Advertisement
Dirty money
Your cash has done the rounds - and so have the bacteria on them.
How UV hurts
Suntan, sunburn, ageing. The sun can affect your skin in many ways. How does it work?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 Lente 2007
 
Stents: Die tydbom in jou are

Skoknuus oor die gevaar van ’n nuwe soort stent, wat die afgelope twaalf tot agttien maande regoor die wêreld en ook in Suid-Afrika gebruik is, kom nou broksgewys in mediese joernale aan die lig

Die eerste tekens dat ’n nuwe soort stent onvoorsiene gevare kan inhou en tot die dood van meer mense kan lei as wat verwag is, begin nou duidelik word.

Dit blyk dat middel- vrystellende stents enigiemand wat dit ontvang het, ’n wandelende tydbom kan maak. Dit kan skielik tot ’n groot hartaanval of onbedaarlike bloeding lei.

Die jongste waarskuwings dat die stents nie so veilig is as wat aanvanklik gemeen is nie, kom uit Nederland.

Besorgde kardioloë van dié land rapporteer in die Julie-uitgawe van Journal of the American College of Cardiology dat byna ’n derde van hul pasiënte binne 32 maande nadat hulle die nuwe stents ontvang het, gesterf het. Nie een pasiënt wat ’n kaal-metaalstent ontvang het, het in dié tyd gesterf nie.

Die studie is op net 75 pasiënte gedoen en word deur sommige spesialiste as alarmisties bestempel.

Die bevindings volg egter kort op die hakke van sewe artikels in die Maartuitgawe van die gesaghebbende Amerikaanse mediese joernaal The New England Journal of Medicine oor die eerste skok-sterftes weens neweeff ekte van die nuwe stents.

Amerikaanse kardioloë is besorg oor hierdie toedrag van sake. Ondersoeke, verdere studies en deeglike ontleding van die data word nou in Amerika en Nederland aangevra om vas te stel of die fout by die stents of by die dokters lê.
Het die stents nuwe komplikasies?
Het die kardioloë die stents in mense ingeplant wat dit nie moes kry nie?
Was die narkotiseurs nie bedag op die komplikasies nie?

Dié vrae moet beantwoord word. Volgens die oorsese verslae kan die middel-vrystellende stent ’n invloed hê op die lewe van alle Suid-Afrikaners wat dit die afgelope 12 tot 18 maande ontvang het.

Sommige Suid-Afrikaanse spesialiste is baie besorg oor die gevare van die nuwe stent en sê dat hulle nie sal toelaat dat dit in hulle ingeplant word voor langtermynstudies uitgevoer is nie.

Ander spesialiste meen dit is veilig. Selfs laasgenoemde groep maan teen die gebruik daarvan in enigiemand wat binne ’n jaar ná die inplanting ’n operasie moet ondergaan.

’n Ondersoek deur HG-Pols het aan die lig gebring dat minstens drie mense wat die nuwe stents ontvang het, die afgelope ses maande in Kaapstad dood is.

Een was ’n man wat ’n paar maande ná sy stent-inplasing ’n klein operasie moes ondergaan. Hy moes die sterk antistolmiddels wat mense met middel-vrystellende stents moet drink, staak om te voorkom dat hy tydens die operasietjie baie bloei.

Maar binne twaalf uur sonder die bloedverdunningsmiddel het ’n groot bloedstolsel in sy hart gevorm en het hy ’n hartaanval gekry. Toe die dokters antistolmiddels inspuit om die bloedstolsel op te los in ’n poging om sy lewe te red, het hy onbedaarlik begin bloei.

Dit is tipies van die gevallestudies wat nou een ná die ander deur Amerikaanse spesialiste beskryf word. Die nuwe stent stel self ’n antiverwerpingsmiddel vry, verduidelik ’n Suid-Afrikaanse kardioloog.

Dié middel verhoed dat weefsel op die stent ingroei en weer ’n verstopping veroorsaak.

Dit lyk of die gelyktydige gebruik van dié middel en die sterk antistolmiddel iets radikaals met die bloedstollingsmeganisme laat verkeerd loop.

Presies wat skeefloop en hoe dit gebeur, is nog nie duidelik nie, verduidelik die kardioloog. Van die pasiënte het byna onmiddellik ’n hartaanval gekry toe hul antistolmedisyne ná ’n paar maande volgens plan gestaak is.

Die aanvanklike idee met die stents was dat pasiënte hul sterk antistolmedisyne ná ’ n paar weke of maande sou kon staak. Weens die onvoorsiene komplikasies is die tydperk nou al gerek tot omtrent twee jaar.

Die moontlikheid bestaan dat ’n pasiënt nou vir die res van sy of haar lewe op die sterk antistolmedikasie sal moet bly. Dis ’n tydbom-situasie: Los die persoon die sterk antistolmiddel, is sy kans op ’n hartaanval groter. Hou hy aan om dit te gebruik, kan hy hom dalk doodbloei.

Stents, hartvatomleidingsoperasies en medikasie is die drie belangrikste behandelingsmetodes vir mense met vernoude hartvate. Elke behandelingsmetode het sy plek en sy voor- en nadele. Nuwe tegnieke soos stamselbehandelings lewer belowende resultate, maar daar lê nog baie werk voor.

Bypass often safer than stents

Some stents boost clot risk

Die storie het oorspronklik in die eerste uitgawe van Pols tydskryf verskyn. Koop die nuutste uitgawe op 'n winkelrak naby jou vir meer fassinerende stories in die wêreld van gesondheid.


 
Previous article: Next article:
Eerste hartaanval? Die einde van doofheid
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Mediese deurbrake
Kwale op die kassie
My lewe met borskanker
Oogappel of gifappeltjie?
Is jy op pad na jou eerste hartaanval?
Stents: Die tydbom in jou are
Die einde van doofheid
Ja, skrik maar vir margarien
Ag nee, sies man!
Fikse blitse op wiele
Dapper en stapper
G'n stywe spiere meer nie
Een, twee, drie, strek
Soet, soeter, soetste
Die wêreldbeker sonder boep
'n Tuisblypa duisend
Woera-warra of Ritalin?
Red 'n lewe met Heimlich
Aaaaaaatiesjoe op die lente
'n Kyk deur ander oe
In die kol
Skud jou moegheid af
Ons kundiges beantwoord lesersvrae
Ons kundiges beantwoord lesersvrae oor dieregesondheid
Kruiemiddels: Natuurlik skadeloos?
Slegs noodgevalle na ure
As depressie jou hart breek
Hg-Pols Blokraai Nommer 2
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Word fiks vir die Vis
Word fiks vir die Olifants
Ruim op
Redakteursbrief
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement