Advertisement
Flu-O-Meter
Runny nose, sniffing and coughing? Find out what the flu status in your area is.
A trip down sensory lane
A quiet space with an incredible energy: ONEwellness is breaking new ground.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 HG Pols Sept 2007
 
Ag nee, sies man!

167km/h

Die spoed waarteen ’n griepvirus vorentoe skiet as jy nies.

Dit trek maklik 5m ver en kan almal in sy pad aansteek.

Flu centre

'n Mens kan meer as twee tepels hê

Het jy geweet dat twee persent van alle vroue en een persent van mans ’n derde of selfs meer tepels het?

Een vrou het selfs tien tepels gehad wat almal tot volwaardige borste ontwikkel het. Die ekstra tepels lê op die mens se melklyne wat aan weerskante van die bors van die armholte regdeur die normale tepelposisie tot in die lies loop.

Dit kan soos ’n moesie lyk of selfs soos ’n herkenbare tepel, en in seldsame gevalle tot borste ontwikkel.

Bekendes met ekstra tepels is die akteur Mark Wahlberg en die sangeres Lily Allen.

Vra jou dokter om die ekstra tepel te verwyder as dit jou pla.

Die stinkbom in jou broek

’n Mens produseer gemiddeld 1 L gas in ongeveer veertien klein verpakkings per dag. Die presiese samestelling van die gas hang af van die kos wat jy geëet het, hoe baie lug jy die dag gesluk het, die soorte bakterieë in jou dermkanaal en hoe lank jy die wind probeer terugknyp.

Dis die bietjie swawel- en stikstofverbindings afkomstig van die kos wat nie behoorlik verteer het nie, en die dikderm-bakterieë wat die reuk veroorsaak. Die swawelverbindings is hoofsaaklik waterstofsulfied (die gas wat soos vrot eiers ruik) en merkaptaan. Stikstofryke verbindings is hoofsaaklik skatole en indole. Swawelryke kosse soos kool, eiers en vleis lei tot gasse wat slegter ruik. Boontjies produseer wel baie gasse, maar nie so ’n slegte reuk nie.

Die druk van elke windjie is amper twee keer meer as die druk in jou motorbande

’n Platte of punt-in die-wind

Die meeste mense se naeltjie is plat, maak ’n holtetjie en het ’n netjiese halfmaantjie vel aan die bokant.

Die onderkant van die naeltjie heg gewoonlik aan die buitenste maagspiere vas. As daar littekenweefsel vorm tussen die naeltjie en die spierwand, druk die weefsel en die bietjie vetweefsel onder die vel die naeltjie na buite.

As die naeltjie woes uitstaan, is dit dalk ’n naeltjiebreuk wat reggemaak moet word anders kan die dunderm tussen die opening in die maagspiere vasgeknyp word.

Die naeltjie is die oorblyfsel van die naelstring van ’n baba wat net na geboorte afgesny word.

Die inligting het in die September 2007 uitgawe van Pols verskyn.


 
Previous article: Next article:
Ja, skrik maar vir margarien Fikse blitse op wiele
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Mediese deurbrake
Kwale op die kassie
My lewe met borskanker
Oogappel of gifappeltjie?
Is jy op pad na jou eerste hartaanval?
Stents: Die tydbom in jou are
Die einde van doofheid
Ja, skrik maar vir margarien
Ag nee, sies man!
Fikse blitse op wiele
Dapper en stapper
G'n stywe spiere meer nie
Een, twee, drie, strek
Soet, soeter, soetste
Die wêreldbeker sonder boep
'n Tuisblypa duisend
Woera-warra of Ritalin?
Red 'n lewe met Heimlich
Aaaaaaatiesjoe op die lente
'n Kyk deur ander oe
In die kol
Skud jou moegheid af
Ons kundiges beantwoord lesersvrae
Ons kundiges beantwoord lesersvrae oor dieregesondheid
Kruiemiddels: Natuurlik skadeloos?
Slegs noodgevalle na ure
As depressie jou hart breek
Hg-Pols Blokraai Nommer 2
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Word fiks vir die Vis
Word fiks vir die Olifants
Ruim op
Redakteursbrief
 



 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres