|
Waarom as mens geleidelik begin oefen om fiks te word, moet mens met 'n dieet eensklaps reg eet? Met die uitsonderlike dieet, of eerder eetplan, dieet mens stap-vir-stap, en stukkie vir stukkie. Niks se geweeg en getellerye nie. Al wat jy moet onthou is twee nuwe beginsels per week, een van kos wat jy moet wegneem (Minus) en een van kossoorte wat jy moet byvoeg (plus). Jy mag onmiddellik na die week waarin jy niks van die Minus-kos ge-eet het nie, hierdie kos weer eet - maar net een porsie per week.
|
 |