
voedselvervaardigers dwing om die inhoud
van voedselsoorte oor die algemeen, en
transvette in die besonder, op voedseletikette
aan te dui nie, sê Carl en Spinnie.
Charity Bhengu, woordvoerder van die
departement van gesondheid, het by
navraag aan HG-Pols erken dat die voorgestelde
wetsontwerp ten opsigte van die
etikettering van voedselprodukte, wat ook
transvetinhoud sal reguleer, sedert 2003
sloer. Die kans is skraal dat die nuwe regulasies
voor Junie 2008 in die wet opgeneem
sal word, sê sy.
Weens dié gesloer deur die departement
word Suid-Afrikaners in die duister gehou
oor die hoeveelheid transvette in die kos
wat ons elke dag eet.
Unilever en Woolworths is van die min
vervaardigers en handelaars wat wel uit
eie oortuiging ’n aanduiding van transvetinhoud
gee. Unilever se Flora-, Rama- en
Stork-margariene word al sedert 1994
sonder transvette vervaardig.
Vir alle gebak wat in Woolworthswinkels
te koop is, word gesonder rooi
palmolie, pleks van transvetryke bakvet,
gebruik. Die transvetinhoud van alle Woolworths-
gebak word ook op die voedseletikette aangedui, het ’n ondersoek
deur HG-Pols bevestig.
Buiten dié vervaardigers het die
publiek slegs die Hartmerk van die
Hart- en Beroerte-stigting van Suid-
Afrika as ’n rigtingwyser, maar dit is nie
naastenby voldoende nie. Die Hartmerk
word nie aan kosse wat baie versadigde
en transvette bevat, toegeken nie.
Shân Biesman-Simons, direkteur van
voeding en opvoeding van die stigting,
sê: “Ons is besorg oor die gebrek aan
wetgewing en riglyne oor voedselen
transvetetikettering. Die Hart- en
Beroertestigting moedig mense aan
om minder vette (veral versadigde en
transvette) te eet en om ’n groot verskeidenheid
kosse uit alle voedselgroepe
te eet.“
HG-Pols kon in sy ondersoek geen
aanduiding kry van transvetinhoud op
die verpakkings van gebak wat by
enige ander voedselwinkels of
supermarkte buiten Woolworths
verkoop word nie.
As die voorgestelde wetgewing oor
inligting op verpakking in werking tree,
sal ons minstens weet wat ons eet.
Hoe transvette jou gesondheid knou:
Dit is selfs slegter vir jou hart
as dierevet. Transvette verhoog
jou “slegte” LDL-cholesterol en
verlaag jou “goeie” HDL-cholesterol
– iets wat selfs dierevet
nie doen nie. Verder veroorsaak
dit inflammasie en verharding
van die bloedvate wat tot hoë
bloeddruk kan lei. Dit verhoog
die kans op bloedstolsels en lei
ook tot oorgewig en laat meer
vet om jou organe saampak.
Dit speel ’n groot rol in tipe
2-diabetes. As alle transvette in
‘n dieet met poli-onversadigde
vette vervang word, kan die
risiko vir tipe 2-diabetes met
40 persent verlaag.
Dit verhoog die risiko vir
nie-Hodgkin-klierkanker en
prostaatkanker.
Dit tas moontlik die lewer aan.
Daar is ’n verband tussen transvette
en groter onvrugbaarheid
by sommige vroue.
GOEIE
EN
SLEGTE
VETTE
VETTE KAN IN TWEE HOOFGROEPE INGEDEEL WORD
1. Gevaarlike vette
Dié vette verhoog die
cholesterolvlak wat tot
hartaanvalle kan lei. Hulle is . . .
• Versadigde vette (hoofsaaklik
dierevette) soos in rooivleis, botter,
volroommelkprodukte, room,
bredies, hoendervel en eiergeel.
Sekere plantolies soos klapperen
palmpitolie het ook baie versadigde
vette.
• Transvette soos in harde margarien,
winkelkoekies en ander gebak,
oliebolle, winkelpasteie en -deeg.
2. ‘Goeie’ vette
Hierdie vette hou die
cholesterolvlak stabiel of
verlaag dit en beskerm só die
hartvate. Hulle is . . .
• Mono-onversadigde vette, soos
in avokado’s, olywe en olyfolie,
kanola-olie, grondboonolie, palmolie
en die meeste soorte neute.
• Poli-onversadigde vette soos
omega-3- en omega-6-vetsure. Omega-3-vette word gevind in
salm, haring, sardyne, ansjovis,
makriel, forel en tuna. Plantbronne
is lynsaad-, kanola-, soja- en palmolie,
okkerneute en sekere sagte
margariene met minder as 2 persent
transvette. Omega-6-vetsure is
ook ‘n goeie vet, maar die gemiddelde
Westerling kry deur sonneblomolie,
mayonnaise en slaaisous
so baie omega-6-vetsure in dat dit
die voordele van omega-3-vetsure
uitkanselleer. Jy moet meer omega-
3-vetsure inneem, maar ‘n Westerse
dieet het tussen 18 en 25 keer meer
van die sesse as die dries. Moenie
omega-6-aanvullers oorweeg
nie – gebruik nét aanvullers met
omega-3-vette, sê kenners.
Moenie meer as 60 – 80 g vet per dag
inneem indien jy jou hart gesond en
jou gewig in toom wil hou nie. Dit sluit
versteekte vette in kosse in. Hiervan
moenie meer as ’n derde uit versadigde
vette afkomstig wees nie, moet ’n derde uit
mono-onversadigde vette bestaan en ’n
derde uit poli-onversadigde vette.
Kitskosrestaurante
verminder transvette
HG-Pols het gaan ondersoek instel by McDonald’s, Nando’s
en Steers. Ons het bevind dat hulle weggedoen het met
olies wat baie transvette bevat. Hulle gebruik nou palmolie
vir diepbraai.
Sover bekend, gebruik buiten Woolworths, geen groot
vervaardiger van koekies, beskuit, pasteie of ander winkelgebak
of sjokolade vir die Suid-Afrikaanse mark reeds die
veiliger opsie van palmolie nie.
VRAE AAN PROF. SPINNIE BENADÉ,
VOEDINGSNAVORSER, OOR
TRANSVETTE EN PALMOLIE
V: Hoekom palmolie?
SPINNIE: “Palmolie word uit die vlesige deel van die palmvrug vervaardig en bevat geen
transvette nie en net soveel poli-onversadigde vette as olyfolie. Dit help selfs om LDLcholesterolvlakke
te verlaag. Dit moenie verwar word met palmpitolie wat uit die
palmsaad gemaak word, versadigde vette bevat en sleg is vir jou gesondheid nie.”
V: Hoekom gebruik die bakbedryf in Suid-Afrika dan nie palmolie nie?
SPINNIE: “Ek dink dit gaan oor die prys. Palmolies wat ingevoer word, is eff ens duurder as
plaaslik gehidrogeneerde vette. As palmolie pleks van gevaarlike transvetolies gebruik word,
sal die verandering egter net ’n klein verskil aan die prys van die eindproduk maak. Maleisië,
die grootste produsent en uitvoerder van palmolie, produseer al jare ’n bakvet van palmolie
wat algemeen gebruik word. Daar is werklik geen rede waarom dit nie in Suid-Afrika gebruik
kan word nie.”
Wat jy kan eet en wat nie…
Margarien/smeer
Ja, vir margarien wat aandui dat
dit minder as 2 persent bevat (ook
aangedui as 2 g transvette per
100 g gewig).
Vermy harde blokmargarien
en wees liefs versigtig vir sagte margarien
sonder trans vetetikettering.
Olie
Ja, vir koud-gepersde suiwer olyfolie
(cold-pressed virgin olive oil);
kanola-olie; sonneblomolie; ’n
mengsel van sonneblom-, kanolaen
soja-olie; palmolie.
Vermy olie wat gedeeltelik
gehidrogeneer is en olyfolie gemerk
as “100 persent suiwer”-olyfolie.
Gebak
Ja, vir gebak met margarien wat
minder as 2 persent transvette bevat.
Nee, vir pakkies koekies, beskuit of
sjokolade sonder transvetetikettering
of waarin nie óf palmolie óf
veilige margarien gebruik is nie.
Vermy mikrogolf-springmielies
– maak dit liewer self in ’n bietjie
gesonde olie.
Vir diepbraai
Gebruik net vars en skoon plantolies.
Palmolie en kanola-olie is die beste.
Vermy alle kos wat gebraai is in
gedeeltelik gehidrogeneerde olie.
Onthou ook dat enige olie wat oor
en oor gebruik word kankerwekkende
akriel-amied kan bevat.
Restaurante
Stap aan as die bestuurder jou
nie die versekering kan gee dat
palmolie of ander veilige olies of
vette in die voorbereiding van kos
gebruik word pleks van gedeeltelik
gehidrogeneerde olies nie.
Het jy geweet?
- Pasteie en ander deegkosse is propvol vette, waaronder hope transvette.
- ’n Halwe oliebol
bevat meer as 2 g
transvette – die maksimum
per dag voordat
jou gesondheid
benadeel word.
- 27%. Die hoeveelheid transvette
in harde margarien, wat dikwels
die goedkoopste is en deur
’n groot deel van die
bevolking gebruik word.
- 3X. Dis hoeveel groter jou risiko vir ’n hartaanval word as
jy elke dag 3,6 g transvette eet pleks van 2,5 g.
Dis vyf klein winkelkoekies per dag pleks van drie, ’n sny
koek so groot soos jou handpalm en 3 cm dik pleks van 1,5 cm dik.
- Moenie meer as 60 – 80 g vet per
dag inneem indien jy jou hart gesond
en jou gewig in toom wil hou nie.
Die persentasie transvette in verskillende kossoorte
volgens die Amerikaanse Food and Drug Administration (FDA)
- 1 Eetlepel BAKVET: 4g (30%)
- 1 Eetlepel HARDE MARGARIEN: 3g <27%)
- 1 WINKEL-OLIEBOL: 5g (27%)
- 3 (30g) WINKELKOEKIES: 2g (6%)
- 1 Sny (80g) WINKELKOEK: 4,5g (5,6%)
- 1 Eetlepel SAGTE MARGARIEN: 0,5g (4,5%)
Trans fat alternatives: healthier?
Die storie het oorspronklik in die eerste uitgawe van Pols tydskryf verskyn. Koop die nuutste uitgawe op 'n winkelrak naby jou vir meer fassinerende stories in die wêreld van gesondheid.
|