Advertisement
Weight loss: how much?
Crash diets don't work. Here's how fast you should lose weight to keep the kilos off.
Light pollution
Our artificially-lit nights aren't good for us, and may even cause cancer.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
 
 HG Pols Sept 2007
 
Kwale op die kassie

Binnelanders se Roelien in lewensgevaar

In Binnelanders ontvou dramatiese gebeure. Roelien (Sarahann Doherty) ontwikkel HELLP-sindroom, ’n seldsame en lewensgevaarlike swangerskap-komplikasie weens hoë bloeddruk.

Die kans is 7 – 35 persent dat sy kan sterf, en 40 persent dat haar baba kan sterf. Die presiese oorsaak is onbekend, maar dat iets skeefl oop met die bloedstollingsmeganisme is gewis. Die ma se lewer kan ook ingee. In ’n noodsituasie probeer dokters om die baba so vinnig moontlik uit die ma te kry en plasma-oortappings vir die ma te gee.

Ecstasy smokkel met LEANDRÉ se kop

Daar gaan sluk Leandré (Ricci Niekerk) ’n Ecstasy of e. Dié opkikker is in 1986 aan die mark onttrek omdat dit breinskade kan veroorsaak. Dit kan jou eufories, sensueel en energiek laat voel, jou liggaamstemperatuur en bloeddruk laat styg, jou hart vinniger laat klop en jou laat sweet. Saam met ’n gedans kan dit vinnig tot ontwatering lei. Ecstasy kan selfs jare later tot ernstige depressie, geheueverlies, angstigheid en paranoia lei.

40 gisftige slangsoorte wag op nuwe Survivors

Die nuwe Suid-Afrikaanse Survivor-reeks is in Maleisië verfilm, waar dit wemel van slange. Gaan ’n deelnemer dalk gebyt word?

Daar is minstens veertig verskillende spesies giftige slange. Die vier gevaarlikste landslange is die Maleise adder, die Asiatiese kobra, die kus-adder en die Wagler-adder.

Van die slange is vaal en onopvallend, maar ander is helderkleurig met eksotiese donker bande om die lyf. Die gif van kobras en seeslange lei binne minute tot die eerste tekens van verlamming en dan asemhalingsprobleme, terwyl die gif van adders meestal tot bloedstollingsprobleme lei, sê prof. Nget Hong Tan van die geneeskunde-fakulteit van die Maleisiese Universiteit in Kuala Lumpur.

911. As 'n slang jou byt: (enige plek ter wêreld)

  • Bly kalm. Die kans is skraal dat jy binne vier uur sal sterf.
  • Hou jou en veral die liggaamsdeel wat gebyt is, baie stil.
  • Moenie aan die bytplek sny of die gif probeer uitsuig nie.
  • Druk ’n breë verband ferm op die bytplek. Gebruik enige stuk lap wat jy in die hande kan kry. Moenie die ledemaat met ’n toerniket afbind nie.
  • Alle pasiënte wat deur ’n slang gebyt is, moet hospitaal toe geneem word vir behandeling en die moontlike toediening van spesifieke slangteengif.

First Aid Centre

Snake bites: What to do

25 %

Soveel Suid-Afrikaanse vroue ly ná die geboorte van hul baba aan depressie. Dit is baie hoër as die 10 – 18 persent in Europese lande.

Moenie verbaas wees as ’n Binnelanders- karakter dit ontwikkel nie. Vroue wat afsydig teenoor of kwaad vir hul baba voel, baie moeg en waardeloos voel of dink “iets is net nie reg nie”, het berading, ondersteuning en begrip nodig.

Hierdie inligting kom uit die September 2007 uitgawe van Pols tydskrif.


 
Previous article: Next article:
Mediese deurbrake My lewe met borskanker
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Mediese deurbrake
Kwale op die kassie
My lewe met borskanker
Oogappel of gifappeltjie?
Is jy op pad na jou eerste hartaanval?
Stents: Die tydbom in jou are
Die einde van doofheid
Ja, skrik maar vir margarien
Ag nee, sies man!
Fikse blitse op wiele
Dapper en stapper
G'n stywe spiere meer nie
Een, twee, drie, strek
Soet, soeter, soetste
Die wêreldbeker sonder boep
'n Tuisblypa duisend
Woera-warra of Ritalin?
Red 'n lewe met Heimlich
Aaaaaaatiesjoe op die lente
'n Kyk deur ander oe
In die kol
Skud jou moegheid af
Ons kundiges beantwoord lesersvrae
Ons kundiges beantwoord lesersvrae oor dieregesondheid
Kruiemiddels: Natuurlik skadeloos?
Slegs noodgevalle na ure
As depressie jou hart breek
Hg-Pols Blokraai Nommer 2
Spesiale Aanbod: NISSAN MICRA
Word fiks vir die Vis
Word fiks vir die Olifants
Ruim op
Redakteursbrief
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement
 Top Condition
 Centres