Advertisement
6 steps to weight loss
Weight loss needn't be difficult. Follow these steps to a new, slimmer you.
Hospital plan, or scheme?
Medical scheme membership is expensive. Is it worth it, or is a hospital plan enough?
     TERMS     GET A DAILY HEALTH TIP  
  
MAKE HEALTH24 YOUR HOMEPAGE   
H24 NEWS MEDICAL SCHEMES DIET FITNESS NATURAL MAN WOMAN SEX PREGNANCY CHILD TEEN SUN
FOCUS CENTRES MEDS ORAL PET MIND GRAPHICS VIDEOS ANTI-AGEING WIN TOOLS EXPERTS TALK
DO THIS:TEST YOURSELFGREAT FITNESS GUIDESI WANT TO...
 Geheime deelnemer 1
Aan die gang

Dis nie maklik nie, moet ek erken.

Ek weet presies wat ek moet doen. Ek dink ons almal weet presies wat ons moet doen. Ons moet minder eet en meer oefen. En hier het ek nou die presiese voorskrifte. Ek moet dit nou net doen.

 
Advertisement
Nadat ek die skok van my metings verwerk het (dit moes seker nie 'n skok gewees het nie - ek is dan oorgewig, wat het ek dan verwag?), het ek 'n week lank probeer om self aan die oefen te kom. In daardie eerste week het ek twee keer van die beplande vyf keer by die gim uitgekom, op die trapmeul geklim en ek was so ontsteld oor my geblaas en gesukkel dat ek na 10 minute gestop het. Plan A het nie gewerk nie. Ek was te swak.

Oor na Plan B. Ek bel toe my gim en vind uit van 'n persoonlike fiksheidsinstrukteur. Ek hoor toe van Martin, en maak 'n afspraak. Jinne, Martin was nou 'n mens wat mens nie elke dag teenkom nie: hy het bitter baie spiere. Meer as ander mense, dink ek. Hy is vriendelik en behulpsaam en stem in om my te help om die Sarie/Health24 program te volg. Ons begin toe sommer die volgende week. Ek doen die spieroefeninge saam met hom en die kardio op my eie.

Die eerste sessie met die gewigte en apparate is 'n skok. Ek kan skaars die pienk en rooi en groen gewiggies optel. Twee van my vriende begin met die soort wat mens sulke ekstra gewigte bysit. Hulle is ver verby alle gekleurde handgewigte.

Maar ek laat my nie afsit nie. Ek doen die oefeninge.

Ek leer 'n paar dinge oor die oefeninge:

  • moenie met swaar gewigte begin nie, want jy moet die gewigte algaande swaarder maak terwyl jou spiere al moeer raak.
  • Die bolyf-oefeninge wat ek die moeilikste of uitputtendste vind, is die "bench dips" vir my triceps. Ek maak dit byna nie met die eerste stel van 14 nie, wat nog van die laaste stel!
  • Ek vind die oefening met die "barbell" of staafgewig ook nogal moeilik.
  • Van die onderlyf-reeks is die "hamstring curls" regtig nie my gunsteling nie. Mens is uitgestrek op jou maag op die apparaat, boude in die lug, en buig dan jou enkels na jou boude. Nee, nie my gunsteling nie.

  • Die enkel-been kuitoefeninge is egter die heel moeilikste vir my. Seker omdat ek nogal 'n swaar liggaamsgewig het om op te stoot. Maar as ek klaar is, brand my kuite en moet ek dit onmiddellik strek.
  • Die maagoefeninge is nogal kwaai vir my. Veral die vierde stel. Ek smeek Martin om my net drie stelle te laat doen, maar hy dril my eenvoudig deur vier stelle. Ek weet iewers onder die vetlaag om my maag skuil daar 'n sespak.
  • Die strekoefeninge is 'n lafenis vir spiere wat skielik werk en moeg is. Moenie dit uitlos nie.
  • Die kardio-sessies begin ook maar aanvanklik teen 'n slakkepas. Ek is binne enkele minute doodmoeg toe ek probeer draf, en kry met my eerste kardiosessie skaars sewe uit die 20 minute gedraf, en wel met 'n groot gehyg. Die tweede sessie gaan 'n raps beter, en die derde ook. Ek begin teen die derde week te voel dat ek al meer gedraf kan kry, en ook stadig maar seker al vinniger.

Ek sukkel egter om meer as drie tot vier keer per week by die gim uit te kom, en kry dit nie altyd reg om reg te eet nie. In die eerste vier weke kry ek bronchitis en kan tien dae lank glad nie oefen nie. Maar ek kan voel dat my klere effe losser begin sit en ek voel nie meer heeltemal so opgepof soos voorheen nie.

Ek durf my tweede metingsessie aan met moed wat nie te hoog is nie. Ek het 'n volle kilogram in liggaamsgeiwg verloor - maar ek moet daarby voeg dat ek 2 kg in liggaamsvet verloor en 1 kg spiermassa bygekry. Dis nie watwonders nie, maar beslis nie te versmaai nie. Ek besluit om te probeer om minstens 4 tot 5 keer te oefen in die weke wat kom.


 
Print this article
 Rate this article
Poor 1 2 3 4 5 Excellent
 JOBS
Analyst Developer (Contract)
R25,000-35,000 Per Month
Western Cape
Senior Accountant
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Assistant Financial Manager (Contract)
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - North/Sandton
Accounts Payable Team Leader
R300,000-350,000 Per Annum Cost To Company
Gauteng - Johannesburg
Financial Manager
R500,000-600,000 Per Annum Cost To Company
South Africa
Corporate Finance Manager (Chartered Accountant) AA preferred
R500,000-620,000 Per Annum Cost To Company
South Africa
Senior PHP Developer
Western Cape
Data Capturer
Gauteng - Pretoria

 
Previous article: Next article:
Die begin  
Goal : 
Gender : 
Male Female
 Fitness level : 
Sign up
 *Daily tip
 Newsletter
 Special offers
*Stand a chance to win R1000 every month!
 OTHER ARTICLES
Die begin
Aan die gang
 RELATED ARTICLES
Alta se wenke
Marietta se wenke
 

 Sponsored links
 Health24 links

Advertisement