Advertisement
Holiday pet care
You're packed and ready to go. For two weeks into the blue yonder. What about your pets?
No default organ donation
Make everyone an organ donor unless they opt out? The Brits have decided not to.
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
DO THIS:TEST YOURSELFGREAT FITNESS GUIDESI WANT TO...
 Porsieplan/Portion Plan
Die Porsieplan Eetplan

Jy kan kies of jy die PlusMinus eetplan of die Porsieplan eetplan wil volg, en of jy by Weigh Less wil aansluit, maar een van die drie opsies is 'n móét, finish en klaar.

Laat ons dit duidelik stel: oefen en reg eet gaan saam soos Vinkel en Koljander. Al oefen jy jou blou, en jy eet verkeerd, gaan jy nie die resultate bereik wat jy wil nie. Jy gaan of te gou moeg word of eenvoudig nie gewig verloor nie. En al eet jy reg, maar jy oefen nie, gaan jy spiere verloor en nie vet nie. Spiere help jou lyf om vette vinniger te verbrand, en die regte kos moet jou spiere help om die vet te verbrand.

 
Advertisement
Albei die eetplanne is daarop gerig om jou te help om maksimaal vet te verloor, jou spiermassa te verhoog (vroue sal slegs soepeler lyk, want g'n vrou het genoeg testosteroon om spierpaleise te word nie), terwyl jy deurentyd energiek voel. Jou lyf mag nooit die idee kry hy word uitgehonger nie – want dan sal hy verbete aan elke vetsel vasklou.

Dié eetplanne is op die jongste wetenskaplike en voedingskundige beginsels gegrond, en is ontwerp om jou met genoeg energie te laat om met gemak te kan oefen.

Die Porsieplan Eetplan werk so
'n Mens benodig nagenoeg 44 verskillende noodsaaklike voedingstowwe en wel in die regte hoeveelhede. Die Porsieplan eetplan dui vir jou aan presies hoeveel porsies van watter soort kos jy moet eet.

Die deursnee-mens moet die volgende porsies per dag eet:

  • 5 - 7 porsies styselkosse
  • 3 - 5 porsies groente
  • 2 - 3 porsies vrugte
  • 2 -3 porsies suiwelprodukte
  • 5 - 6 porsies proteïene
  • 2 - 3 porsies vet.

Hou die volgende in gedagte:

  • Jy MOET vyf tot ses keer per dag eet.
  • Jy mag nie langer as twee tot drie ure wag voordat jy weer iets eet nie.
  • Suiwelprodukte per dag: 2 porsies per dag (= 2 koppies afgeroomde of laevetmelk) plus 'n koppie ekstra vir melk in tee (sien die porsie-lys).
  • Vette per dag: 2 - 3 porsies per dag, maar 'n vetporsie is een teelepel botter of olie.
  • Suiker: Vermy alle vorms van suiker. Gebruik kunsmatige versoeter.

Jou Porsieplan Maaltydplan
Die maaltydplan is nie 'n menu nie. Jy kan die maaltydplan gebruik om jou eie menu op te stel. Jy mag egter nie minder of meer eet as wat op die maaltydplan aangedui is nie. Eet verkieslik drie maaltye per dag en twee klein versnaperings tussendeur. Jy is nie op 'n dieet nie. Jy is besig om nuwe eetgewoontes aan te leer, verduidelik dieetkundige Amanda van Huyssteen.

Ontbyt:
Eet: 2 porsies stysel; 1 porsie proteïen of 1 porsie suiwel
Voorbeeld (stel jou eie spyskaart saam uit die porsielys): 1 koppie gekookte hawermout; half koppie melk; kunsmatige versoeter.

Mid-oggend:
Eet: 1 porsie vrugte, 1 porsie stysel, en 1 porsie proteïen
Voorbeeld: 1 appel; 2 ProVitas; 1 eetlepel grondboontjiebotter

Middagete
Eet: 2 porsies stysel; 1 - 2 porsies proteïen; vry groente
Voorbeeld: 2 snye brood; tunaslaai (halwe koppie tuna en slaai)

Mid-middag:
Eet: 1 - 2 porsies vrugte
Voorbeeld: Klein trossie druiwe en 'n peer

Aandete:
Eet: 2 porsies stysel; 2 porsies proteïen; vrye groente; klein porsie "beperkte" groente
Voorbeeld: 1 koppie bruin rys; 2 klein hoenderdye sonder vel gaargemaak; groot porsie groenbone/tamatie/uie mengsel; klein porsie pampoen met kaneel en versoeter

Laatnag:
Eet: 1 porsie joghurt.
 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent

 
Previous article: Next article:
  Hoe groot is 'n porsie?
Goal : 
Gender : 
Male Female
 Fitness level : 
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Die Porsieplan Eetplan
Hoe groot is 'n porsie?
The Portion Eating Plan
How big is a portion?
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement