|
Mediese deurbrake
Dis byna te goed om waar te wees
en word as die grootste deurbraak
in diabetes die afgelope twintig
jaar beskou: insulien wat met ’n
pompie ingeasem word pleks van
ingespuit word. Dit kan binne ’n
paar maande werklikheid word vir
duisende Suid-Afrikaners wat
aan tipe 1- en 2-diabetes ly en
wat hulle daagliks moet inspuit.
Meer as 5 miljoen Suid-Afrikaners
ly aan diabetes. ’n
Skokkende 50 persent van
alle diabete se siekte word,
hoofsaaklik weens hul vrees
vir naalde, nie goed beheer
nie. Dié mense loop ’n groot
gevaar om hartsiektes en
ander gevaarlike komplikasies
te ontwikkel. Sonder
insulien sal ’n tipe 1-diabeet
binne agttien maande sterf.
Die insulienpompie is ontwikkel
omdat insulien nie gesluk
kan word nie. Dit werk byna nes
’n asmapompie, volgens die
farmaseutiese vervaardiger Pfizer.
Die inasembare insulien word
deur die longe opgeneem, en kan
diabetespille en kortwerkende
insulieninspuitings vervang. Die
nuwe produk, Exubera, word nie
aanbeveel vir diabete wat rook of
aan asma of emfi seem ly nie.
6 MAANDE
Binne die bestek van ses maande
kon navorsers sien dat verjongingsrome
met 0,4 persent retinol (’n
soort vitamien A) werk. Die rome
is op 87-jariges getoets en het hul
plooie minder gemaak en hul velle
gladder en elastieser. Onder ’n mikroskoop
het die vel meer begin lyk soos die vel van jonger mense.
Elektrodes op gehoorsenuwee
gee nóg beter gehoor
Piepklein elektrodes wat regstreeks op die gehoorsenuwee
ingeplant word, en dalk nog beter gehoor kan gee as kogleêre
inplantings, gaan binnekort die eerste keer op mense
getoets word. Die nuwe inplantings, ontwerp deur navorsers
van die Universiteit van Michigan, het dowe diere in
staat gestel om selfs baie lae basklanke te hoor. Dit beteken
mense sal maklik gesprekke in raserige klubs kan volg. Lees
meer oor doofheid op bladsy 42.
Click hier en luister na gehoorgestremde Gerhard van der Merwe se verhaal.
Blinde honde kan weer sien
Eers het navorsers van Philadelphia
daarin geslaag om drie
blinde honde met nuwe geneterapie
te laat sien. Nou is hulle
gereed om die nuwe behandeling
op blinde mense te toets. Die
honde het aan ’n oorerfl ike tipe
blindheid gelei wat ooreenstem
met die blindheid bekend as Leber
se kongenitale amourose (LKA) in
mense. Sowat 2 000 Suid-Afrikaners
is blind weens LKA. Baie van
die mense is van geboorte af blind.
Die honde kon binne drie maande
sien nadat die gesonde gene in hul
retinas gespuit is.
Kyk na die video
en sien self hoedat die blinde honde nie
meer in goed vasloop nie.
Stuifmeel van
doringbome kan
tot asma lei. Maar
met nuwe middels
kan asma nou beter
beheer word.
Lees meer oor
allergieë op bl. 100 in Pols nou beskikbaar.
10 SEKONDES
Dís hoe lank dit osoon (O3)-gas neem
om met die tandbederf-bakterieë
Streptococcus mutans en Lactobacillus in
jou mond klaar te speel.
Dié behandelingstegniek
raak nie net vir tot sestien
weke van skadelike bakterieë ontslae
nie, maar hou ook tandvleise gesond
én voorkom slegte asem. Kinders hoef
dalk nie weer ’n tandboor te hoor nie.
Hierdie inligting kom uit die September 2007 uitgawe van Pols tydskrif.
|