Advertisement
6 steps to weight loss
Weight loss needn't be difficult. Follow these steps to a new, slimmer you.
Hospital plan, or scheme?
Medical scheme membership is expensive. Is it worth it, or is a hospital plan enough?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
DO THIS:TEST YOURSELFGREAT FITNESS GUIDESI WANT TO...
 Porsieplan/Portion Plan
Hoe groot is 'n porsie?

'n Porsie vet en 'n porsie vleis is nie ewe groot of ewe veel nie. Dit is dus belangrik om te weet presies wat 'n porsie is.

Om dit so maklik as moontlik te maak, gebruik ons hier 'n vuisgrootte, handpalmgrootte, vuurhoutjiedosie, teelepel en koppie as die belangrikste rigtingwysers.

 
Advertisement
Uit die lys hieronder kan jy letterlik enige van die porsies uit die proteïenlys kies vir jou proteïenporsie in jou maaltydplan. Dieselfde geld vir koolhidrate (stysels), vette, suiwel, groente en die res.

Neem die feite in Belangrike Notas in ag, en siedaar, jy is op die wenpad na 'n gesonder lyf.

Hier is die lys van die porsiegroottes volgens verskillende voedselgroepe:

Stysel
1 porsie
= 1 sny bruin of heelgraanbrood
= 'n halwe bruin/heelgraanbroodrolletjie
= halwe pitabrood
= halwe koppie hawermout- of mieliepap
= halwe koppie ontbytgraan (All Bran)
= halwe koppie pasta, noedels, polenta, couscous
= 2 ProVitas
= 1 klein aartappel
= 1 klein patat
= 1 k pampoen
= 1 k botterskorsie
= 1 k bruin rys
= 1 k beet
= 1 k uie
= 1 k dik sop
= 1 k wortels
= 1/2 k gebakte droë bone of lensies
= 1/2 k groenmielies
= halwe heelgraan muffin
= 1 klein heelgraan beskuit.

Vrugte
1 porsie
= 1 klein vars vrug van enige soort
= halwe koppie onversoete vrugtesap
= halwe koppie geblikte vrugtesap.

Groente
1 porsie
= halwe koppie vars of gevriesde beet, pampoen, wortels, ertjies en botterskorsie.
Van die volgende groente kan jy eet soveel jy wil: blaarslaai, tamatie, komkommer, groenpeper, sampioene, aspersies, blomkool, kool, brokkoli, Brusselse spruite, eiervrug, skorsie en groenbone.

Suiwel
1 porsie
= halwe koppie afgeroomde of laevetmelk
= halwe koppie laevet joghurt = halwe koppie karringmelk.

Proteïen
1 porsie
= handpalmgrootte maer rooi vleis of hoender sonder vel of vis (nie in olie gebak nie)
= vuurhoutjiedosie grootte laevetkase soos mozarella en Lichten blanc
= 2 vuurhoutjiedosies (60 g) maaskaas
= 1 gekookte eier
= 1 teelepel grondboontjiebotter
= halwe koppie gebakte bone of lensies.

Vette
1 porsie
= 1 teelepel botter
= 2 teelepels ligte margarien
= 1 eetlepel ligte mayonnaise of ligte slaaisous
= 1 eetlepel sous
= 1 teelepel sonneblom-, canola- of olyolie
= kwart van 'n avokadopeer.

Belangrike notas
1. Moet geen suiker of vette by kosse voeg nie.
2. Drink water as jy dors is. Jy kan ook Coke Lite, Sprite Zero, Lemon Lite, Tab, Brooks Low cal cordials, Lite Iced Tea of Seeto drink.
3. Berei witsous met afgeroomde melk.
4. Drink kaffeïenvrye koffie en tee, en rooibos en kruietee na smaak.
5. Moenie meer as drie eiers per week eet nie, en wel sonder die geel indien moontlik.
6. Moenie meer as drie keer per week rooivleis eet nie.
7. Beperk jou alkohol tot twee glasies per week. Elke glas wyn tel as een styselporsie.
8. Voeg vars kruie soos basiliekruid, roosmaryn, tiemie en pietersielie by om jou kos te geur pleks van baie sout.
9. Doen oefening. Geen eetplan gaan jou werklik genoeg help indien jy nie aktief is en 'n oefenprogram volg nie.
10. Moenie 45 minute voor en na oefening eet nie. Eet wel tussen 45 en 60 minute na oefening.


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Analyst Developer (Contract)
R25,000-35,000 Per Month
Western Cape
Senior Accountant
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Assistant Financial Manager (Contract)
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Accounts Payable Team Leader
R300,000-350,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial Manager
R500,000-600,000 Per Annum Cost To Company
South Africa
Corporate Finance Manager (Chartered Accountant) AA preferred
R500,000-620,000 Per Annum Cost To Company
South Africa
Senior PHP Developer
Western Cape
Data Capturer
Gauteng - Pretoria

 
Previous article: Next article:
Die Porsieplan Eetplan The Portion Eating Plan
Goal : 
Gender : 
Male Female
 Fitness level : 
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Die Porsieplan Eetplan
Hoe groot is 'n porsie?
The Portion Eating Plan
How big is a portion?
 RELATED ARTICLES
Die Porsieplan Eetplan
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement