Ná 12 weke van oefen en reg eet, het baie Sarie-lesers baie kilogramme en centimeters afgeskud, fikser en soepeler geword en regtig die vorm van hul liggame verander. Die deelnemers het baie goed presteer, en dit was moeilik om die bestes onder die bestes te kies.
Advertisement
Die wenners van die Sarie/Health24 Uitdaging is uit die meer as 700 deelnemers gekies.
Die wenner van die splinternuwe Fiat Pallio is: Elmarie Hendricks (42) van Durbanville. Sy het 10.4 kg (van 61.45 kg na 51.05 kg) en 28.1 cm afgeskud, 11% liggaamsvet verloor en 'n fantastiese 10% spiermassa gewen. Kyk na Elmarie se foto's. Sy het vyf keer per week geoefen. Sy het nie noodwendig die meeste gewig of centimeters verloor nie, maar is as die wenner aangewys omdat sy daarin geslaag het om alle oortollige vet aan haar lyf af te skud, baie spiermassa by te kry, en die vorm van haar lyf van “pap” na “ferm” te verander, en só waarlik haar dertigs lyf terug te kry.
Die ander wenners is:
James le Roux (46) van Pretoria, wat ‘n ongelooflike 28 kg en 46 cm afgeskud het. Hy het 7% spiere bygekry. Hy het 135 kg geweeg en weeg nou 107 kg. Kyk na James se foto's.Hy wen die afdeling vir diegene wat drie keer per week geoefen het en daarmee twee dae vir 2 mense in die Mt Grace Country Hotel & Spa.
Christelle Griffiths (41) van Porterville het 13.55 kg (79.45 kg na 65.9 kg) en 46.1 cm verloor en 'n ongelooflike 17% spiermassa bygekry. Kyk na Christelle se foto's. Sy wen die afdeling vir diegene wat 4 keer per week geoefen en wen twee dae vir twee mense by die Sante Winelands Wellness Centre.
Vanessa Vermeulen (35) van Saldanha, het 'n baie goeie 16 kg (van 116.35 kg na 100.8 kg) en 45.2 cm verloor het, 11% liggaamsvet verloor het en 'n uistekende 7% spiermassa gewen het. Sy wen die afdeling vir mense wat ses dae per week geoefen. Sy wen twee dae vir 2 mense by die Sante Winelands Wellness Centre.
Barbara (48) en Anke Vermeulen (16) van Pretoria, wat saam 36 kg verloor het die Afdeling vir Gesinne wen. Barbara Vermeulen het ‘n verstommende 24 kg en 48 cm verloor. Hulle wen twee dae vir 2 mense in die Mount Grace Country Hotel & Spa.
Die span van die Bayview Private Hospitaal op Mosselbaai wen die prys vir die maatskappy-span wat die beste gevaar het. Hulle wen twee dae vir twee mense by die Mount Grace Country Hotel & Spa. Onder die groep het Esther Lategan (39) 8 kg verloor (van 75 kg na 67 kg) en 7% spiermassa gebou. Hier is Esther se foto's.Christelle le Roux (31) het 7 kg (69 kg na 62 kg) verloor en 12% spiermassa bygekry.
Charmaine Hesketh (47) van Alberton het 21 kg (van 104 kg na 83.6 kg) en 85.1 cm verloor en 3% spiermassa gebou. Sy het vyf keer per week geoefen. Sy wen twee dae vir twee mense by die Mt Grace Country Hotel & Spa. Ons stel hierdie bykomende prys beskikbaar vir haar uitstekende resultate.
Deidre Travis (34) van Empangeni het 3.9 kg (74.9 kg na 71 kg) en 49 cm verloor, en 'n yslike 13% spiermassa bygekry. Sy het vier keer per week geoefen. Sy wen twee dae vir twee mense by die Sante Winelands Welness Centre en Spa. Hierdie is die tweede bykomende prys wat beskikbaar gestel word vir uitstekende resultate.
Elna Horn (30) van Stellenbosch , het 12.4 kg (van 85.4 kg tot 73 kg) en 37.4 cm verloor, en 13% spiermassa bygekry. Sy het die grootste persentasie verskil aan liggaamsvorm teweeg gebring. Kyk na Elna se foto's. Sy het die vier keer per week geoefen en wen twee dae vir twee mense by die Sante Winelands Wellness Centre & Spa.
Kobus Smit (37) van Bloemfontein het 15 kg (101.8 kg na 86.4 kg) verloor, sy liggaamsvet met 12% verminder en 8% spiermassa bygebou. Hy het ses keer per week geoefen en wen twee dae vir twee mense by die Mount Grace Country Hotel & Spa.
Marinda van Niekerk (34) van Hartenbos het 4.5 kg verloor (van 65.5 kg na 61 kg) en 8.2% spiermassa gewen. Kyk na Marinda se foto's. Sy dra nou geen oortollige liggaamsvet nie en wen die bergfiets.
Ook uitstekend presteer
Health24 en Sarie wens ook die volgende 15 deelnemers geluk met hulle uitstekende prestasies. Indien daar nog pryse was, sou ons dit graag aan die deelnemers topegeken het. Ons is waarlik trots op julle:
Sophia Strydom (36) het 26 kg (178 kg na 152 kg) en 49.6 cm verloor Sy het vier keer per week geoefen.
Louis Bezuidenhout (41) het 24 kg (van 141.6 kg na 116.7 kg) en 58 cm verloor. Hy het vyf keer per week geoefen.
Stefanie Theron (37), het 18.6 kg verloor (van 110.7 kg tot 92.1 kg) en 49.5 cm verloor en 7% spiermassa gewen. Sy het 3 keer per week geoefen.Kyk na Stefanie se foto's. Sy het drie keer per week geoefen.
Marinda Boolsen (42). Sy het 18 kg (van 103 kg na 85 kg) en 53.5 cm verloor en 3% spiere gewen. Sy het drie keer per week geoefen.
Alta Gouws (43) het 18 kg (116.2 kg na 98.3 kg) en 61.3 cm verloor. Sy het ses keer per week geoefen.
Karin Linde (41) het 16 kg (94 kg na 78.3 kg) en 57.9 cm verloor en 7% spiermassa bygekry. Sy het vyf keer per week geoefen.
Susan Prinsloo (45). Sy het 15 kg (88 kg na 73 kg) en 45 cm verloor.
Bessie Crous. Sy het 15 kg en 38 cm verloor, en 5% spiere bygebou.
Joani Landman (48) het 8.2 kg (99.8 af na 91.6) en 48 cm verloor en 'n verstommende byna 9% spiermassa gewen. Sy het drie keer per week geoefen.
Esmar Knox-Davies (37) het 5 kg (van 73.4 kg tot 68.4 kg) en 37 cm verloor en 'n fantastiese 9% spiere bygekry. Sy het vier keer per week geoefen.
Ellen Nicol (34) het 10 kg (van 78.7 kg na 68.4 kg) verloor en 'n uitstekende 8% spiermassa bygebou. Sy het ses keer per week geoefen.
Bookmark with:
What are social bookmarks?