|
Fikse blitse op wiele
Renjaers sit beslis nie net agteroor en trap petrol nie.
Hulle is atlete uit eie reg.
300km/h
Teen ’n snelheid van 300 km
per uur lê ’n renjaer 80 m in
een sekonde af – as hy sy oë sou
knip, sal hy 80 m verder wees en dalk ’n
hele draai mis. Hulle leer daarom om hul
oë te flikker in plaas daarvan om hulle
te knip.
- ’n Renmotor is nie die plek vir ’n man
met stadige refl ekse nie. Renjaers
slyp hul reeds vinnige refl ekse met
spesiale oog- en handoefeninge. Dis hoe warm dit in die brandbestande
renpakke word.
- 50 ºC
Renjaers sweet 2 liter vog uit tydens ’n ren. Dis
daarom ’n riglyn dat hulle ’n liter vloeistof voor,
2 liter tydens en 2 liter ná afl oop van die resies drink
om te voorkom dat hulle ontwater. Nelson Piquet
was so ontwater ná die Brasiliaanse Grand Prix in
1982 dat hy op die podium flou geval het en
binneaars vloeistof moes ontvang.
- 2 liter
Renjaers volg intensiewe oefenprogramme
om hul bolyf sterk te hou. ’n
Renjaer se kop weeg 5 kg en die helm
nog ’n kilogram. As hy om ’n draai gaan, weeg
sy kop minstens vier keer swaarder weens
middelpuntvliedende krag. Elke renjaer moet
nek- en skouerspiere bou om ’n kop en helm
wat altesaam 24 kg weeg te kan dra.
- ’N MOTORRENJAER IN AKSIE SE HART
KLOP 200 SLAE PER MINUUT.
Dis genoeg
om die fiksstes onder ons te laat omkap.
Die gemiddelde mens het maar ’n hartklop
van 70 slae per minuut terwyl die gemiddelde
gim-entoesias se hart tydens ’n
oefensessie ongeveer 120 tot 160 keer per
minuut klop.
- Renjaers moet baie versigtig wees om nie
groot spiere te bou nie omdat dit swaar weeg
en meer ruimte in beslag neem. ’n Toprenjaer
se liggaamsvetverhouding is omtrent 7 persent
– dieselfde as ’n langafstandatleet s’n.
- Renjaers moet net soos atlete die hoeveelheid
koolhidrate en proteïene wat hulle inneem, dophou.
Gedurende ’n rennaweek sal hulle baie energieryke kos
wat ryk aan koolhidrate is, eet om genoeg stamina
op te bou.
Grand Prix: How fit must a racing driver be?
Die inligting het in die September 2007 uitgawe van Pols verskyn.
|